Man of Muis?
SÍ jou sÍ ...


As niemand wil luister nie ....
Oom Louis sal!


Jeugprogramme


Jeugpreke


Kampe


Die Boekrak


Werkterreine


Onderwyssake


Beurse & Toekennings


Bekendstelling


Skakels

STANDPUNTE VAN DIE NED GEREF KERK IN VERBAND MET OPVOEDING EN ONDERWYS

Onderwys is ten diepste waarde-oordrag. Die oordrag van feite kan nie losgemaak word van van die oordrag van waardes nie. Waardes is nie neutraal nie, maar kom vanuit 'n bepaalde waarde-oriŽntasie. (Lewens- en wÍreldbeskouing).

Die Christen se waardes word gegrond op die Bybel as die onfeilbare Woord van God. Die resultate wat as ideaal vir die uitkomsgebaseerde onderwys gestel word, moet dus ook aan die toets van die Bybel onderwerp word.

Met " Christelike Onderwys word bedoel dat die onderrig in skole steeds rekening moet hou met die Bybel en die Christelike beginsels en dat die geloof van kinders uit Christelike huise opgebou en gesteun moet word in plaas van afgebreek en weerspreek.te word.

Die beginsel van godsdiensvryheid mag nooit buite rekening gelaat word nie. Daarom moet die geloofsoortuigings van ouers eerbiedig word ten opsigte van godsdiensonderrig en godsdienstige plegtighede. Dit hou in dat ouers die reg mag opeis dat hulle kinders tydens skooltyd godsdiens in die skoolgeboue mag beoefen met dien verstande dat dit op 'n billike wyse geskied en dat die bywoning daarvan vry en vrywillig is (SA Grondwet, Artikel 15).

Die onderwys moet daartoe bydra dat die Godgegewe potensiaal van elke kind ontsluit word. Gelykwaardige en gehalte onderwys is noodsaaklik ten einde te verseker dat elke kind sy/haar volle potensiaal ontwikkel om tot eer en verheerliking van God te leef.

Die onderwys moet die leerder bemagtig om volgens sy/haar unieke potensiaal 'n opbouende bydrae te lewer binne die breŽre Suid Afrikaanse samelewing in sy/haar verhouding tot God en sy/haar naaste.

VENNOOTSKAPLIKE KARAKTER VAN DIE ONDERWYS

Die onderwys het 'n vennootskaplike karakter en die drie vennote te wete die ouerhuis, die staat en die kerk, moet elkeen die geleentheid kry tot betekenisvolle inbraak en uitoefening van hulle verantwoordelikhede.

DIE OUERS SE TAAK

Die ouers is die primÍre opvoeders war kragtens die verbond en die doopbelofte, 'n onoordragbare en onvervreembare verantwoordelikheid vir die die opvoeding en onderwys van hulle kinders as gawes van God het.

Die ouers se taak onder andere die medebepaling van die gees en rigting van die skool, medeseggenskap by die aanstelling van onderwysers, inspraak by leerinhoude en daadwerklike steun aan die skool na gelang van hulle vermoŽ. Die ouers verwerklik sy/haar betrokkenheid en seggenskap in die onderwys onder andere deur middel van die kanale wat deur die staat daarvoor geskep word.

DIE STAAT SE TAAK

Die staat het die verantwoordelikheid om te sorg dat die onderwys en opleiding deur wetgewing sodanig gereŽl word dat daar genoegsame geleentheid vir elke kind is om hom/haarself volgens aanleg, potensiaal, belangstelling en in ooreenstemming met sy/haar religieus-lewensbeskoulike oortuigings vir sy/haar taak voort te berei.

Die kerk aanvaar dat die staat vir almal wat 'n besondere religieus-lewensbeskoulike beklemtoning in die onderwys verlang, toereikende geleenthede sal skep om dit te verwesenlik.

DIE KERK SE TAAK

Die kerk het 'n ondersteunende verantwoordelikheid ten opsigte van die ouerhuis en die skool in die oordrag van Christelike waardes. In die skoolsituasie vind die waardeoordrag plaas vanuit die sentrale Skrifwaarhede, terwyl die dogmatiese en konfessionele verskille op die agtergrond geskuif word. Dit is noodsaaklik om duidelik te onderskei tussen die kerk se ondersteunende rol aan die skool in die oordrag van Bybels gefundeerde waardes en die kerk se kategetiese verbondsonderrig wat konfessioneel bepaal is. Die twee is nie dieselfde nie.

Die kerk is kragtens sy opdrag medeverantwoordelik vir die opvoeding en onderwys van sy verbondskinders. Hierdie opdrag behels veral gepaste en deurlopende pastorale begeleiding en ondersteuning aan leerders en ouers. Sodoende word die ouers in die vervulling van hulle doopverantwoordelikheid ondersteun.

In die vennootskapsverhouding het die kerk die verantwoordelikheid om deurlopend aan die opvoeders (onderwysers) die nodige pastorale ondersteuning te gee. Die kerk erken die strategiese rol wat wat die Christenopvoeder speel en stel dit hom ten doel om lidmate aan te moedig om as onderwysers diens te lewer.

Die kerk bemagtig en ondersteun leerders om konsekwente keuses te maak vir Christelike waardes en om hulle invloed binne die skoolstrukture daarvoor te benut.

Die handhawing van hoŽ onderwysstandaarde is noodsaaklik sodat kinders toegerus kan word vir hulle rentmeesterskap in die koninkryk van God. Die kerk het die verantwoordelikheid om by die die staat daarop aan te dring dat die gehalte onderwys so ver as wat omstandighede dit toelaat, gehandhaaf word. Terselfdertyd moet die kerk ook by sy ouers en kinders (lidmate) daarop aandring om hulle Godgegewe onderwysgeleenthede optimaal te benut. Die kerk kan 'n eiesoortige bydrae lewer tot die bevordering van 'n algemene leerkultuur in die skool. Gehalte onderwys vra 'n oop benadering en behoort nie in isolasie van die res van die samelewing plaas te vind nie.

Dit is die verantwoordelikheid van die kerk om hom daarvoor te beywer dat die onderwys van alle kinders gelykwaardig is. Die agterstande van die verlede moet reggestel word sodat almal dieselfde geleentheid het tot gehalte onderwys.

Dit is vir die kerk 'n prioriteit om in ekumeniese verband saam te werk in belang van die bevordering van die Christelike onderwys oor 'n breŽ terrein. Dit is ook vir die kerk belangrik om saam met nie-kerklike instansies saam te werk in belang van die bevordering van Christelike onderwys.

Die kerk het die verantwoordelikheid om in uiterste gevalle waar die skool die religieuse lewens en die wÍreldbeskouing ondermyn, ouers by te staan in die daarstelling van 'n eie skool gegrondves op Bybelse waardes.

GODSDIENSONDERRIG

Godsdiensonderrig vorm 'n noodsaaklike onderdeel van die waarde oordrag in die onderwys. Vir die kerk is dit belangrik dat hierdie godsdiensonderrig sal plaasvind vanuit die vertrekpunt van die Christelike waardes soos vervat in die Bybel.

Naas die spesifiek Christelike waardes behoort daar ook voorsiening gemaak te word vir die gemeenskaplike waardes wat vir alle Suid Afrikaners geld.

Terug na Opvoeding en Onderwys Inhoudsopgawe
Terug na Werkterrein Inhoudsopgawe

NUUSBRIEF VAN DIE INTERKERKLIKE KOMITEE VIR OPVOEDING EN ONDERWYS

Soos gebruiklik, maak die Dagbestuur van die Interkerklike Komitee vir Opvoeding en Onderwys (IKOO) van hierdie nuusbrief gebruik om enkele belangrike verwikkelinge rondom die opvoeding en onderwys, wat die aandag van die IKOO geniet het, onder die aandag van alle betrokkenes van die drie meewerkende Kerke te bring. Lesers word hiermee ook vriendelik versoek om hierdie sake so ver as moontlik in hulle eie omgewings en werkkringe verder te voer, en om ondersteuning aan die poging te verleen waar dit vir hulle moontlik is.

Die reglement van die IKOO is, na die goedkeuring van die veranderinge deur die jaarvergadering in September 1999, nou geamendeer met die oog op die bybring van die histories nie-blanke kerke binne die drie meewerkende kerke. In sommige gevalle moet sinodes nog die voorstel om hierdie ander kerke te betrek, goedkeur.

Die afgevaardiges na vergaderings van die IKOO sal voortaan hulle eie reiskoste moet dra, wat meebring dat daar kleiner oorbetalings aan die IKOO gemaak sal moet word. Laasgenoemde is bestem vir die kleiner oorhoofse uitgawes waat aangegaan moet word. Kerke sal versoek word om van die nuwe kerke wat bykom in die IKOO-verband te help met die koste van reise en vergaderings.

Die Dagbestuur het besluit om die dekane van faulteite opvoedkunde en retore van onderwyskolleges te nader met die oog daarop om 'n "konsortium" te vorm wat die skryf van handboeke vir die Christen-gemeenskap moet fasiliteer. Aanvoorwerk word tans in hierdie verband gedoen, en daar sal gaandeweg oor vordering met die projek verslag gedoen word.

Die Dagbestuur het met waardering kennis geneem van die projek van die Skool vir Onderwysersopleiding aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike HoŽr Onderwys om 'n databasis op rekenaar saam te stel van alle beskikbare bronne rondom Kurrikulum 2005, en veral van die feit dat bronne met 'n Christelike strekking van annotasies voorsien word. Daar is ook kennis geneem dat die databasis op die tuisbladsye (Internet) van die PU vir CHO en ander universiteite en kolleges geplaas sal word, asook die tuisbladsye van die drie meewerkende Kerke en van professionele onderwyserverenigings.

Die Dagbestuur het 'n skrywe aan onderwysersopleidingsinstansies gerig waarin versoek word dat voornemende onderwysers opgelei moet word in die etiese en lewensbeskoulike fasette van uitkomsgerigte onderwys.

Die gedragskode vir onderwysersopleiding van die SA Raad vir Opvoeders (Engels : SACE) is in Afrikaans beskikbaar gestel en versprei. 'n Belangrike taak wat nou wag, is om aan die onderwysers die praktiese inplikasies van hierdie gedragskode uit te spel, en veral aan te toon wat die kode vir Christenonderwysers beteken.

Sommige van die lede van die IKOO en sy dagbestuur mag tydens die sitting van die sinode van die Gereformeerde Kerke in Januarie 2000 vervang word deur ander lede. Die voorsitter, dr. Raubeheimer, het in die lig hiervan 'n woord van dank en waardering teenoor al die lede van die Dagbestuur uitgespreek vir die goeie samewerking wat deur die afgelope jare in die Dagbestuur ondervind is.

27 Oktober 1999

Terug na Opvoeding en Onderwys Inhoudsopgawe
Terug na Werkterrein Inhoudsopgawe

Besluite Alg Sinode wat onderwys raak

In die lig van Romeine 13 erken die kerk die staat as 'n dienaar van God tot ons beswil. Dit is God wat aan die staat die opdrag gegee het om die reg te handhaaf en die kwaaddoeners te straf.

Die kerk erken dat die staatsowerheid wat deur sy fisiese swaardmag in beheer van 'n bepaalde staatsgebied is, deur God beskik is en as sodanig eerbiedig moet word. Die norm vir die kerk se deelname aan die publieke regsverkeer en uitoefening van burgelike regte is die Woord van God. Christus is die Hoof van die kerk. Daarom beskou die kerk sy reg op vryheid van godsdiens, wat sy Bybelsprofetiese getuienis teenoor die staatsowerheid en die wÍreld waarin hy staan, insluit, as onvervreembaar. In die uitoefening hiervan maak hy aanspraak op die regsbepaalde beskerming van die owerheid.

Die kerk nader die staatsowerhede op alle vlakke op 'n ordelike wyse. Hierdie skakeling word gedoen deur sy erkende kerkvergaderings of die kommissies wat hulle daarvoor aanwys. Skakeling oor sake wat die kerk in sy algemene sinodale verband raak, geskied deur die Algemene Sinode of sy betrokke kommissie. Skakeling sonder 'n opdrag van die Algemene Sinodale Kommissie.

Terug na Opvoeding en Onderwys Inhoudsopgawe
Terug na Werkterrein Inhoudsopgawe

Artikels van die Kerkorde Art 68.1 en Art 69

ARTIKEL 68: KERK, MAATSKAPPY EN VRYE VERENIGING
(Notule 1998 bl 13, pt 1.10.2)

Artikel 68 : Kerk, maatskappy en vrye vereniging
Waar moontlik, verleen die kerk steun aan maatskaplike, nie-kerklike organisasies wat op 'n positiewe Christelike basis georganiseer is en daarop gemik is om die koninkryk van God te bevorder. Hierdie steun geskied vanuit 'n kerklike perspektief en op 'n kerklike wyse. Die vraag of 'n bepaalde organisasie kan aanspraak maak op die steun van die kerk, hang af van sy grondslag en doelstellings en die uitlewing daarvan in die praktyk.

ARTIKEL 69: KERK EN ONDERWYS
(Notule 1998 bl 13, pt 1.10.2)

Artikel 69 : Kerk en Onderwysers
Die kerk beywer hom daarvoor dat die Woord van God en Protestants-Christelike norme en waardes rigtinggewend sal wees in onderwys- en opvoedkundige instellings en ook vir die kultuuridioom waarin die onderwys plaasvind.
Die kerk erken die interne bevoegdheid van onderwysinstellings om tipiese onderwysaangeleenthede (standaarde, leerinhoud, ensovoorts) te finaliseer.
Die kerk beywer hom vir Christelike opvoeding en onderwys vir sy kinders en jongmense. Hierdie onderwys moet verantwoorde standaarde en leerinhoude insluit.

CHRISTELIKE ONDERWYS
(Notule 1998 bl 43, pt 3.4.2)

Die Algemene Sinode is van oortuiging dat daar binne die bestaande onderwyswetgewing geleentheid is vir Christelike onderwys in openbare skole.

Die Algemene Sinode doen 'n beroep op sy lidmate, veral ouers, om deurlopende betrokke te bly by die skool in die belang van die saak van Christelike onderwys.

ALTERNATIEWE SKOOLMODELLE
(Notule 1998 bl 43, pt 4.5.2)

Die Algemene Sinode steun die skool/onderwysmodel wat ruimte bied vir die Christelike lewensbeskouing in sy onderrig.

BESKIKBAARHEID VAN GESKIKTE ONDERWYSERS
(Notule 1998 bl 42, pt 3.6.2)
Die Algemene Sinode versoek sinodes en kerkrade om besondere aandag te gee aan die pastorale begeleiding en ondersteuning van onderwysers.

DANKWOORD ONDERWYSKORPS
(Notule 1998 bl43, pt 3.6.2)
Die Algemene Sinode betuig sy dank en waardering teenoor die onderwyserskorps wat in die huidige tydsgewrig van groot veranderinge, moeilike omstandigehede en baie uitdagings, steeds volhard met hul Christelike getuienis en harde werk. Die sinode bid hulle krag en en sterkte toe vir hul groot taak.

Terug na Opvoeding en Onderwys Inhoudsopgawe
Terug na Werkterrein Inhoudsopgawe

STANDPUNTE VAN DIE NED GEREF KERK TOV OPVOEDING EN ONDERWYS

(Notule 1998 bl 43, pt 3.8.2)
Die Algemene sinode keur die standpunt van die Ned Geref Kerk goed soos vervat in Bylae A6-2. Punt 4.3 word bygevoeg. Die kerk aanvaar dat die staat verantwoordelik is om genoeg onderwysers beskikbaar te stel om effektiewe onderwys te verseker.

VCSV
(Notule 1998 bl 43, pt 3.9.2)
Die Algemene Sinode verheug hom oor die totstandkoming van die VCSV, wens hom toe die seŽn van die Here en vrugbare arbeid in diens van die Here op die terrein van die jeug van Suid-Afrika en keur die beginsels van samewerking tussen die VCSV en die Ned Geref Kerk goed, soos vervat in Bylae A6-3.

BID VIR OPVOEDING EN ONDERWYS
(Notule 1998 bl 44, pt 3.9.2)

Die Algemene Sinode doen 'n beroep op kerkrade om groot erns te maak met die biddag vir Opvoeding en Onderwys
Die Algemene Sinode dra dit aan die Jeugkommissie op om jaarliks betyds kerkrade te herinner aan die biddag en agtergrondinligting en riglyne te voorsien.

KINDERBEDIENING
(Notule 1998 bl 44 pt 4.2.3.6)

Die Algemene Sinode versoek sinodes en kerkrade om die JKJA te ondertseun in die lig van die feit dat kinders van kleins af geleer word om saam met ander kinders hulle geloof prakties uit te leef en diens te lewer.

KINDEREVANGELISASIE
(Notule 1998 bl 44 pt 4.2.1)

Die Algemene Sinode betuig graag waardering teenoor die onderskeie organisasies wat direk gemoeid is met die opleiding van kinderevangelisasie en die onvermoeide ywer vir die bereiking van kinders met die evangelie van Jesus Christus.

Die Algemene Sinode versoek die Algemene Jeugkommissie om voort te gaan met die toepaslike skakeling met organisasies wat direk gerig is op die opleiding en toerusting van kinderevangeliste en kinderwerkers.

STUDENTEBEDIENING.
(Notule 1998 bl 44, pt 4.5.1)

Die Algemene Sinode neem kennis van die ingrypende transformasieprosesse op die kampusse van tersiÍre inrigtings in Suid Afrika.
Die Algemene Sinode beskou die veranderde demografiese samestelling van die studentekorps en die toename in multi-kulturaliteit op kampusse as 'n besondere

Terug na Opvoeding en Onderwys Inhoudsopgawe
Terug na Werkterrein Inhoudsopgawe

REGLEMENT VAN DIE IKOO

NAAM
Die naam van die kommissie is: Die Interkerklike Kommise vir Opvoeding en Onderwys (IKOO).

GRONDSLAG
Die grondslag van die kommissie is: Die Bybel as die Woord van God soos bely word in ten minste die Drie Formuliere van Eenheid.

DOEL
Die doel van die kommissie is:
Die bevordering van Christelike opvoeding, onderwys en opleiding op alle relevante terreine. Die bevordering van die samewerking tussen die meelewende kerke vir alle onderwyssake van gemeenskaplike belang.
Skakeling en samewerking met die breŽ Christelike gemeenskap in belang van Christelike onderwys. Die nakoming van die kerk se ekumeniese roeping en verantwoordelikheid op die onderwysterrein.

SAMESTELLING
Die kommissie word sover moontlik saamgestel uit twee verteenwoordigers elk van die volgende meewerkende kerke:
NG Kerk
Verenigende Gereformeerde kerk in SA
NG Kerk in Afrika
Reformed Church in Afrika
Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika
Nederduitsch Hervormde kerk in Suidelike Afrika
Nasionale Sinode van die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika
Sinode Soutpansberg van die Gereformeerde Kerke
Sinode Middellande van die Gereformeerde Kerke
Provinsiale IKOO's kan op eie koste een verteenwoordiger met adviserende stem stuur.
Deskundiges wat deur die IKOO vir 'n spesiale doel en vir 'n bepaalde tyd gekoŲpteer is met adviserende stem.
Enkele waarnemers en medewerkers uit ander kerke (op uitnodiging van die dagbestuur) met spreekstem.

KONSTITUERING

IKOO Jaarvergadering

Die IKOO vergadering kies elke twee jaar onder voorsitterskp van die vorige voorsitter sy eie voorsitter, ondervoorsitter en sekretaris. Die ampsdraers moet uit verskillende kerke kom. Dieselfde persoon mag nie vir langer as twee opeenvolgende ampstermyne in dieselfde amp verkies word nie.

Dagbestuur van die IKOO

Die dagbestuur word saamgestel uit die voorsitter, ondervoorsitter en sekretaris plus een lid uit elk van die oorblywende kerke wat nog nie verteenwoordig is nie. Die dagbestuur kan, op aanbeveling van die betrokke kerke, een kundige koŲpteer met 'n adviserende stem. Die dagbestuur benoem uit een van die ander lede is 'n tesourier.

Die kerndagbestuur bestaan uit die voorsitter, ondervoorsitter, sekretaris en tesourier.

OORDRAG VAN DIE DAGBESTUUR

Die dagbestuur handel dringende sake af, voer opdragte van die IKOO uit, berei die sakelys van die IKOO vergaderings voor, met verslag van hulle werksaamhede, en berei die finansiŽle jaarstate en begroting van die IKOO voor vir goedkeuring deur die jaarvergadering.

VERGADERINGS

Jaarvergadering
Die IKOO vergader verkieslik eenmaal per jaar.

Spesiale vergaderings
Spesiale vergaderings word deur die voorsitter belÍ op las van die dagbestuur.

Inligtingsbyeenkomste
Die IKOO reŽl onder meer simposiums, werkswinkels en inligtingsbyeenkomste in belang van opvoeding en onderwys.

FINANSIES
Die IKOO stel jaarliks op aanbeveling van die dagbestuur na voorlegging van die jaarstate en begroting, die bydraes vas van die sinodes van die meewerkende kerke ter bestryding van van gesamentlike kostes. Elke meewerkende kerk is verantwoordelik vir reis- en verblyfkostes van sy eie afgevaardigdes. Die dagbestuur lÍ by die jaarvergadering 'n begroting vir die daaropvolgende jaar vir goedkeuring voor.

Die boeke van die IKOO
WYSIGING VAN DIE REGLEMENT
Die Reglement kan tydens 'n jaarvergadering gewysig word.

GOEDGEKEUR OP 2 SEPTEMBER 1999

Terug na Opvoeding en Onderwys Inhoudsopgawe
Terug na Werkterrein Inhoudsopgawe

SUID AFRIKAANSE RAAD VIR OPVOEDERS
GEDRAGSKODE

DEFENISIES

In hierdie kode, tensy die konteks anders aandui, beteken:

"opvoeder" : enige persoon wat onderwys gee, ander persone onderrig of oplei of professionele terapie gee by enige skool, tegniese kollege of onderwyskollege, bystand in die lewering van professionele dienste verleen, onderwysbestuursdienste of hulpdienste verskaf by of in 'n deppartement van onderwys (en wie se diens gereguleer word deur die Onderwysindiensnemingswet, 1994), of enige ander persoon wat by die Raad geregistreer is.

"leerder" : 'n leerling of student wat onderrig of opleiding van 'n opvoeder soos hierbo gedefinieer, ontvang.

"ouer" : die ouer of voog van 'n leerder
die persoon wat onderneem om die verpliginge aan te vul van 'n persoon soos hierbo genoem in paragrawe (a) en (b) wat betref die leerder se skoolonderrig.

INLEIDING

Die opvoeders wat by die Suid Afrikaanse Raad vir Opvoeders geregistreer is:

erken die edel roeping van hul profesie om die leerders van ons land te onderrig en op te lei. erken dat die gesindheid, toewyding, selfdissipline, ideale, opleiding en gedrag van die onderwysprofessie die gehalte van onderwys in hierdie land bepaal.

erken, handhaaf en bevorder basiese menseregte, soos beliggaam in die Grondwet van Suid Afrika verbind hulle om alles in hulle vermoŽ te doen om, in die uitvoering van hulle professionele pligte, op te tree in ooreenstemming met die ideale van hulle beroep, soos verwoord in hierdie kode; en onderneem om op 'n welvoeglike en betaamlike manier op te tree sodat hul optrede nie die onderwysberoep in onguns bring nie.

GEDRAG: DIE OPVOEDER EN DIE LEERDER

'n Opvoeder -
respekteer die menswaardigheid, geloofsbeskouinge en grondwetlike regte van leerders en in die besonder kinders, wat hul reg tot privaatheid en vertroulikheid insluit; erken die uniekheid, individualiteit en spesifieke behoeftes van elke leerder, en rig en bemoedig elkeen om sy of haar volle potensiaal te verwesenlik;

strewe daarna om leerders in staat te stel om 'n stel waardes te ontwikkel wat ooreenstem met diť wat in die Handves van Menseregte, soos vervat in die Grondwet van die republiek van Suid Afrika, voorgehou word;

oefen gesag met deernis uit;

vermy enige vorm van vernedering, en weerhou hom- of haarself van enige vorm van kindermishandeling, hetsy fisiek of sielkundig.

bevorder geslagsgelykheid en weerhou hom of haar van einige soort seksuele verhouding met, of seksuele teistering (fisiek of andersins) van leerlinge;

gebruik gepaste taal en tree gepas op in sy of haar interaksie met leerders, op 'n manier wat die respek van leerders afdwing.

doen binne sy of haar vermoŽ stappe om die veiligheid van leerders te verseker. misbruik nie die posisie wat sy of hy beklee vir finansiŽle, politieke of persoonlike gewin nie. is nie nalatig of laks in die uitvoering van sy of haar professionele pligte nie. Erken, waar paslik, leerders as vennote in die onderwys.

GEDRAG VAN DIE OPVOEDER EN DIE OUER

'n Opvoeder, waar gepas -
erken die ouers as vennote in die onderwys, en strewe om 'n harmonieuse verhouding met hulle te bevorder
doen alles wat prakties moontlik is ouers genoegsaam en betyds in te lig oor die welsyn en vordering van die leerder.

GEDRAG: DIE OPVOEDER EN DIE GEMEENSKAP

'n Opvoeder besef dat 'n opvoedkundige instansie die gemeenskap dien, en erken daarom dat daar verskillende gewoontes, kodes en lewensbeskouinge in die gemeenskap is.

GEDRAG: DIE OPVOEDER EN SY OF HAAR KOLLEGAS

'n Opvoeder -
weerhou hom of haar daarvan om die status van syof haar kollegas te ondermyn;
bevorder geslagsgelykheid en weerhou hom of haar van seksuele teistering (fisiek of andersins) van sy of haar kollegas;
respekteer die onderskeie verantwoordelikhede van kollegas en die gesag wat daaruit voortspruit, om sodoende die gladde funsionering van die opvoedkundige inrigting te verseker;
volg die korrekte prosedure om professionele onbevoegdheid of wangedrag te hanteer.

GEDRAG: DIE OPVOEDER EN PROFESSIE

'n Opvoeder -
erken dat die uitvoering van sy of haar professionele pligte binne 'n konteks geskied waarvoor samewerking met en ondersteuning van kollegas noodsaaklik is, en tree dus so op dat die waardigheid en status van die professie bevorder word.
bly op hoogte van opvoedkundige tendense en ontwikkelings;
bevorder deurgaans die uitbouing van onderwys as 'n professie;
aanvaar dat hy of sy 'n professionele verantwoordelikheid het ten opsigte van die opleiding en induksie van nuwe lede van die onderwysberoep.

GEDRAG: DIE OPVOEDER EN SY OF HAAR WERKGEWER

'n Opvoeder -
erken die werkgewer as 'n vennoot in opvoeding;
erken dat sekere verantwoordelikhede en gesag deur werkgewing in die werkgewer vestig en dien sy of haar werkgewer na die beste van sy of haar vermoŽ;
weerhou hom of haar daarvan om vertroulike en amptelike sake met ongemagtigde persone te bespreek.

GEDRAG: DIE OPVOEDER EN DIE RAAD

'n Opvoeder -
werk na die beste van sy of haar vermoŽ met die Suid Afrikaanse Raad vir Opvoeders saam; onderskryf die DissiplinÍre magte en Prosedures van die Suid Afrikaanse Raad vir opvoeders en gee daaraan gehoor.

Woensdag, Augustus 18, 1999

Terug na Opvoeding en Onderwys Inhoudsopgawe
Terug na Werkterrein Inhoudsopgawe