Jeuggesprek-
forum


Jeug-aktueel


Jeugprogramme
en speletjies


Kinder- & Jeugpreke


Kampe


Artikels


Die Boekrak


Jubel oor Jesus


Werkterreine


Onderwyssake


Beurse & Toekennings


AJK Inligting


Skakels

Jeugaksie-speletjies




Vliegtuig aanval

Dit is vir alle ouderdomsgroepe

Plaas 'n hele pak fotostaat-papier in die middel neer. Laat die jongmense soveel as moontlik papier vliegtuie vou. Verdeel die vertrek met 'n duidelik lyn, byvoorbeeld 'n ry stoele. Hoe hoër die verdeling is hoe beter. Verdeel die jongmense in twee groepe, een aan elke kant van die verdeling. Verdeel die papier vliegtuie ook tussen die twee groepe. Verduidelik dat hulle net een vliegtuig op 'n slag mag gooi en wanneer jy skree stop, moet almal net daar stop. Skree: Begin. Hulle gooi die vliegtuie oor die skeiding so vinnig as wat hulle kan. Vliegtuie trek in albei rigtings. Laat hulle so drie minute besig wees. Gee hulle 'n 10 sekonde waarskuwing en skree dan stop. Tel die vliegtuie aan elke kant van die vertrek. Die span met die minste vliegtuie is die wenner. Herhaal die proses 'n paar keer maar onthou hoeveel keer het elke span gewen om later 'n kampioen te kroon.

'n Vinniger manier is om 'n groot sak ou sokkies uit te gooi en laat hulle daarmee gooi.

 

Gremlin Invation

Dit is vir alle ouderdomsgroepe

Hierdie in baie lekker vir 'n kerk met baie wegkruip plek. Kies eers twee (omtrent een vir elke 10 kinders) "laser gewere". Die paar kinders wat nou die laser gewere is, kry 5 minute om hulle so goed moontlik in die kerk te gaan wegsteek / wegkruip.

Verduidelik nou die reëls en die speletjie in die vyf minute.

Kies volgende twee Gremlins. Hulle word ook losgelaat om hulself in die kerk te gaan versteek.

Die doel van die speletjie is om eers 'n laser geweer te vind en dan die Gremlins plat te skiet.

Die Gremlins gaan probeer om die ander kinders te raak, en so hulle dood te maak. As 'n speler geraak is deur 'n Gremlin, moet hy na 'n tronk (soos aangedui) gaan vir een minuut. 'n Onaangeraakte speler kan 'n geraakte speler enige tyd gaan bevry. Die speletjie werk die lekkerste as dit pik donker is.

Terug na Hoofblad