Man of Muis?
SÍ jou sÍ ...


As niemand wil luister nie ....
Oom Louis sal!


Jeugprogramme


Jeugpreke


Kampe


Die Boekrak


Werkterreine


Onderwyssake


Beurse & Toekennings


Bekendstelling


Skakels

OPVOEDING EN ONDERWYS

MORELE WAARDES

'N BELANGRIKE SAAK VIR OUERS, KINDERS EN ONDERWYSERS

As jy voor die spieŽl staan sien jy jouself soo jy is. Jy kan niks vir die spieŽl wegsteek nie. Dit is natuurlik ook so dat 'n mens nie altyd hou van alles wat jy in die spieŽl sien nie. Maar een ding is seker: 'n spieŽl kan nie jok nie!

Ons kinders en jongmense is eintlik niks anders as 'n spieŽlbeeld van van die samelweing waarin hulle grootword nie. As ons versigtig na die vrae van ons kinders luister en kyk na die dinge wat hulle sal doen, sal ons iets van onsself daarin sien en hoor. Ons kinders is beide die produk en die slagoffer van ons samelewieng. Die sterk en swakpunte van die gemeenskap word deur ons jongmense onderstreep. Wie ons kinders is en wat hulle glo, is die resultaat van wat hulle in die ouerhuis gesien, in die skool geleer, in die kerk gehoor en in die samelewieng aan blootgestel is.

Daar is by baie mense 'n groot bekommernis oor die gebrek aan morele waardes in ons samelewing. Daar is te veel voorbeelde van 'n algemene gebrek aan respek vir die persoon, die geslag, die eiendom en die lewe van ander mense. Ons durf nie toelaat dat hierdie gebrek aan morele waardes ons samelewing soos 'n kanker van binne vernietig nie.

Dit het dringend noodsaaklik geword dat die kerk, die ouerhuis, en die skool mekaar se hande sal vat met die oog op die vestiging en uitbou van morele waardes in ons land. Ouers en onderwysers se voorbeelde speel 'n baie belangrike rol. Ons sal met mekaar reguit moet praat oor wat ons graag in ons huise, ons skole en breŽre samelewing wil hÍ. Ons sal ook hard en duidelik moet sÍ wat vir ons aanvaarbaar is en waarteen ons bereid is om saam weerstand te bied.

Die volgende waardes is nie veronderstel om soos 'n katalogus hanteer te word asof alles wat belangrik is daarin opgeteken is nie. Dit maak nie aanspraak op volledigheid nie. Nie 'n katalogus nie, maar veel eerder 'n kompas. 'n Kompas met die belangrike koersaanduiders sodat daar absoluut geen onduidelikheid sal wees oor wat die regte koers is wat ons moet inslaan nie.

EERLIKHEID

Jesus het gesÍ: " laat julle "ja" eenvoudig "ja" wees en julle "nee" , "nee". (Matt 5:37). Eerlikheid vra dat ons almal erns sal maak om te alle tye by die waarheid te bly. Ons verbly ons nie oor onreg nie, maar verheug ons oor die waarheid (I Kor 13:6).

Eerlike mense is mense met integriteit. Hulle is betroubaar. Jy weet waar jy met hulle staan. Hulle sal jou nie in die steek laat nie. Hulle woord is hulle eer. Waar mense in eerlikheid saam woon, en werk, is dit ook makliker om mekaar te vertrou. Sulke mense lewer 'n onmisbare bydare tot 'n beter en veiliger land vir ons almal om in te woon.

REGVERDIGHEID

Jesus het die boodskap van die bergpredikasie soos volg saamgevat: "Alles wat julle wil hÍ dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. (Matt 7:12). As Christene weet ons wat dit beteken om elke dag uit God se geregtigheid te mag lewe. Dit het ons hele lewe verander. Nou is dit ons beurt om te sorg dat dit ook ons verhoudng met ander mense verander. Dit is ons verantwoordelikheid om God se geregtighied nou te vertaal in regverdigheid tussen mense.

Regverdigheid vra dat ons sal sorg dat daar nie teenoor ander mense gediskrimineer word op grond van hulle geslag of ras nie. Sommige mese mag nie ten koste van ander bevoordeel word nie, maar ons moet daaraan werk dat almal gelyke geleenthede gegun word. Ons het nog 'n baie lang pad om te loop in ons huise, skole, en in ons gemeentes om te verseker dat regverdigheid tot sy reg kom.

SELFBEHEERSING

Waneer die Heilige Gees in ons werk is selfbeheersing deel van die vrug van die Gees. (Gal 5:22) Selfbeheersing vra dat ek in gehoorsaamheid sal stap op die pad waar die Heilige Gees my lei.

Selfbeheersing word sigbaar in selfdissipline, matigheid en reinheid. Die wyse waarop ek optree wanneer mense my kwaad maak, my keuses op seksuele gebied, my antwoord op versoekings, my woordeskat, is maar enkele voorbeelde van selfbeheersing.

GETROUHEID

Getrouheid is ook deel van die vrug van die Heilige Gees se werk in ons lewe (Gal 5:22). Getrouheid word sigbaar in sake soos pliggetrouheid, die betroubaarheid, verantwoordelikheid en lojaliteit.

Getrouheid het te make met my werk. Die Bybel draai nie doekies om as dit by werk kom nie. " As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie." (2 Tes 3:10). Harde werk en pligsgetrouheid is deel van my gehoorsaamheid aan God. Pligsgetrouheid is nie net belangrik as dit kom by die werk waarvoor ek betaal word nie. Dit raak ook verantwoordelikhede binne my huisgesin, my skoolwerk en gemeenteverpligtinge. Die kritiese vraag is: Kan mense op jou peil trek? Is jy betroubaar? Is jy regtig bereid om jou kant te bring? Is jou lojaliteit bo verdenking?

LIEFDE

Wat is jou dryfveer? Wat is die passie in die lewe? Die Bybel herinner ons daaraan dat "die liefde van Christus ons dwing" (2 Kor 5:14). Wanneer die liefde van Christus die passie in jou lewe word, leef jy nie langer selfsugtig en selfgerig nie. Jou lewe kry nou nuwe rigting. Godsdiens kan nooit losgemaak word van naastediens nie. Die nood van mense spreek jou aan en jy word betrokke. Jy is bereid om te vergewe en om self om verskoning te vra waar jy gefouteer het. Jy ervaar self wat Jesus gesÍ het: "Om te gee, maak mens gelukkiger as om te ontvang" (Hand 20:35).

GELOOF

Die gawe van die ware geloof stel ons in staat om die grootste uitdagings aan te pak, nie in eie krag, maar met die krag van God. In HebreŽrs 11 lees ons van die wonderlike dinge wat gelowiges deur eeue vermag het. "Deur die geloof het hulle koninkryke verower, die reg van God gehandhaaf eb verkry wat God beloof, hulle het leeus se bekke toegestop, gloeiende vuur geblus en aan die swaard ontkom, hulle het in swakheid krag ontvang..." (v33, 34)

Hierdie waardes is kernwaardes. Dit is onderhandelbaar. Dit geld vir almal: ouers, kinders, onderwysers. Hierdie waardes mag nie net soos mooi woorde in die lug bly hang nie. Dit is waardes wat ons in die lewe in die huis, die skool, die kerk, en die samelewing rigtinggewend moet verander. Gebeur dit nie, is ons nie net besig om ons eie ondergang te bewerk nie, maar erger as dit, dan is ons ongehoorsaam aan die opdrag van God. 'n Openhartige gesprek oor hierdie saak tussen ouers, kinders en onderwysers is 'n saak van groot dringendheid.

Die opdrag is duidelik: "Ons leef deur die Gees, laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal" (Gal 5:25).

Terug na Opvoeding en Onderwys Inhoudsopgawe
Terug na Werkterrein Inhoudsopgawe

PRAKTIESE WENKE VIR DIE VENNOTSKAP: OUERSHUIS, KERK EN SKOOL

As vennote kan ons mekaar in die huis, die skool en die kerk baie beteken. Die volgende kan oorweeg word:

Daar moet gereeld in die huis en in die gemeente gebid word vir die skool en die personeel. Bid by die naam vir die skoolhoof, personeel, leiers in die skool en die spesifieke behoeftes op die skoolprogram.

'n Kerk- en skoolsondag kan gereŽl word waar personeel uitgenooi word na 'n erediens, die skoolkoor optree, personeel, kinders en ouers hulle getuienisse lewer en personeel onthaal word. Die nuutverkose leerlingraad word tydens 'n erediens bekendgestel.

'n Voorbiddingsgroep in die gemeente verbind hulle om op 'n deurlopende basis voorbidding te doen vir die skool se behoeftes. Hulle skakel gereeld met 'n kontakpersoon op die personeel en die leerlingraad om op hoogte te bly oor sake vir voorbidding.

Die jeugkommissie ontmoet die beheerliggaam en verneem hoe die gemeente die skool kan ondersteun. Die gemeente neem leiding om tussen die verskillende kerke 'n ekumeniese ondersteuningsliggaam vir die skool op die been te bring. In samewerking met die skool kan so 'n liggaam aan die volgende sake aandag gee: 'n gesprek oor die waardes wat hulle saam in die skool en en die gemeenskap wil bevorder, 'n beleid vir godsdiensonderrig op skool, steun aan die VCSV-tak by die skool.

Die verandering in die onderwysbeleid ten opsigte van godsdiensonderrig is tans in 'n finale stadium. Hierdie beleid maak voorsiening daarvoor dat elke beheerliggaam na gelang van eie omstandighede self tussen vier moontlike opsies vir godsdiensonderrig moet kies. Plaaslike behoeftes sal 'n bepalende rol speel vir watter keuse die beste is. Hierdie is 'n totaal nuwe situasie wat 'n groot verantwoordelikheid op die beerliggaam, die plaaslike kerk, gemeenskap en ouers gaan plaas. Dit spreek vanself dat besluitnemers deeglik op hoogte moet wees van hierdie nuwe godsdiensonderrigbeleid ten einde van 'n verantwoordelike keuse te kan maak. Die inligting sal eersdaags by die skool/Onderwysdepartement beskikbaar wees.

Die nuwe godsdiensonderrigbeleid het ook ingrypende implikasies vir die kirrikulum wat gevolg gaan word. Daar is tans geen uniforme kirrikulum vir godsdiensonderrig nie. Op die oomblik rus die verantwoordelikheid hiervoor hoofsaaklik in die hande van die plaaslike skool. In hierdie verband moet nog baie werk gedoen word. Die hulp van predikante aan die onderwysers wat vir die godsdiensonderrig verantwoordelik is kan hiermee baie help.

Lidmate kan aangemoedig word om hulle kundige hulp aan te bied by die skool bv sportafrigting, kultuur, bestuur, aanbieding van skaars vakke, ensovoorts.

Skool, gemeente en gemeenskap kan hande vat om waar nodig, 'n onderwyssentrum op die been te bring om leemtes en behoefte in die onderwysstelsel aan te vul. Die hulp van kundige ouers en rekenaarondersteuning bied groot moontlikhede. Aanvullende onderwys is 'n saak wat in die toekoms al hoe belangriker gaan word.

Met die oog op gesinsverhoudinge en morele waardes het daar so pas twee praktiese kursusse verskyn:

Sewe familiegewoontes wat geloof laat groei Hoe kinders en ouers mekaar kan help om te glo. Kontak ds Frederick Marais (021) 887 5020, ds Nico Simpson (021) 982 1249 of Joanie by Buvton (021) 808 3381. Hierdie kursus is veral geskik vir gesinne met kleiner kindertjies. Twee spore langs mekaar. Kursus oor moraliteit. Kontak dr Willem Pretorius van die SJK Noord Transvaal, Posbus 15185, Lynn East 0039, (012) 808 1421 of sel 083 468 0676. Hierdie kursus is veral geskik vir HoŽrskooljeug, ouers en volwasse groepe.

Daar is groot nood in die ondwys by talle agtergeblewe gebiede. Dit lÍ op die pad van die kerk en die skool om saam te besin hoe ons by hierdie nood betrokke kan raak waar ons 'n verskil kan maak. Op plaaslike vlak kan baie gedoen word. Gemeentes en skole beskik dikwels oor fasiliteite, bv kategeselokale, kerksale, klaskamers wat vir groot dele van die week of naskoolure nie gebruik kan word nie. In samewerking met die agtergeblewe gebiede kan 'n onderwyshulpsentrum ingerig word. Kundige lidmate en onderwysers kan hierin 'n groot bydrae lewer. Skole kan dit oorweeg om hulleself te verbind aan 'n "tweelingskool" in die agtergeblewe gebied.

Terug na Opvoeding en Onderwys Inhoudsopgawe
Terug na Werkterrein Inhoudsopgawe

TRUSTFONDS VIR ONDERWYSOPLEIDING GESTIG

Die Algemene Jeugkommissie van die NG Kerk het in Augustus besluit om inisiatief te neem om 'n trustfonds vir die opleiding van onderwysers te stig.

Die trustfonds word in die lewe geroep waardeur Christenjongmense deur finansiŽle ondersteuning in staat gestel kan word om hulleself akademies te kwalifiseer as onderwysers. Die daarstel van so 'n trustfonds het noodsaaklik geword omdat:

Die transformasieproses in die onderwys en die nuwe onderwysbeleid het meegebring dat talle onderwysers die onderwys verlaat as gevolg van werkdrukte en beroepsonsekerheid. Dit bring mee dat daar 'n gebrek aan gekwalifiseerde onderwysers met ervaring is. Onder andere as gevolg van die gebrek aan voldoende rolmodelle is die onderwysberoep nie aantreklik vir jongmense nie.

Navorsing het aangedui dat as gevolg van enersyds die verlating van onderwysers uit die beroep en andersyds die feit dat daar nie genoeg jongmense aanmeld vir opleiding as onderwysers nie, ons binne enkele jare op 'n krisis afstuur.

Christelike onderwys, waarvoor die huidige Grondwet en Skolewet voorsiening maak, sal nie effektief geÔmplimenteer kan word nie as daar nie Christenonderwysers in die skole is nie. Jongmense meld nie aan vir die opleiding as onderwysers nie, ondermeer omdat daar nie soos in die verlede voldoende beurse beskikbaar is nie.

Die trustfonds word in die lewe geroep waarby die breŽ Christelike gemeenskap betrek word. Ander Christelike kerke, kultuuraksies en verenigings gaan versoek word om die fonds te steun. Die Algemene Jeugkommissie het besluit om die fonds met R50 000 te open.

Lidmate van die NG Kerk word uitgenooi om met die biddag vir Opvoeding en Onderwys, 17 Oktober 1999, deur ondermeer 'n spesiale kollekte bydraes tot die fonds te maak. Die fonds sal deur 'n onafhanklike raad van trustees geadministreer word. Die ideaal is om die fonds op te bou tot miljoene rande en om reeds in 2001 toekenings uit die rente van die fonds te maak.

Stuur bydraes aan die AJK, Onderwysopleidingstrustfonds, Posbus 4445, Pretoria, 0001

Terug na Opvoeding en Onderwys Inhoudsopgawe
Terug na Werkterrein Inhoudsopgawe

GODSDIENSONDERRIG OP SKOOL - NUWE BELEID

ONDERWYSBERAAD: KERK EN ONDERWYS
2 SEPTEMBER 1999
REUBEN VAN RENSBURG

Geagte Dames en Here

Baie dankie vir die uitnodiging om u vandag op datum te bring met die nuutste verwikkelinge op hierdie allerbelangrikste terrein.

Die verslag van die MinisteriŽle Komitee oor Godsdiensonderrig het vroeŽr vanjaar verskyn en die publiek is ses weke gegun om kommentaar te lewer. Die feit dat daar net 40 reaksies ontvang is, was vir my 'n duidelike aanduiding dat die meeste Suid-Afrikaners tevrede was met die verslag. Dit is ook te verstane, aangesien ons alreeds 'n lang proses deurloop het.

Professor Bengu het in Junie 'n komitee aangestel om die kommentaar deur te werk en die finale beleid voor te stel. Die vyf lede is:

Mnr. Paul Faller
Imam Rashied Omar
Dr. Marina van Loggerenberg
Eerwaarde Elijah Mahlangu
Mev. Manila Amin

Hulle het 7 dae lank gewerk en hulle verslag is aan die Departement oorhandig. Nadat dit die gewone kanale gevolg het, sal die Minister dit as beleid verklaar en dit sal dan aan alle skole versprei word. Die veranderings wat wel aangebring is, is meer tegnies van aard en hulle beÔnvloed nie die sin van die oorspronklike voorgestelde beleid nie. U sal onthou dat daar vier opsies gaan wees waaruit beheerrade een sal moet kies. Die nuwe bewoording van die opsies sal miskien sů lyk: (Ek sÍ miskien want veranderings kan nog aangebring word.)

Die skool bied Kurrikulum 2005 soos tans aan en gee op dieselfde geÔntegreerde manier aandag aan daardie uitkomstes, omvangsaanduiders en verrigtingsaanduiders met spesifieke religieuse inhoud behels, as enige ander in die kurrikulum.

Die skool bied Kurrikulum 2005 aan op 'n manier wat die veelvoudige bydrae wat godsdiensonderrig tot die uitkomstes kan maak, eksplisiet na vore bring. Die godsdiensonderrigdimensie neem 'n multiperspektief benadering aan.

Die skool bied Kurrikulum 2005 soos in nommer een aan en, daarbenewens, bied die skool 'n aparte program in "fleksietyd" aan. Diť program word aangebied vanuit 'n enkel- of multi-religieuse perspektief, of 'n reeks sulke perspektiewe. Dit bied die moontlikheid om alle leerlinge te akkommodeer, sover dit redelik uitvoerbaar is.

Die volgende voorwaardes is gestel:
Die verantwoordelikheid vir die keuse lÍ by die beheerliggaam, in oorlegpleging met:

die skoolgemeenskap by 'n vergadering behoorlik gekonstitueer in terme van die Suid-Afrikaanse Skolewet, paragraaf 8(2)(b)

plaaslike onderwyserowerheid, en met die toestemming van die departementshoof van die provinsie waarin die skool geleŽ is.

Opsies 1 en 2 kan nie vanuit 'n enkelgeloofperspektief aangebied word nie.

'n Maksimum van twee ure per week mag toegewy word aan die aparte program in fleksietyd.

Aparte programme vir godsdiensonderrig, dit wil sÍ die programme in opsies 3 en 4, sal intern geŽvalueer word en sal in die skool se verslagstelsel gereflekteer word, maar sal nie in graad 9 vir sertifiseringsdoeleindes in berekening gebring word nie.

Wanneer skole opsies 3 of 4 kies, moet hulle verseker dat alle leerlinge in die reeks aparte programme wat in fleksietyd aangebied word, geakkomondeer word. Alle leerlinge moet aangemoedig word om deel te neem.

In skole waar dit aangebied word, mag die leerlinge onder hul ouers se leiding kies watter een van die gelyke programme in fleksietyd hulle wil bywoon.

VOORBEELD

'n Skool het die volgende verspreiding leerlinge: 70% Christen, 10% Hindoe, 10% Moslem en 10% ander gelowe. Die volgende moontlikhede bestaan vir die reeks aparte programme vir so 'n skool.

'n Christen-godsdiensonderrigprogram; 'n Hindoe-godsdiensonderrigprogram en 'n Moslem-godsdiensonderrigprogram; of

'n Christen-godsdiensonderrigprogram, 'n Hindoe-godsdiensonderrigprogram, ' n Moslem-godsdiensonderrigprogram en 'n multi-religieuseprogram; of

slegs 'n multi-religieuse program wat nie-religieuse wÍreldbeskouings insluit.

Twee belangrike klousules verskyn onder die opskrif "bevoorrading":

Die staat sal nie verantwoordelik wees vir hulpmiddels wat verwant hou met die aparte programme in fleksietyd nie. Godsdienstige gemeenskappe, nie-staatsinstansies, uitgewers en tersiÍre opvoedkundige inrigtings mag skole van programme voorsien, sodra hierdie programme deur die provinsiale Departementshoof goedgekeur is.

Slegs gekwalifiseerde opvoeders mag die aparte programme fasiliteer. Waar 'n skool nie genoeg sulke opvoeders het nie, mag die hoof die godsdienstige gemeenskappe nader om hulp. Die komitee erken dat baie godsdienstige opvoeders uiters bekwaam is, alhoewel sommige ongekwalifiseerde is.

In Grade 10-12 (Verdere Onderwys en Opleiding), onder die sogenaamde "Fundamentele Leer" word daar voorgestel dat Godsdiensonderwys en Voorligting saamsmelt in een sub-veld, met die titel "Verantwoordelike Lewenswyse" (Responsible Living), met 'n kredietwaarde van 4. Dit word in die vooruitsig gestel dat hierdie nuwe sub-veld uitkomstes in ses belangrike areas, vanuit die perspektief van 'n verskeidenheid wÍreldbeskouings, sal bevorder:

Morele sake
Inter-kulterele/inter-religieuse vaardighede
Professionele/werk etiket
Loopbaanvoorligting
Gesondheid en Seksualiteitvoeding
Burgerskaponderwys

As hierdie voorgestelde samesmelting nie as beleid verklaar word nie, dan stel die komitee voor dat die titel "Verantwoordelike Lewenswyse" toegeken word aan 'n godsdiensonderrig sub-veld binne die Fundamentele Leer, met 'n kredietwaarde van 2, bestaande uit:

Morele sake
Inter-kulturele/inter-religieuse vaardighede
Professionele/werk etiket

In die sogenaamde Kern (Core)/Keuses (Electives), kan sub-velde soos die volgende aangebied word in MWS in die veld Gemeenskap en Godsdiens (Society and Religion):

Afrika Christendom (HG en SG)
Afrika Tradisionele Godsdiens (HG en SG)
Bybelkunde (HG en SG)
Hindoekunde (HG en SG)
Islamkunde (HG en SG)
Joodsekunde (HG en SG)
Godsdienswetenskap (HG en SG)

In HoŽr onderwys stel die komitee voor dat instansies verantwoordelik vir die opleiding van leerders hulle eie programme opstel, in ooreenstemming met die nuwe dokument Norms and Standards for Educators (September 1998)

Hulle stel ook voor dat gekwalifiseerde onderwysers die geleentheid gegun word om indiensopleiding te ontvang in godsdiensonderys, of in 'n spesifieke godsdiens. Diť opleiding moet verkieslik krediete op die NKR verdien.

Die komitee stel ook bepaalde beginsels vir godsdiensonderwysers by openbare skole voor, onder andere dat:

die reŽls vir regilieuse gebruike (observances) deur die Grondwet en die Suid Afrikaanse Skolewet bepaal word.

Die komitee stel verder voor dat die Departement:

Om op te som: Ek is baie positief oor die beleidsvoorstelle en ek hoop dat die publiek en die godsdienstige gemeenskappe sal saamstaan. Ek is van mening dat, sodra die finale dokument verskyn, die Kerk 'n baie groot rol kan speel in die ontwikkeling en voorsiening van leerprogramme, veral t.o.v. die modelle wat in fleksietyd aangebied gaan word. Ek is daarvan oortuig dat as skole 'n puik godsdiensonderwysprogram sien, hulle dit eerder sal wil aanskaf as om hulle eie te ontwikkel. In AustraliŽ het sommige kerke 'n organisasie gestig wat net hierdie soort stof ontwikkel en aan skole verskaf. Die beleidsvoorstelle skep ook die ideale geleentheid vir kerke om fasiliteerders vir godsdiensonderrig te voorsien. In AustraliŽ is daar tans 4 000 sulke vrywilligers wat elke week tussen een en 30 periodes klasgee. Dit is die ideale geleentheid vir die Kerk om in te tree en sy regmatige rol in die verskaffing van godsdiensonderwys te vervul.

Dankie

Terug na Opvoeding en Onderwys Inhoudsopgawe
Terug na Werkterrein Inhoudsopgawe