Jeuggesprek-
forum


Jeug-aktueel


Jeugprogramme
en speletjies


Kinder- & Jeugpreke


Kampe


Artikels


Die Boekrak


Jubel oor Jesus


Werkterreine


Onderwyssake


Beurse & Toekennings


AJK Inligting


Skakels

Jeugpreek

JOSUA 5 : 13-15

Jeugdiens : Leef jou droom

Het jy al n droom gehad wat so werklik was, so asof alles waar is. Jy droom iets en as jy wakker word dan onthou jy presies alles wat jy gedroom het?

Jy droom dat jy deur n kar omgery word en as jy wakker word dan is daar remmerke oral op jou kussing.

Of jy droom dat jy boom geklim het, en as jy wakker word - dan is jou PJs (pajamas) vol boombas.

Dit is sulke ware drome waarvan ek praat. Wie van julle het al sulke drome gehad - steek n bietjie die hande op. Goed, kom vertel jy ons gou jou droom - grap net.

My vrou het ook sulke ware drome - ek is natuurlik ook een van hulle. Maar ek self het nie sulke drome nie - dus verstaan ek dit nie regtig nie. Ek hoor julle praat daarvan, maar ek weet nie hoe dit is nie. Behalwe een keer het ek so n droom gehad. Ek het gedroom dat ek n reuse marshmellow opeet - toe ek wakker word, was my kussing weg.

Toe ek voor die tyd staan en kyk hoe party van julle sing en julle uitleef in die musiek - toe dink ek, dis die droom, die droom waaroor alles gaan. Dis die droom wat baie jongmense het van die Christenskap.

Ons as jongmense word soms so maklik meegesleur met n spreker, n sanger, n kamp of n konsert - dat ons amper in n droom leef. Alles is cool en dis lekker. Jy was op n plek waar jy die teenwoordigheid van God kon beleef - maar dan moet jy terug gaan na jou ouerhuis, na al jou probleme, na dieselfde skool en dan is daardie wonderlike werklikheid weg - al die opgewondenheid, die blydskap is weg.

Dis hoekom ons vanaand hier in die kerk is, want die Christelike lewe is nie een van die werklikheids drome nie - iets waaruit jy gaan wakker word nie. Die Christelike lewe is nie kama-kama land nie. Dis nie Pinocio gaan Jerusalem toe nie. Wat vanaand hier in die kerk gebeur is werklik. En dis hoekom ek vanaand wil hê dat ons vanuit God se woord moet verstaan, dat ons nie geroep is om na die droom te kyk, of na die droom te verlang, maar juis om die droom te leef. Ons moet die droom leef.

Blaai na Jos 5

Ek wil net n kort gedeete lees van n man wat amper gesien het hoe sy hele droom amper in mekaar gestort het. Maar God sê nee, hierdie is nie n droom nie - dis waar, dis werklik.

Lees Jos 5:13-15.

Ek weet nie of julle weet van wat alles gebeur het in die boek Josua nie. Ek weet nie of julle baie van die geskiedenis van Israel weet nie - maar as julle wel weet, dan sal jy onthou dat die mense van Israel was vir baie baie jare in gevangeskap. Hulle was slawe en dit was n vernederende ervaring gewees. Vir baie jare het hulle God gesmeek om hulle te laat vry kom. En uiteindelik in hierdie dramatiese uittog, onder die leiding van Moses, het God die mense na vryheid gelei. Weg van Farao af, weg van die land van Egipte af.

Ewe skielik het die mense van Israel hulle in n totaal nuwe situasie bevind. Hulle is nou nie meer slawe nie, maar hulle dwaal nou daar in die woestyn rond, maar hulle weet nou nie wat om volgende te doen nie. Hulle kon nie besluit: moet ons hier kamp opslaan, of moet ons voorentoe of agtertoe of wat moet ons doen nie. Hulle het n hele generasie lank daar in die woestyn rondgedwaal.

Een sou sê, kom ons neem twee tree vorentoe en dan sal iemand anders weer sê, nee kom ons nee twee tree terug. Een sou sê kom ons sit net stil en n ander sou sê, maar kom ons gaan terug Egipte toe. Daar het ons ten minste geweet wat aangaan. Nou weet ons niks. So dwaal hulle vir n hele generasie.

Die hele tyd het God vir hulle gesê: mense, moet nie opgee met hierdie droom van julle nie. Hy sê ek wil hê dat julle n totaal nuwe land moet gaan inneem. Julle sal almal onthou dat God die mense na die land Kanaan geroep het. Hy het gesê hierdie nuwe land gaan n wonderlike plek wees - dit gaan n plek van melk en heuning wees. Vir ons klink dit na n taai storie - o, "breakfast-land". Here, wat gaan ons daar vind? Niks nie, net melk en heuning. Maar vir die Israeliete het dit wonderlike soet geklink, in meer as een manier.

Die enigste probleem was, as julle kan onthou - net soos hulle ingetrek het in die land, het hulle gevind dat daar nie net melk en heuning was nie - maar elke vyandige stam op die aarde was ook in daardie land.

Al hierdie volke was nie bereid om hulle land op te gee, omdat Israel ingetrek het - en gesê het: Wel, God het gesê, ons kan hier woon nie. O nee, hulle wil veg vir die behoud van hulle land.

Ek onthou as klein seuntjie was dit vir my vrees aanjaend in die Sondagskool toe hulle die verowering vand ie land Kanaan behandel het. Dit het gevoel, elke week as ons by die Sondagskool kom, of daar n nuwe stam op die horison verskyn het. Die een week is dit die hetiete - dan behandel jy dit. Die volgende week is die Enakiete, dan is dit die volgende week die ammalekiete, en dan is dit die amoriete en later kry jy die muskiete. Dis asof alles moontlik daar buite lê en wag en jy gaan almal wen.

Die mense van Israel het presies dieselfde frustrasie beleef. Hulle sê, God jy het ons geroep vir hierdie wonderlike droom, jy het ons geroep om die droom te deel, maar het Jy ons sover gebring om ons nou in die steek te laat. Is jy net besig om ons te terg met die belofte? Daardie blik van hoe wonderlik dit gaan wees, was dit om ons nou net hier te los?

En net toe dit lyk of dit nie enigsins erger kan gaan nie - raai wat?

Toe raak dit erger.

Jos 5 - toe almal nou al moeg is, en nie meer lus is vir die storie nie. Bevind hulle hulself voor n eislike groot fort gebou. n Stad wat Jerigo genoem word.

 

 

Ons weet nie veel van hoe hierdie muur gelyk het nie, want dit bestaan nie meer nie. Maar argioloë wat die gebied bestudeer het, sê dat die stad, uit dit wat hulle kan aflei uit die opgrwarings - die stad is beskerm deur twee masiewe mure. Die buitenste muur was geweldig hoog en baie wyd en dit het n binne muur omring. Die binne muur was ewe hoog, maar dié muur was baie wyer gewees, want huise is in die muur gebou. Jy jan dink hoe intimiderend hierdie muur moes gelyk het vir die Josua.

Die moeë en afgemate Israeliete kon hierdie masiewe fort van ver af sien. Dit soos n nes daar bo in die Judea se wildernis. Dis asof die stad vir die Israeliete wil sê: Ons daag julle uit - kom! Ons daag julle! Dis moes n geweldige tyd van moedeloosheid vir die Israeliete gewees het. Hulle het gedink hulle het hierdie wonderlike droom, hulle het hierdie belofte van God - nou loop hulle hulle vas in hierdie masiewe groot muur. Die stad Jerigo.

Ek weet vir baie van julle vanaand in hierdie kerk het God n droom gegee, en God het jou geroep om n verskil te maak. Elke nou en dan dan kry n n kykie na jou droom, as jy met n geleentheid werklik die teenwoordigheid van God beleef. Vir ander gebeur dit by n Bybelstudie of op n kamp of by die CSV - maar dan voel jy dat God jou hart aan die brand steek met n droom. En met alles in jou wil jy daardie droom najaag.

Maar kom ons wees eerlik vanaand met mekaar. Baie van ons bevind onsself vanaand vasgekeer tussen mure. Dis maak jou moedeloos. Dit lyk so werklik, dit lyk so moontlik. Net soos jy jou droom wil najaag - dan hardloop jy jou vas teen iets persoonliks, of teen n situasie, dan lyk dit of God die deur toe geklap het vir jou droom.

Een van daardie werklikheids drome, jy word wakker en dit was nooit gewees nie. God alleen weet watter Jerigos jy vanaand het. En ons almal het dit - almal bots met een of ander muur.

Verhaal:

Inkopies doen, seuntjie wat skreeu by pa in karretjie. Pa sê: Albert bly kalm, Albert byt vas, ons is amper uit - ons is amper klaar. Hou net uit. En seuntjie skree harder en harder - almal kyk. Klein ou tannie volg die hele storie en raak agter so vinnig stoot die pa die trollie en sê net: Albert bly kalm, Albert byt vas, ons is amper uit - ons is amper klaar. Hou net uit. Ou tannie raak betrokke en simpatiseer met seuntjie. Pa sê: Tannie jy verstaan nie - ek is Albert.

Jy sal daarvan hou om so n droom te hê, né. Waar jy by die skool afstap en net sê, skyn, skyn, skyn. Maar meeste van die tyd wil jy op die stoepe loop en net klappe uitdeel en wil jy sê, moenie jou cool verloor nie Albert, moenie jou ouers vermoor nie Albert. Moenie oor hom skinder nie Albert, moenie oneerlik wees in daardie toets nie Albert. Net soos dit lyk of die droom kan gebeur - dan loop jy jou vas in hierdie mure. Hierdie Jerigos.

Veral as jy n tiener is. Dis asof elke keer as jy omdraai dan is daar n Jerigo. Vir party van julle vanaand voel dit asof daar 101 dinge is wat jou keer om jou droom te verwesentlik. Vir party van julle is dit jou verhouding, of die feit dat jy nie n verhouding het nie. Jy wil so graag n kêrel of n nooi hê, of dalk het jy een, en dis wat jou juis keer, om hierdie droom van God te vervul.

Dalk het jy n probleem met jou ouers vanaand.

Verhaal:

Twee kinders loop sondagskool toe. Hulle het die dag oor die duiwel en demone gepraat by die Sondagskool. Die een sê vir die ander een, glo jy alles wat hulle sê van die duiwel? Nee, sê die ander een, dis net soos kersvader - dis ons pas.

Ek ken nie elkeen se OUERHUIS nie, maar ek en julle is nie stupid nie. Jy sou wat wou gee om die droom wat God vir jou gegee het na te jaag. Jy sal ook graag n verskil wil maak, maar jy weet ek kan nie. Want my ouers.

Vir ander is dit die SKOOL. Dis nie dat ek nie van skool hou nie, dis die beginsel van die saak. Jy is nie goed in skool nie. Ek was ook nooit goed op skool nie. Ek kon hoe hard gewerk het, maar as die juffrou my taak terug gee, dan kyk sy my so snaaks, so asof sy dink, ja, jy was seker n moeilike geboorte vir jou ma. As dit nie die Albert is, as dit nie die muur is nie.

Dan weet ek dat baie van julle blokasies beleef, oor HOE ONS LYK. Want daar is iets in ons kultuur wat sê as jy nie mooi lyk nie, dan beteken jy niks. As jy nie mooi lyk nie, dan tel jy nie veel nie. Dis as jy Swartsenager of Stollon kyk en dan voel jy nie aangetrek as jy nie n handgrenaat skooltoe dra nie. Dis asof jy by die skool instap en hulle gaan net kyk as jy sê: Dames jy moet hierdie wonderlike liggaam hê.

Beauty and the Beast

Vertel dat dit nie hoe jy lyk nie, maar hoe jy binne lyk - wonderlik

Maar dan eindig die fliek - maar dan word die beast die Incredible Hunk.

Dis asof Hollywood jou net weer aan die nek gryp en sê, moenie jouself klug nie - jou voorkoms is alles.

Sou dit nie wonderlik gewees het as die beast in n kort, half bles met n magie kort outjie verander het. Dis nie snaaks nie.

Ons leef in n kultuur wat ons leer, drome bestaan nie. God kan jou niks laat doen nie. Jy moet stop, gaan nie verder nie, hou op probeer, gee op, los alles. Die mure is te groot.

Dis hoekom ek so opgewonde is oor die gedeelte. Die Bybel sê, Josua is langs Jerigo, hy kyk op en sien n man met n swaard wat ontbloot is. Josua is n militêre man. Baie van hulle wonder dalk ook nou - wie is hierdie man?

As jy Jos 5 lees, dan is dit asof ons wil vra, maar wie is dit hierdie wat hier voor Josua staan met sy swaard?

Meeste Bybelverklaardes stem saam - dat hierdie man, want Josua spreek hom aan asof hy n mens is - die persoon staan, Josua besef dit God self. Want toe Josua besef dat dit God self is, sê die Bybel , hy het gebuig voor die man.

Die deel is wonderlik, want God is so cool. Josua kom en sê is jy vir ons of teen ons? Dan sê God, NEE. Dan sê Josua weer - is jy vir ons of teen ons? Dan sê God NEE. Dan sê Josua, jammer! Dan sê God, maar jy verstaan nie. Ek is die aanvoeder, ek kom nie om by te staan of kant te kies nie, ek kom neem oor. Ek is nou in beheer.

Jongmense, God is nie verward deur ons mure nie. Ons sal maklik hier opgee, want ons kan nie verder gaan nie, so dink ons. Want God is nie aan my kant nie, of daardie mense is teen my of hulle is nie aan my kant nie of wat ookal. God sê polonie - die kruks van die saak is: IS JY AAN MY KANT?

Want ek is die bevelvoerder - en ek het kom oorneem.

Daardie dag vertel die Bybel ons het Josua 3 spesifieke aksiestappe geneem in die teenwoordigheid van God.

Die eerste wat hy doen is: hy val op sy gesig op die grond.

Hy prys God. Hy vra God is dit jy? - en hy val plat op sy gesig neer. Jy het dit net gedoen as jy iemand baie belangrik ontmoet het. Dit was dus gepas dat Josua op sy gesig geval het. In die Bybelse tyd het dit totale oorgawe beteken.

God neem oor.

Josua besef ek is n groot militêre leier, n militêre strateeg - maar ek kan nie hierdie mure van Jerigo afbreek nie.

Vanaand is daar groot mure ook in jou en my lewens. Ons is nie slim genoeg, mooi genoeg en sterk genoeg om hierdie mure af te breek nie.

Enigste manier wat ek en jy kan wen is om totaal aan God oor te gee.

And he worshiped Him

In die Engelse Bybel kom hierdie sinnetjie ook na vore. Hierdie dui op lofprysing. Om God se naam groot te maak.

Ek onthou hoe ek kerk beleef het. Dit was maar bra vervelig - ek het die tannies met breinkrag probeer manipluleer (tannie krap jou neus en dan doen sy dit)

Die lofprysing wat hierna verwys word is nie n lofprysing wat behels dat ek n klomp liedere uit my kop moet ken nie.

God u is waardig my lofprysing, my tyd, my vrou, my kinders, my alles.

Tye wanneer ek gesien het hoe die drome waar word in my lewe, is die tye wanneer ek tyd maak met God. Nie net Sondae nie, maar elke dag gedurende die week, met my persoonlike stiltetyd.

Ek bid, ek bid: Here maak my droom weer waar, hou my gefokus en breek u die mure om my af.

Dis nie belangrik wanneer jy dit in die dag doen nie - maar dat jy dit doen dis belangrik.

Ek voel ook soms: "Good morning Lord - en ander tye: O Lord, its morning!"

Nadat jy Jesus aanvaar het, is die tweede belangrikste stap om persoonlike stiltetyd te hou. Here, ek gaan vanaand uitvind hoe. Beste is om te begin by Markus en daarvandaan verder te werk.

3. Here, wat wil U hê moet ek doen

Ons volg nie ons oorgawe en lofprysing op met diens nie. Ons is leë simbale. God gee ons sy Gees - dinamos - dinamiet. Maar baie christene het nie eers die krag om hulle neuse te blaas nie. God se krag is tot diens.

Dit gaan nie net oor sing en glory, glory nie - maar ook oor diens in die wêreld. Vir party is dit maklik. Dalk moet jy vanaand begin deur jou ouers te bedank, want jy het lanklaas vir hulle dankie gesê.

Dalk moet jy iemand omverskoning gaan vra omdat jy sleg gepraat het of geskinder het van daardie persoon.

Nou kan jy sê: Maar Charl dit klink nie so wonderlik nie - ander gaan Japan toe of Rusland toe! Maar dit is juis die mure wat ons moet afbreek. Ek daag jou uit, gaan breek al die mure om jou af met die krag van God.

Moenie dat enige iemand vir jou sê, jy mag nie droom nie - of jou droom gaan nie waar word nie. Jy moet begin deur te sê: Here wat wil u hê moet ek doen?

Daar is jeugbewegings soos: Versterk die Bouers, die KEO, waar jy n verskil kan maak, waar ons mure kan afbreek met God se krag. Dalk moet jy by so iets betrokke raak.

Die grond waarop jy staan is heilig

Jou gebroke huis, jou mislike skool, jou verkrampte werk, die deurmekaar land van ons. God wil dit hê en ek en jy is die dromers. Ons moet dit vir Christus wen. Geen mure.

Ek ken nie jou mure vanaand nie - jy het dalk by die huis, by die skool, by die werk, dalk selfs hier in die kerk het jy mure. Dalk is daar onsigbare mure vanaand tussen mense hier in die kerk.

Ons is besig om onsself te klug.

Ek weet dit: 2000 jaar gelede het n ou net soos ek en jy in n Romeinse tronk gesit, omring deur regte, egte dik steen mure. Paulus kyk na die mure en sien sy swaar lewe, van marteling, van skipbreukeling ens. En dan sê hy nog: deur alles is ons meer as oorwinnaars in Jesus Christus.

Mans en vroue - hierdie is nie n kamma kamma land of n sprokie nie. God se opdrag is dieselfde: Gaan verower die land wat God aan jou beloof het.

Ons benodig dromers.

Is jy een? Is jy een?

Ontmoet Jesus Christus

Loof en prys Hom

Besef Hy wil jou gebruik waar jy nou is

Vra: Here, wat wil U hê moet ek doen?

AMEN

Terug na Hoofblad