N O T U L E

A L G E M E N E J E U G K O M M I S S I E

NED GEREF KERK

21 23 FEBRUARIE 2000

NEVENBERGH-KAMPTERREIN, KRUGERSDORP

1. OPENING

Dr Henk Gous, die voorsitter, open deur te lees uit 1 Kor 11:1. Elkeen van ons moet so 'n spoor trap dat jongmense graag in ons spoor wil trap. My spoor moet jeugvriendelik wees. My spoor moet later gevul word met jongmense en uiteindelik moet hulle kinders ons spoor volg. Die AJK moet 'n vonkprop en 'n hulpbron wees.

Die AJK moet iewers 'n vonk maak waar niemand anders is nie. Ons moet 'n hulpbron wees sodat jongmense ons sal nader om hulp. Tieners soek op rekenaars en laai af wat hulle wil gebruik.

Die kerk se inhoud moet so verpak wees dat die jongmens gereeld daar wil besoek aflê en die inhoud wil aflaai.

Sê nou maar die vergadering word vir 10 jaar nie gehou nie, watter verskil gaan dit maak? Wat sal dan anders wees? Sê nou maar ons ontdek dat as ons ophou vergader, alles nog net so sal aangaan?

Maar sê nou maar hierdie vergadering is die vonkprop en hulpbronskeppend, omdat hier mense is wat entoesiasties is en jeugwerk daardeur bevoordeel word, en jongmense die Here met oorgawe dien in kerk en koninkryk.

Ons moet kreatiewe denke stimuleer en aksie aan die gang kry ter uitvoering van ons taak.

Die AJK se taak is

    • Bestuur
    • Kontroleer
    • Kommunikeer en bemark

Die bedieninge se kreatiwiteit is by 'n werkwinkel in Januarie 2000 benut. Dit gaan nou voor die AJK-vergadering gelê word.

Ds Teyo Smit doen 'n gebed.

  1. VERWELKOMING EN VASSTELLING VAN PRESENSIE, KONSTITUERING

Die volgende lede van die AJK word hartlik verwelkom en elkeen sê iets oor hom- of haarself.

WES-KAAPLAND:

Ds T S Smit, ds M R Heyns

OOS-KAAPLAND:

Ds J J D Nel, ds W P Petzer

NOORD-KAAPLAND:

Ds F J Marais, ds P A du Toit

NATAL:

Ds H J van den Heever, ds J de W van Zyl

OVS:

Ds J C Louw

WES-TRANSVAAL:

Dr J H G Gous, ds D J B Serfontein

NOORD-TRANSVAAL:

Dr O S H Raubenheimer, dr W A Pretorius

SUID-TRANSVAAL:

Ds C van Rensburg, ds J A C Badenhorst

OOS-TRANSVAAL:

Ds J W de Wet, ds A M Pienaar

NAMIBIë:

Ds P A Crous, ds C Nel

MIDDE-AFRIKA:

Ds W A Pieters

TEOLOGIESE FAKULTEITE:

Dr J M G Prins

VROUEDIENS:

Niemand

BYBEL-MEDIA:

Niemand

HUGENOTE KOLLEGE:

Ds D Kitching

VCSV:

Ds C J Carstens

KINDERKRANS/JKJA:

Mev C Theron

UITVOERENDE AMPTENAAR AJK:

Dr L C Dressel

SAKEBESTUUR (ADVISEREND):

Mnr G Lotz

ALGEMENE SINODE:

INLIGTING EN EKUMENE :

Niemand

  1. VERMELDING, VERSKONINGS EN MOSIES
  2. Die volgende persone is afwesig met verskoning:

    Ds M H O van Heerden (OVS)

    Prof J J van Rensburg (Teologiese Fakulteit, OVS)

    Prof J C Müller (Teologiese Fakulteit UP)

    Mev Mollie Kemp (AKV)

    Ds W J Botha (Bybel-Media)

    Dr W J Botha (AKLAS)

  3. REëLINGS VIR VERGADERING
  4. Reëlings vir die vergadering van AJK soos vervat in Bylae 2, word goedgekeur.

  5. SITTINGSTYE
  6. Die volgende sittingstye word goedgekeur:

    Maandag :

    12:00 Opening

    13:00 Middagete

    14:00 - 15:45

    15:45 - 16:00 Verversings

    16:00 - 18:00

    18:00 - 19:00 Aandete

    19:00 - 21:30

    Dinsdag :

    08:30 - 08:45 Biduur

    08:45 - 10:30

    10:30 - 11:00 Verversings

    11:00 - 13:00

    13:00 - 14:00 Middagete

    14:00 - 15:45

    15:45 - 16:00 Verversings

    16:00 - 18:00

    18:00 - 19:00 Aandete

    19:00 - 21:30

     

     

    Woensdag :

    08:30 - 08:45 Biduur

    08:45 - 10:30

    10:30 - 11:00 Verversings

    11:00 - 13:00

    13:00 Ligte middagete

  7. NOTULE VAN AJK VAN 22-24 FEBRUARIE 1999

6.1 Goedkeuring deur Dagbestuur

Dit is (in opdrag van die AJK) deur die Dagbestuur goedgekeur.

6.1.1 Besluit

Die notule van die AJK-vergadering van Februarie 2000 word deur die Dagbestuur goedgekeur.

6.2 Sake uit die notule

Dit wat nie reeds in die agendaboek voorkom nie (indien enige), word by die betrokke punt ingevoeg.

7. VERSLAG VAN DAGBESTUUR VAN DIE AJK

Die verslag van die AJK-Dagbestuur, soos opgeneem in die agenda, word deur die AJK behandel.

7.1 Agenda

Die agenda word soos volg goedgekeur :

AGENDA

 

MAANDAG

DINSDAG

WOENSDAG

Oggend

10:00 DB-AJK

12:00 Opening

Dagbestuur

Inligtingstegnologie

Missionêre Bediening

Tienerbediening

Naskoolsebediening

Studentebediening

Middag

Dagbestuur

Kategese

Kinderbediening

Gesinsbediening

 

Aand

Opvoeding en

Onderwys

Braai

Musiekbediening

Kampbediening

 

7.2 Vergaderings

Die Dagbestuur het in Mei, Julie, Augustus, November en Januarie 2000 vergader.

Kennis geneem.

 

 

    1. Strategiese beplanning

7.3.1 Voltooiing van beplanning

Die Dagbestuur het die strategiese beplanning wat in Februarie 1999 deur die AJK gedoen is voltooi. Die resultaat hiervan is in 'n aparte verslag in die laatstukke opgeneem.

      1. Werkwinkel Januarie 2000
      2. Een van die prioriteite vir die AJK-DB is die effektiewe funksionering van die bedieninge van die AJK. Om dit te probeer verwesentlik is 'n werkwinkel in Januarie 2000 by Nevenbergh-kampterrein, Krugersdorp, gehou. Die neerslag hiervan is in die laatstukke opgeneem en is tydens die AJK-vergadering in Februarie 2000 behandel.

      3. NG Kerk-Jeugboekhandel

Die Dagbestuur het besluit dat die moontlikheid om die N G Kerk-Jeugboekhandel uit te brei om 'n breër teikenmark te hê en 'n verskeidenheid jeugmedia te bemark, verder ondersoek word. Dr L C Dressel en mnr G Lotz het 'n ondersoekspan gelei wat 'n uitgewerkte sakeplan opgestel en ondersoeke na moontlike netwerke gedoen het.

Die verslag oor die werkbyeenkoms word behandel (bylae 4 in Laatstukke).

7.3.3.1 Besluit

    1. Die AJK besluit om die NG Kerk-Jeugboekhandel uit te brei sodat hy 'n breër diens kan lewer met kwaliteit kategeseboeke en jeugmateriaal.
    2. Die omskakeling en verdere bedryf word in noue samewerking met die CLF gedoen.
    3. Die AJK besluit in beginsel om 'n handelsnaam, nl:
    4. "Christelike Media vir Afrika (CMA)" of "Christian Media for Africa (CMA)" te vestig wat op 'n ad hoc-basis gebruik kan word. Hierdie sal 'n gesamentlike besigheidsonderneming saam met CLF wees.

    5. Die volledige saamstel van die ooreenkomste in hierdie verband sal uitgewerk en aan die Dagbestuur voorgelê word vir goedkeuring.
    6. Wanneer 'n bestuurder deur die CLF aangestel word, onderhandel die AJK met die CLF met die oog op hierdie en ander gesamentlike werksaamhede.

7.4 Samesprekings VGKSA

Die VGKSA moes al lankal die AJK genooi het vir samesprekings.

Die VGKSA en die NGKA is genooi om op 13 Mei met die AJK-DB 'n gesprek te voer. Die VGKSA het die uitnodiging aanvaar en di J de Wet, B P Makoko en Morris Makgale woon die vergadering by.

Elkeen is geleentheid gegee om iets van homself te deel (storie vertel).

Die volgende sake is op die sakelys geplaas:

1. Ons droom vir jeugwerk.

2. Kerkvereniging en die hele proses daarheen.

3. Hoe die AJK en ASCO funksioneer.

4. Behoeftes en hulpmiddels deel. (Jubel oor Jesus en KAP-kamp).

Kerkeenheid

Vir die VGKSA is 'n eie identiteit belangrik en daarom word ondermeer gestrewe daarna om eie kategeseboeke te skryf.

Die verhouding met die VGKSA en NGKA is baie sensitief. Die sake moet nog uitgesorteer word.

Die Belhar belydenis en die ontstaangeskiedenis van die kerk is vir die VGKSA 'n baie sensitiewe en belangrike saak.

Dit is belangrik dat verhoudings gebou word.

Kategeseboeke

Die kategeseboeke van die N G Kerk is onder oë geneem toe die leerplan vir die nuwe boeke vir die VGKSA opgestel is. Die boeke vir graad 1-6 kan dalk as basis geneem word en gedeeltes daaruit gebruik word.

Eenheid

Daar moet gepoog word om gesamentlike byeenkomste te reël - al is dit net vir die kommissies of besture. Ons moet 'n strategie uitwerk en betrokke raak deur mekaar se hande te vat. Ons kinders is reeds bymekaar in die skole en speel saam in spanne. In die kerke is ons nog geskei. Die saamdoendinge moet stappe wees in die proses van kerkeenheid. In die Paarl is 'n gesamentlike "praise and worship" geleentheid gereël. Elke kerkgroep het gewys hoe dit in hulle gemeentes gedoen word en daarna is saamgesing en gebid.

Musiek en sang kan benut word om die jeug van die verskillende kerke byeen te kry.

Ons moet een doel nastreef maar daar moet begrip wees dat dit teen 'n verskillende tempo sal moet geskied.

Die jeuggroepe kan bymekaargebring word vir 'n storievertelaand om so mekaar beter te leer ken en verstaan.

Ekumene

Die VGKSA het baie sterk ekumeniese bande met Swede.

Daar was ook 'n jeugpredikanteprojek in Kagiso in 1999 waarheen vyf jeugpredikante sou oorkom vir gesprekke - veral oor morele waardes.

Swede is ook betrokke by die KAP-kamp. Daar is ook gemeenskapsprojekte waar fisiese hande-arbeid gedoen word.

Die VGKSA het ook verhoudings met België.

Ten opsigte van kinderbediening is die RCA in die VSA betrokke.

Jongmense is ook by die SA Raad van Kerke en WARC betrokke en word daarheen gestuur.

Sake waaraan VGKSA aandag gee

Die VGKSA gee ondermeer aandag aan die volgende sake:

- onderwys

- kategese

- jeugbrigade

- (CYM) Church Youth Movement

- onderwys

- 'n leierskursus saam met die SJK-N G Kerk van Suid-Transvaal.

Sake van die AJK

Deur die loop van die gesprek is inligting gegee oor sake waaraan die AJK aandag gee. Informasie is gegee oor die Jubel oor Jesusprojek van 2000.

Pad vorentoe

1. Dit is noodsaaklik dat die gesprek voortgesit word.

2. Inligting oor byeenkomste en sake behoort uitgeruil te word en waar moontlik verteenwoordigers as waarnemers gestuur word.

3. Volgende gesprekke, indien moontlik, behoort verkieslik in Bloemfontein gehou te word.

7.4.1 Besluit:

1. Die AJK neem kennis dat die gesprek met die VGKSA vrugbaar was. Dit is jammer dat die NGKA nie betrokke was nie.

2. Die AJK besluit dat die AJK-DB die gesprek opvolg.

7.5 Ger 2000

Die GER vergader DV vanaf 14-28 Julie 2000 in Jakarta, Indonesië.

Die AJK kan nou 'n amptelike verteenwoordiger as waarnemer stuur.

Dr L C Dressel is benoem om die AJK by die GER in Jakarta in 2000 te

verteenwoordig.

Die AJK betaal ook die kostes van dr O S H Raubenheimer.

Drr Raubenheimer en Dressel het navorsingsvoorstelle voorgelê oor moontlike navorsing

oor spesifieke sake in die buiteland. Dit word met die reisprogram gesinchroniseer.

Die AJK-DB het die reisplan en 'n begroting ter waarde van R50 000,00 goedgekeur met

die versoek dat daar optimale benutting van tyd sal wees. Werklike kostes word betaal.

7.5.1 Besluit

Die optrede van die Dagbestuur word goedgekeur.

7.6 Jubel oor Jesus 2000

7.6.1 Kategese 2000

7.6.1.1 Verslag

Die Algemene Sinode het besluit dat die jaar 2000 aan kategese en toerusting aandag gegee word.

Die ad hoc-kommissie se verslag is behandel en die AJK-DB het besluit:

1. Die tema en subtemas word goedgekeur nl "2000: Jubel oor Jesus".

Kategete jubel

Gesinne jubel

Gemeentes jubel

Wêreld jubel

2. Die konsepbeplanning is aan die ander kommissie deurgestuur met die versoek dat die tema en subtemas goedgekeur word.

3. Elke samewerkende kommissie gee elkeen op hul onderskeie terrein moontlike leiding en wenke deur aan ringe en gemeentes ten opsigte van die beplande aksie.

4. Die verslag is ook aan die AJK voorgelê vir kennisname.

7.6.1.2 Embleem

Verskeie instansies is genader om voorleggings vir 'n embleem te maak.

Die ontwerp van Lizl Linde van Bybel-Media is aanvaar.

'n Volkleur A3-plakkaat van die embleem is by sinodesittings versprei. Die embleem is ook op die AJK se webblad geplaas.

7.6.1.3 Pakket aan gemeentes

Die AJK het in Junie 1999 aan elke gemeente 'n pakket voorsien. In die pakket is opgeneem 'n voorbeeld van die embleem, konsepprogram met tema en subtemas, konsepprogramme en ander nodige informasie.

7.6.1.4 Pinksterreeks 2000

Die AJK-DB het die kommissie wat die pinksterreeks voorberei versoek om aan die aksie Jubel oor Jesus 2000 in die pinksterreeks aandag te gee.

Die kommissie het verskeie versoeke ontvang en besluit om by die oorspronklike tema te bly wat ekumenies opgestel word.

Die AJK-DB het besluit om twee onderwerpe vir die laerskool en twee vir die hoërskool beskikbaar te stel. Dit word in Die Kerkbode gepubliseer.

Kennis geneem.

7.7 Datums 2000

Die volgende datums is goedgekeur:

Biddag vir Jong Belydende Lidmate 5 Maart 2000

Dagbestuur van AJK 4 Mei 2000

Dagbestuur van AJK 7-10 Augustus

Biddag vir Dooplidmate 20 Augustus

Biddag vir Opvoeding en Onderwys 15 Oktober

Dagbestuur van die AJK 9 November

7.8 Finansiële en Administratiewe sake

7.8.1 Struwig Bosveldplaas

Die taakgroep wat die AJK in Februarie 1999 aangewys het, het in September 1999 die Struwig plase besoek en verslag aan die AJK-DB gelewer.

Bylae 4 van die agenda word behandel.

7.8.1.1 Besluit

Die AJK besluit dat :

    1. die AJK nie sy aandeel in die Struwig Bosveldplaas (Edms) Bpk vervreem nie;
    2. die AJK sy bydrae sal lewer sodat die bestuur en bedryf van die plase effektief kan verloop;
    3. die AJK die Struwig Bosveldplaas sal bemark, sodat die jeug van die NG Kerk dit ten volle kan benut vir die doel waarvoor dit geskenk is;
    4. die AJK sy dank en waardering boekstaaf teenoor mnr Sybrand van der Spuy vir sy bydrae om die eiendomme te ontwikkel en die regskoste wat hy gedra het;
    5. Die AJK sy dank oordra aan die Struwig Trust vir die ontwikkeling van die kampterreine en die besondere bydrae van elke individu in hierdie verband;
    6. Die AJK weereens eer en dank aan ons hemelse Vader gee wat in mense se harte werk om hierdie en ander skenkings in belang van die kerk en byname die jeug te maak.

7.8.1.2 Aaanvullende ooreenkoms

'n Aanvullende ooreenkoms is opgestel tussen Bonanza Farms (Edms) Bpk en die Struwig Trust. Die dokumente is deur al die partye aanvaar en kom op die volgende neer:

    1. Ons bestuur en onderhou ons kamp/e in die toekoms self.
    2. Bonanza Farms doen die ekologiese bestuur van die plaas.
    3. Mnr Sybrand van der Spuy dra die R700 000 aan ons oor om self na keuse mee te handel.
    4. Ons eie bestuurder bestuur ons terreine.
    5. Ons onderneem om R2 000 per maand vir ekologiese bestuur by te dra en ons verhaal R1 000 daarvan om ryreg aan Olifants te gee terwyl hulle ook die paaie daar by Lisbon in stand hou.

DIT BETEKEN DAT ONS INGESTEM HET DAT BONANZA FARMS GEEN PLIG IN DIE TOEKOMS MEER HET OM ONS KAMPTERREINE TE ONDERSTEUN NIE.

7.8.1.2.1 Besluit

Goedgekeur.

7.8.1.3 Plaasbestuurder

Onderhoude is met verskeie persone met die oog op 'n plaasbestuurder gevoer. Nico en Erika Mouton is aangestel.

Nico Mouton het die Trust in kennis gestel dat hy nie die pas kan aanvaar nie, weens die feit dat sy vrou nie 'n oorplasing na die Hoedspruit of Phalaborwa Hospitaal kon kry nie.

Pierre Malherbe is aangestel en hy het op 1 Desember 1999 diens aanvaar.

Kennis geneem.

        1. Avontuurspan van SCAZ

'n Brief van ds Cassie Carstens is behandel waarin hy versoek dat SCAZ 'n avontuurspan op die terrein plaas.

Die AJK-DB het besluit :

    1. Die terrein leen hom nie vir gewone avontuurkampe nie.
    2. Die terrein het sy eie intrisieke waarde in die natuur en wild.
    3. Vir die tipe avontuur wat op die plase beleef word is 'n span nie nodig nie.
    4. Die brief word saam met die besluite van die AJK-DB na die kampbediening verwys vir kennisname.

Kennis geneem.

      1. Die N G Kerk-Jeugboekhandel

Die sake by die N G Kerk-Jeugboekhandel verloop vlot. Daar is 'n goeie samewerking tussen die CLF-Uitgewers en die boekhandel. Die boekhandelpersoneel doen in die toekoms ook werk vir die CLF gedurende die stil tye van die jaar.

Die versendingsafdeling van die CLF-Uitgewers is na die N G Kerk-Jeugboekhandel toe verskuif.

Kennis geneem.

7.8.3 Finansiële Subkomitee van AJK

Die Finansiële Subkomitee van die AJK het aandag gegee aan die huidige tendense op finansiële gebied en die beste manier om beleggings te doen.

Fidelity Bank is tans nog solvent en ons behoort ons geld los te kry vir ander beleggings.

Die subkomitee gee aandag aan groter verspreiding van die fondse met 'n groter poel van kundighede.

7.8.3.1 Besluit

Die AJK neem met dank kennis van die manier waardeur die finansiële subkomitee die beleggings op so 'n kundige wyse hanteer.

7.8.4 Sondagskoolgebou

Mnr G Lotz gee aandag aan onderhandelings en verwikkelings insake die verhuring en moontlike verkoop van die Sondagskoolgebou.

Daar is nog nie 'n koper nie. Die gebou is 90% vol verhuur. Aandag is gegee aan heelwat opknappingswerk om aan die behoeftes van huurders te voldoen. 'n Sekuriteitstelsel moes by die gebou ingefaseer word.

Kennis geneem.

      1. Aftrede van mev S Swart en oorname van funksies deur CLF

Mev S Swart het einde 1999 op 60 jarige leeftyd afgetree.

Sy word nie weer vervang nie. Sy word jaarliks vir een jaar op kontrakbasis aangestel. Daarna sal sy die parkering by die Sondagskoolgebou hanteer.

Haar salaris word daarna aan CLF oorbetaal vir die dienste wat hulle lewer aangesien die finansies van die AJK gerekenariseerd hanteer word.

Die CLF het 'n nuwe rekenaarprogram gekry wat ook voorsiening maak om die AJK se finansies te kan hanteer.

Die CLF is bereid om teen 'n maandelikse fooi die funksies van die huidige rekenmeester oor te neem en al die fasette van die AJK se finansies te rekenariseer.

7.8.5.1 Besluit

Die AJK keur die hantering van die finansies deur die CLF goed.

7.8.6 Finansiële State

Die AJK dien jaarliks 'n begroting by die AKF in. Dit moes teen 15 Oktober ingedien word. Die begroting is ook aan die AJK-DB voorgelê.

'n Gekonsolideerde finansiële staat word aan die AJK-vergadering voorgelê.

(Bylae 5 van die Agenda)

Die volledige state is beskikbaar by die Sakebestuurder van die AJK.

7.8.6.1 Besluit

    1. Die AJK keur die finansiële state goed en besluit dat die voorsitter dit onderteken.
    2. Bedieninge word gevra om begrotings in te dien met die oog op effektiewe funksionering. (R200 000,00 is tot Augustus 2000 vir 'n interim goedgekeur (vgl punt 7.8.10.4)
    3. Die begrotings van die bedieninge word na die AJK-DB verwys om af te rond en by die algemene begroting in te werk.

7.8.7 Strategiese beplanning ten opsigte van uitgewers (OKKKM)

Die AJK werk nou saam met CLF, Bybel-Media, Lux Verbi en die AKKM.

Die voltydse amptenare is benoem om aandag te gee aan 'n struktuur vir nouer koördinasie.

'n Operasionele Koördinerende Komitee vir Kerklike Media (OKKKM) is gevorm en die voltydse amptenare dien daarin.

Die komitee het weer op 21 April 1999 vergader. Die komitee is ook ingeskakel by die AKKM en lede wat nie daarin dien nie, neem as adviserende lede sitting.

7.8.7.1 Terreinafbakening

Die huidige terreine van die verskillende rolspelers word kortliks geskets.

1. Tydskriftemaatskappy en CNW gee aandag aan kerklike tydskrifte en koerante, radio, TV, internetdienste en inligtingsdiens (soos Die Jaarboek).

2. Die nuutgestigte openbare maatskappy, naamlik Lux Verbi.BM, gee aandag aan plaaslike en ingevoerde boeke, elektroniese media (videos, DVD, klankkassette) Christelike musiek op CD en kasset, multimediaprodukte en toerustingsmateriaal.

3. Die AJK ontwikkel die N.G. Kerk se amptelike kategesemateriaal, toerustingsmateriaal vir jeugbediening en ander jeugverwante literatuur. Die AJK maak gebruik van die dienste van Bybel-Media en Lux Verbi vir die redaksionele versorging van sommige publikasies. Dit word deur die N.G. Kerk Jeugboekhandel en ander instansies soos Bybel-Media en Lux Verbi versprei.

4. Die CLF-Uitgewers hou homself besig met die voorsiening van Christelike lektuur in 'n verskeidenheid vorme en in verskeie amptelike tale. Die CLF is hoofsaaklik 'n sendingondersteunende instansie. Fondse word gegee vir die bevordering van sendingprojekte. Van die winste van die CLF-drukkers word ook hiervoor aangewend.

5. Die N.G. Kerk-Uitgewers voorsien amptelike kerklike - en liturgiese materiaal.

6. Bybel-Media het 'n pastorale diens en twee Bybelinstitute vir opleiding en uitreikaksies.

Die OKKKM aanvaar die huidige terreinafbakening en elkeen bepaal hom daarby. Afwyking hiervan sal nie gedoen word nie sonder wedersydse oorlegpleging en moontlike konsensus. Die AKKM word ook daarvan in kennis gestel.

7.8.7.2 Koördinering

Die beter koördinering van werksaamhede (voorheen is gepraat van afdelings) geniet aandag.

7.8.7.3 Gesamentlike projekte met Lux Verbi en CLF

Een van die resultate van die besoek aan die Verenigde Koninkryk en die boekeskou in Frankfurt, is gesamentlike projekte van Lux Verbi, CLF en die AJK.

Die AJK-DB het in November 1999 besluit:

    1. Die AJK het besluit om die kategesemateriaal op Internet bekend te stel en via Lux Verbi veral deur middel van internasionale verspreiders in die buiteland te versprei.
    2. Die AJK besluit om Lux Verbi aan te moedig om die pamflette van "Focus on the Family" te vertaal en te versprei. Die manuskripte wat reeds deur die AJK-lede vertaal is, word aan Lux Verbi deurgegee.
    3. Die AJK versoek dr L C Dressel en mnr G Lotz om meer besonderhede voor te lê vir spesifieke projekte wat as aanvullende materiaal moontlik teen 'n afslagprys vir kategete, ouers en kinders in samewerking met CLF en Lux Verbi beskikbaar gestel kan word.

Die sake geniet aandag.

7.8.7.4 Sinergering van Bybel-Media en Lux Verbi (Lux Verbi.BM)

Die proses vir die nodigheid vir samewerking en sinergering is afgehandel.

Samesprekings vir die sinergie van die bedryfsaktiwiteite van Bybel-Media en Lux Verbi in 'n openbare maatskappy is gevoer. 'n Sakeplan is voorberei.

Die AJK en CLF-uitgewers was betrokke by hierdie onderhandelings.

Die OKKKM het kennis geneem van hierdie onderhandelings en is dankbaar vir die vordering wat gemaak is.

Lede van die Dagbestuur van die AJK en CLF het op 29 April 1999 in Bloemfontein gesprek gevoer oor die sinergie en die moontlike inset van die AJK en CLF. Die volgende besluite is geneem:

1. 'n Ad hoc-kommissie van die Algemene Jeugkommissie en Christelike Lektuurfonds wys die aanbod van betrokkenheid soos in die sakeplan by Lux Verbi, Bybel-Media en die te stigte Bybellig Media van die hand.

Ter motivering: 'n Omvangryke kapitaalinset (soos in sakeplan) sonder beheer is onaanvaarbaar.

2. Die ad hoc-kommissie van die Algemene Jeugkommissie en die Christelike Lektuurfonds gee kennis van oorweging (onderworpe aan 'n volle verifiëringsondersoek) van verkryging van beheer oor die te stigte Bybellig Media.

3. Die Algemene Jeugkommissie en Christelike Lektuurfonds versoek die AKKM om 'n beginselbesluit te neem dat indien 'n aanbod realiseer wat Bybel-Media raak, die AKKM-DB dit kan goedkeur onderworpe aan sekere parameters.

4. 'n Soortgelyke kennisgewing van intensie sal aan die direksie van NGKU. gerig word onderworpe aan dieselfde terme en voorwaardes.

Die AJK het in Mei besluit:

1. Die AJK-DB sien dit as sy missie om die jeugbediening in die land te bevorder en die verspreiding van die Christelike boeke kan hierby ingesluit word.

2. Die AJK-DB besluit om voort te gaan met betrokkenheid by hierdie saak.

3. Die volgende persone word namens die AJK afgevaardig om die gesprek voort te sit met die direksies van NGKU en Bybel-Media saam met die CLF; drr J H G Gous, L C Dressel, O S H Raubenheimer:

Gesprekke is met Bybel-Media en Lux Verbi gevoer op 21 Mei en 15 Julie 1999 met die oog op moontlikheid van nouer betrokkenheid van die AJK (en CLF) by die nuwe maatskappy. Die AJK-DB het op 24 Mei besluit dat die AJK hom met die missie van die nuwe maatskappy kan vereenselwig en 'n prospektus word ingewag.

Na 'n ontmoeting met die dagbestuur van die AKF is besluit om nie betrokke te wees nie.

Dr J A Victor van Bybel-Media het egter versoek dat die besluit heroorweeg word.

Die lede van die AJK-DB het op 15 Julie van die verteenwoordigers van die direksie van NGKU en Bybel-Media in Kemptonpark ontmoet.

Meer toeligting is gegee oor die moontlike betrokkenheid van die AJK. Dit kom neer op een van drie moontlikhede:

    1. Rendemenderende finansiering (soos die ander beleggings by nie-kerklike instansies).
    2. 'n Kapitale bedrag waarvan op die korttermyn min of geen opbrengs verwag kan word (sg waagkapitaal). Die geld word in belang van die koninkryk gegee.
    3. 'n Donasie of geldstorting waarvoor geen opbrengs verwag word nie. Dit is ook geld wat geskenk word vir koninkrykswerk soos die ander donasies van die AJK. (VCSV en KEO).

Hierdie projek kan as 'n moontlike visionêre projek deur die AJK gesteun word.

Daar is gewag vir 'n verslag van die Sakebank voordat besluite oor enige moontlike betrokkenheid oorweeg word.

Die verslag is nie ontvang nie. Naspers het egter 50% aandeel in die nuwe maatskappy verkry. Prop Stephan Spies is die besturende direkteur van Lux Verbi.BM en ds Hans Linde is besturende direkteur van Bybel-Media en N G Kerk Uitgewers.

Kennis geneem van punte 7.8.7.1 7.8.7.4

      1. AJK fondse

Die besluit van die Algemene Sinode is:

    1. Die Algemene Sinode versoek die Algemene Jeugkommissie om alle reglemente van fondse en sinodale besluite oor fondse wat deur die Algemene Jeugkommissie beheer en bestuur word, aan die AKF voor te lê vir insae en ook daaroor met die AKF in gesprek te gaan.
    2. Die Algemene Sinode dra dit aan die AKF op om volledig verslag hieroor aan die ASK te doen en om, indien nodig, aanbevelings voor te berei wat voor die volgende vergadering van die Algemene Sinode kan dien.

Mnr G Lotz en dr L C Dressel het op 25 November 'n gesprek gevoer met mnr Danie le Roux van Naude's. 'n Verslag van Naude's is voorgelê.

Die Sakebestuurder het die dokumente soos genoem in die besluit aan die AKF oorhandig met die versoek dat ons in gesprek tree met hulle hieroor.

Mnr G Lotz en dr L C Dressel het op 10 Junie 1999 die AKF-vergadering begewoon om vrae te beantwoord en sake op te klaar.

Die AKF het versoek dat die dagbesture van die AJK en AKF mekaar ontmoet. Die ontmoeting het op 19 Januarie 2000 plaasgevind.

Die dagbesture het besluit om 'n memorandum op te stel waarin ondermeer aandag gegee word aan die norme waarvolgens die AKF kommissies se finansies behoort te hanteer of te benader. Dit sal eers deur die dagbesture bespreek word en dan sal 'n aanbeveling aan die ASK voorgelê word.

Kennis geneem.

      1. Arbeidswetgewing : Dienskontrak

Die dienskontrak met AJK-personeel (ook dr L C Dressel) het aandag geniet.

Die Kerkkantoor van Transvaal het die kontrakte van dr L C Dressel, mevv Kotie Wright en Lorraine Breedt hanteer.

Die kontrakte van die Bloemfonteinpersoneel is in Bloemfontein hanteer deur mnr G Lotz en sy personeel.

7.8.9.1 Besluit

Die optrede van die Dagbestuur word goedgekeur.

7.8.10 Toekennings 1999

7.8.10.1 Aansoeke om Finansiële Hulp

In Augustus 1999 is verskeie toekennings gemaak volgens die goedgekeurde

toekenningsbeleid aan instansies om jeugwerk te bevorder.

7.8.10.2 Wat is beskikbaar?

Die AJK het in 1998-99 'n besonder geseënde jaar gehad. Dit sal waarskynlik nie weer gebeur nie vanweë die dalende rentekoerse in die toekoms.

Volgens die formule van 5% van die beleggings was R1,7 miljoen beskikbaar.

Vir elke miljoen rand wat uit die sisteem geneem word, word ongeveer R150 000 per jaar aan inkomste verloor.

Daar kan met gemak R2,3 miljoen aan visionêre projekte bestee word.

Die AJK-DB het besluit:

    1. Die AJK-DB besluit om in 1999 R4 miljoen aan toekennings en visionêre projekte te bestee.
    2. Die AJK-DB bring se dank en lof aan die Here vir die wonderlike seën wat ons beleef.
    3. Die voorgangers en huidige personeel wat verantwoordelik was vir die kundige beleggings word in ere geroep.

7.8.10.3 Kriteria vir toekennings

Die volgende kriteria is weer eens gestel vir toekennnings:

    1. Jeuggerig.
    2. Primêr kerklik.
    • Sinodaal
    • Plaaslik
    1. Parakerklik.
    2. Vertroue hê in die instansie.
    3. Evangelies (koninkrykswerk).
    4. Bestaande verantwoordelikhede kry voorkeur.
    5. AJK eie sake is 'n hoë prioriteit.

Die AJK-DB het besluit :

1. Die AJK-DB besluit dat R100 000 as subsidie vir kategeseboeke aan marginale gemeentes geoormerk word.

2. Marginale gemeentes kry 'n brief van hulle sinodale kommissie vir fondse, wat bevestig dat hulle kwalifiseer vir die subsidie op kategeseboeke as marginale gemeente. Hierdie brief word ingesluit by die bestelvorm aan die N G Kerk Jeugboekhandel. Hulle aankope word met 25% uit die fonds gesubsidieer en die bepaalde bedrag word van hulle rekening afgetrek.

3. Die AJK se bedieninge word met R500,000 ondersteun. Dit word soos volg verdeel:

- funksionering van bedieninge R200 000.

- gekontrakteerde amptenare R170 000 en R130 000 vir ander werksaamhede.

    1. Die bedieningsontwikkelingswerkwinkel in Januarie 2000 word befonds met

R40 000.

5. Die middestadsjeugbediening word landswyd met R110 000 befonds. Die missionêre bediening van die AJK word versoek om die toekenning van hierdie bedrag te hanteer.

6. Die Joshua-beweging word met R10 000 gesteun.

7. Die jeugwerk in die Igreja Reformada em Mocambique word met

R280 000 befonds.

8. Die AJK gee R85 000 vir BUVTON se gesinsnavorsingspos vir twee jaar en daarna is die saak onderhandelbaar. Die Gesinsbedieningskommissie van die AJK en BUVTON se gesinswerkgroep neem gesamentlik verantwoordelikheid vir die gesinsbediening van die AJK.

9. Aan sinodes word R400 000 toegeken volgens die formule wat gebruik word deur die Algemene Sinode vir toekennings.

10.. SJK's wat nie aansoeke ingedien het nie se toekenning word in trust gehou totdat die sinode dit aanvra met verslag oor die vorige toekenning.

    1. SJK van Midde Afrika kry hulle normale toekenning van R5 000. Dit word verhoog met R10 000 en hulle kan dit bysit by die kapelaanspos te Eaglesvale.

7.8.10.4 Toekennings

7.8.10.4.1 Besluit

Die volgende toekennings deur die AJK-DB word goedgekeur.

 

INSTANSIE

1999

AJK EIE SAKE:

 

Struwig Trust

100 000

Navorsingstrustfonds

30 000

Reserwes

308 700

Onderwysopleidingstrustfonds

50 000

IKOO

10 800

BESTAANDE VERBINTENISSE:

 

Kinderbediening Hugenote Kollege

40 000

Andrew Murrayprysfonds

1 500

Studenteleraars en Leiers

25 000

Sentrum vir Jeugbediening Hugenote Kollege

30 000

Tydskriftemaatskappy:

Voorligter (50)

Kerkbode (15 + 20 000 Joernalistiek)

CNW-Info (15)

 

100 000

AKF - In belang van Jeug

100 000

ASSK:

Sendelingkinders

Kategeseboeke VGKSA en NGKA

100 000

15 000

CLF: Traktaatjies

15 000

Bedieningsfonds

50 000

Vakansieoordbediening

20 000

VGKSA/NGKA gesprekke

10 000

GER vir Afrika Konferensie

20 000

AKF Psalm en Gesangeboek

80 000

Jeuglied 2000

8 000

BUVTON:

 

Gesinskursus

15 000

Mema kindervideos

10 000

Jeugnavorsing: Ds Kitching

1 000

SCAS

10 000

Kapelaanspos Eaglesvale (Aan SJK SMA)

10 000

Wes-Kaap

93 000

Oos-Kaap

29 000

Noord-Kaap

18 000

Natal

15 000

Vrystaat

50 000

Wes-Transvaal

46 000

Noord-Transvaal

56 000

Suid-Transvaal

44 000

Oos-Transvaal

34 000

Namibië

7 500

Sinode Midde Afrika

7 500

TOTAAL : R400 000

 

VCSV

50 000

KEO

10 000

KEB

10 000

Studietrust

15 000

Bybeltjokkers

10 000

Paidion Kinderbediening

15 000

Projek Amos

10 000

Christian Education Zimbabwe

10 000

UNISA Godsdiensonderrigopleiding

10 000

SUBTOTAAL

1 700 000

VISIONÊRE PROJEKTE:

 

Bedieninge AJK (500 000 x 2)

1 000 000

Bedieningswerkwinkel

40 000

Kategeseboeke subsidie

100 000

Middestad bediening

110 000

Joshua-beweging

10 000

Jeugwerk Mosambiek (280 + 150)

430 000

BUVTON se gesinswerkgroep (85 x 2)

170 000

Reserwe

440 000

SUBTOTAAL

2 300 000

GROOT TOTAAL

4 000 000

7.8.10.5 Trustfonds vir Opvoeding en Onderwys

Drr L C Dressel en O S H Raubenheimer het 'n memorandum voorberei oor die moontlikheid van 'n trustfonds vir die opleiding van onderwysers.

Verkennende gesprekke is gevoer met die oog op samewerking vir die totstandkoming van die fonds en moontlike betrokkenheid:

# Dr Frits Kok: ATKV

# Mnr Hennie de Wet: FAK

# Mnr Pieter Martins: SAOU

# Prof Tien van Staden: Normaalkollege van Pretoria

Die AJK-DB het besluit:

1. Die AJK-DB keur die daarstel van 'n Trustfonds vir Onderwysopleiding goed.

2. Die AJK-DB open die fonds met R50 000.

3. Gemeentes word versoek om bydraes tot die Trustfonds vir Onderwysopleiding op 17 Oktober 1999 te maak.

4. Die AJK-DB besluit om Naudés Prokureurs te nader om 'n konseptrustakte voor te berei.

    1. Die AJK-DB besluit wie om te nader om mee te werk aan die fonds as stigterslede en om benoemings in die raad van trustees te maak. 'n Konsepakte is deur Naude's Prokureurs opgestel.

Kennis geneem.

8. KATEGESE

8.1 Vergaderings

Die Kategesekommissie het drie keer vergader.

Kennis geneem.

    1. Kategete kursus

Aandag is gegee aan 'n kursus vir kategete. Dit is as deel van die pakket, Jubel oor Jesus 2000, vrygestel.

Di H J Cronjé en C van Rensburg is besig om die kursus vir kategete vir 2001 op te stel. Daar sal op verhoudings gefokus word.

Kennis geneem.

8.3 Kategeseriglyne : Leesrooster BUVTON

Die werkgroep van BUVTON vir die leesrooster naamlik, ds F Marais, dr H Koornhof,

ds Andrew Bruintjies en ds E Orsmond het die Dagbestuur van die Kategesekommissie insake die riglyne vir kategese gebaseer op die leesrooster op 4 Maart ontmoet.

Die AJK het sekere beginsels en uitgangspunte vir die beoordeling van alternatiewe kategesemodelle goedgekeur.

Die projek bestaan uit 'n leesrooster vir lidmate. 'n Fokusteks hieruit word breër uitgewerk vir prediking. Dit is 'n geïntegreerde program daarom het persone gevra vir riglyne vir die kategese. Riglyne vir kleingroepe is tans ook in die proses om ontwikkel te word. In die kategese word die erediens en die fokusteks aldaar as vertrekpunt geneem.

Die Woord is sentraal, sowel as die belydenisskrif, gebed en praktiese uitlewing van hulle geloof en saambeleef van hulle getuienis saam met ander gelowe en godsdiensgroepe.

Die vertrekpunt, fokusteks, maak dit nie moontlik om al bogenoemde in te werk nie.

Die materiaal is in 'n eksperimentele fase. Dit is nie bedoel as kritiek teen die AJK se materiaal nie, dit is ander materiaal met 'n ander doel. Dit is om die gesprek rondom die erediens aan die gang te kry oor dieselfde teks waaroor Sondag gepreek is (ook by huisgesinne). Dit bied 'n basis vir gesinsgeloofsgroei.

Net gemeentes wat die preekrooster gebruik kan hierdie model gebruik.

Omdat die leesrooster met 'n drie jaar siklus werk is die voordeel dat die kinders drie keer deur die Bybel sal gaan.

Van die leesrooster is 20 000 verkoop, die preekstudies meer as 'n 1000 en van die riglyne vir kategese 600.

Die riglyne vir kategese word elke ses maande gepubliseer. Dit word met ingekome kritiek hersien en weer uitgegee. Hierdie is 'n gesamentlike projek van die NG Kerk en VGKSA.

Op 4 Maart is besluit:

1. Die Kategesekommissie en die werkgroep van BUVTON moet 'n pad vind om in die toekoms saam te werk.

2. Die Kategesekommissie kyk na die boeke en die gesprek word voortgesit.

3. Elke lid van die Kategesekommissie doen 'n evaluering van die boeke aan die hand van die vereistes vir kategese van die Algemene Sinode. Dit word in die agenda opgeneem en daarna word 'n samevattende evaluering gegee.

In Mei is besluit:

    1. Die leerplan en temas word van BUVTON aangevra - ook van die riglyne wat reeds veskyn het.
    2. 2. Verwys die boek na mnr Theo McFarlane, dr E van der Walt en dr Danie Dreyer vir kommentaar.

      3. Die kommissielede werk die boeke deur aan die hand van die riglyne van die Algemene Sinode vir alternatiewe materiaal.

      4. Kommentaar word ook gekry van gemeentes wat die riglyne gebruik. Ds Johan Conradie, ds Johan van der Merwe van George, en ander word genader indien ons van sulke persone weet.

      Reaksie is op skrif ontvang van ds Johan Conradie van Kimberley, dr Danie Dreyer,

      mnr Theo McFarlane, dr L C Dressel, ds M R Heyns.

      In Augustus is besluit:

      1. Die Kategesekommissie neem kennis daarvan dat die leesrooster 'n alternatiewe model is met 'n ander uitgangspunt, as wat die AJK het.

      2. Die werkgroep van BUVTON word in kennis gestel van die kommentaar wat ontvang is en indien hulle die Kategesekommissie wil ontmoet vir 'n verdere gesprek, kan dit DV op 17 November om 15:00 te Bybel-Media Wellington gedoen word.

      3. Die AJK word ingelig oor die gesprekke met BUVTON. Die terugvoer kan kortliks opgesom en voorgelê word.

      Verdere gesprekke met BUVTON staan oor tot na die AJK-vergadering.

      Kennis geneem.

      8.4 Term: aflê van belydenis van geloof

      Die SJK van Wes-Kaapland het aandag gegee aan 'n nuwe term vir aflê van belydenis van geloof en die AJK versoek om hieraan aandag te gee. (vgl Brief van SJK,

      Bylae 6, in die Agenda en Laatstukke Bylae 3)

      In Augustus is besluit:

      1. Die memorandum van dr J M G Prins oor belydenisaflegging word aangepas en voorgelê aan die volgende vergadering.

    3. Die saak word ook voorgelê aan die Kategesevernuwingskommissie en Kategeseboekekommissie.

8.4.1 Besluit

Die Kategesekommissie ondersoek die hele saak van belydenisaflegging in samewerking met die ARK en AKE met rapport aan die AJK-DB en die AJK in Februarie 2001.

    1. Kruislogika
    2. Die SDL is versoek om 'n gesprek met die opstellers van Kruislogika te voer.

      Ds M R Heyns en dr L C Dressel moet 'n gesprek met die opstellers van Kruislogika voer nadat die nuwe kategeseboeke verskyn het.

      Die saak geniet aandag.

    3. Nuwe kategeseboeke graad 4-10

Die nuwe kategeseboeke vir graade 4-10 is deur die Kategeseboekekommissie opgestel. Werkgroepe is in verskillende sinodes gevorm. Die boeke is aan teologiese en opvoedkundige adviseurs voorgelê. Dit is deur proefgemeentes uitgetoets. Daarna is die manuskripte weer verwerk. 'n Redaksiekommissie het dit afgerond. Lux Verbi het die boeke redaksioneel versorg. Ds Willie Botha van Bybel Media het 'n sleutelrol vervul. Die CLF-drukkers het die boeke gedruk en dit is deur die N G Kerk- Jeugboekhandel, Bybel Media en Lux Verbi versprei.

Die derde boek in die siklus vir graad 4-6 word vanjaar gedruk en in 2001 in gebruik geneem.

8.6.1 Besluit

    1. Die AJK bedank die Kategeseboekekommissie en die personeel van die verskillende werkgroepe, die adviseurs en proefgemeentes vir elkeen se bydra om 'n stel puik eietydse kategeseboeke op te stel. Die besondere rol van ds W J Botha word met dank vermeld.
    2. Lux Verbi en hulle personeel word bedank vir die professionele en puik manier waarop die redaksionele versorging gedoen is, dit sluit in die uitleg, voorblaaie en reklamepamflet. Die besondere rol van mnre Danny Fourie en Pete van Schaik word met dank vermeld.
    3. Die CLF word hartlik bedank vir hulle inset, veral vir die ure se oortyd wat gewerk moes word om die boeke voor die einde van 1999 te laat verskyn.
    4. Die N G Kerk-Jeugboekhandel word bedank vir die onvermoeide ywer om al die bestellings voor die skole in Januarie begin het, uit te voer.
    1. Bemarking en bekendstelling van die kategeseboeke vir Graad 7-10

Die AJK het in Februarie 1999 besluit:

    1. 'n Bemarkingsplan word saam met kundiges uitgewerk met die oog op die bekendstelling en bemarking van die kategeseboeke. Die Dagbestuur gee met volmag hieraan aandag.
    2. SJK's kan bemagtig word om die kategese te bevorder by onder andere ringsbyeenkomste.
    3. SJK's berei hulle voor om die noodsaaklikheid en beginsel van die kategese te bevorder.
    4. Ouers moet ook in die bemarking in die oog gehou word, veral omdat by hulle die persepsie bestaan dat kategese nie meer nodig is omdat kinders toegelaat word tot die nagmaal.
    5. Bemarking kan ook tydens die sinodesittings in September gedoen word.

Die Kategesekommissie se aanbevelings is goedgekeur:

1. Sinodesittings

1.1 Die video maksimum kategese word vertoon.

1.2 Inligting oor die vernuwing, gees en rigting van die nuwe kategeseboeke word in die SJK-verslag opgeneem.

1.3 'n Uitstalling word gehou van die nuwe kategeseboeke.

2. Ringsaamtrekke

2.1 SJK's word versoek om saamtrekke vir groepe/ringe in groot sentras vir kategete van graad 7-11 en leraars te reël. Dit kan in Oktober of November 1999 gedoen word tydens 'n aand of naweekbyeenkoms.

2.2 Ds W J Botha werk 'n konsepprogram hiervoor uit, met 'n paar transparante.

2.3 Die Kategeseboekekommissie word as paneel sprekers aanbeveel op koste van die AJK.

2.4 SJK's stuur die besonderhede van die reëlings aan die AJK se kantoor met die oog op koördinasie.

3. Media

3.1 'n Kleurbladsyadvertensie word in Die Nuwe Voorligter en Die Algemene Kerkbode geplaas.

3.2 'n Kleurafdruk van die advertensie met die nodige inligting word as los invoegbladsy in die kategeseboeke van die katkisante ingevoeg. Agterop hierdie advertensie word inligting vir ouers gegee.

4. Ouers

4.1 Dr J M G Prins word versoek om kortliks inligting te voorsien wat agterop die advertensie gedruk kan word.

5. Gemeentes

5.1 Die volgende instansie word gevra om riglyne te voorsien hoe om die 30% onbereikte gemeentes en ouers te bereik: CLF, Lux Verbi en Bybel-Media.

6. Begroting

Die begroting vir hierdie projek is R30 000.

 

8.8 Opleidingsvideo vir Graad 7-10

Die Kategeseboekekommissie het in Februarie 1999 besluit:

1. Versoek AJK om 'n opleidingsvideo te maak vir Graad 7-10.

2. Bybel-Media word versoek om dit te doen.

3. 'n Konsepdraaiboek word in Mei voorgelê.

Die AJK-DB het besluit:

    1. Die totale bedrag vir die maak en gratis verspreiding van die video word op

R45 000 bepaal.

Kennis geneem.

8.9 Engelse kategeseboeke

Die Engelse gemeente in Johannesburg en die ASSK het die AJK versoek om die huidige kategeseboeke in Engels te vertaal. Dit word dan breër bemark, veral ook in Midde-Afrika. Die CLF sal die boeke druk.

Die Engelse gemeentes het aangbied om die vertalings te doen.

Die AJK-DB het op 13 Mei besluit dat mnr G Lotz en dr L C Dressel marknavorsing doen.

Die Kategesekommissie het in Mei besluit:

    1. Kennis geneem van die brief van ASSK.
    2. Die boeke sal baie gesubsidieer moet word.
    3. Die boeke is nie vir Afrikakonteks geskryf nie, dit sal heeltemal oorgewerk moet word.
    4. Die VGKSA het nog 'n groot voorraad van hulle eie boeke en streef na 'n eie identiteit. Die NGKA het ook 'n eie boek.
    5. Die terugvoer van die marknavorsing was baie swak. Die mark is te klein om die boeke te druk. Die vertalers kan voortgaan en dit kan op 'n rekenaar uitgedruk en afgedruk word.

Die Andrew-Murray gemeente in Johannesburg werk aan die vertalings. Die AJK neem weer eens kennis van die behoefte, maar dat die mark tans baie klein is.

    1. Evaluering Kategeseboeke Graad 1-11

Die evaluering van die nuwe reeks kategeseboeke is by die AJK-vergadering in 1999 bespreek.

Die AJK het besluit:

    1. Die Kategeseboekekommissie stel 'n paar kort vrae op en evauleer na twee jaar se gebruik van die boeke, op 'n ewekansige steekproef, die ontvangs en gebruik van die boeke.
    2. 'n Evalueringsvorm kan ook agterin die boeke vir seniors ingevoeg word.
    3. Die boeke sal waarskynlik eers aan die begin van Desember verskyn.

8.10.1 Besluit

    1. Dit was nie haalbaar en uitvoerbaar om evalueringsvorms in die boeke te sit nie.
    2. Op 'n gestruktureerde manier word na 2 jaar se gebruik evaluering van die nuwe kategeseboeke gedoen.

8.11 Nuwe Belydenisklasboek

Die SJK van Suid-Transvaal se voorlegging is deur die AJK in Februarie 1999 behandel ten opsigte van die belydenisklasboek. Die versoek is om Bely en Lewe 1 te vervang. Onderrig, viering en diens ontbreek en die metodiek is stereotiep.

Die AJK het besluit:

    1. Die AJK besluit om 'n nuwe kategeseboek vir die belydenisklas te skryf.
    2. Die belydenisskrifte word as los bylae gedruk en ook as addendum by Bely en Lewe 1 opgeneem.
    3. Die wysigings aan Bely en Lewe 1 soos voorheen besluit, word as interim gedoen.

Die Kategeseboekekommissie het in Mei besluit:

    1. Die boek van Suid-Transvaal word ontvang en wanneer aan die nuwe belydenisklasboek gewerk word, geniet dit aandag.
    2. Gemeentes kan versoek word om boeke of materiaal wat hulle vir die belydenisklaskategese gebruik aan die kommissie voor te lê met die oog op 'n nuwe boek.
    3. Die saak staan oor tot volgende jaar.

Kennis geneem.

    1. Terugvoer van werkwinkel oor bedieninge Januarie 2000

Ds Roché Heyns gee terugvoer oor die werksbyeenkoms te Nevenbergh-kampterrein in Januarie 2000. (Vgl Laatstukke Bylae 2, Bylae A bl 26).

Kennis word geneem van die visie, situasie-analise en projekte.

8.12.1 Belydeniskategeseboek

Die Kategeseboekekommissie gee aandag aan die nuwe boek vir belydeniskategese.

Die AJK neem kennis van die verslag van die Kategeseboekekommissie en die vraelys aan dominees.

Die AJK word in werkgroepies verdeel om te praat oor watter onderwerpe in die nuwe boek vir die belydenisklas opgeneem behoort te wees. Die verslae word na die Kategeseboekekommissie verwys vir aandag.

8.12.2 Kategese-instituut

Die AJK neem kennis van die droom van die Kategesebediening oor 'n kategeseinstituut.

'n Brief van prof P G J Meiring word voorgelê met die aanbod dat so 'n instituut by die Universiteit van Pretoria gevestig kan word (bylae A by hierdie notule).

8.12.2.1 Besluit

    1. Die AJK kontrakteer 'n persoon/e om 20% van sy/hulle tyd te gebruik om navorsing te doen oor die moontlike kategese-instituut. Samewerking van ander kerke en rolspelers word gesoek. 'n Volledige voorlegging met 'n begroting word aan die AJK-DB voorgelê.
    2. Die brief van prof Piet Meiring word na die AJK-DB verwys om saam met die voorlegging te hanteer.

9. OPVOEDING EN ONDERWYS

9.1 VCHO

Die AJK het in Februarie 1999 'n verslag oor die VCHO behandel en besluite geneem. Die verhouding met die VCHO moet deeglik aandag kry. Gesprekke is gevoer.

Verdere ontmoetings met 'n afvaardiging van die VCHO word be-oog waar die ooreenkoms met die VCHO ondermeer verder bespreek sal word.

Die brief van ds Connie Bester aan die Moderamen van Noord-Transvaal is voorgelê na aanleiding van besluite van die Sinode van Noord-Transvaal.

Die Dagbestuur het in November besluit:

1. Die AJK-DB besluit dat 'n gesprek deur drr O S H Raubenheimer, J H G Gous en L C Dressel met die VCHO gevoer word oor ondermeer die verskil in standpunte en die implikasie van Artikel 68 van die Kerkorde.

2. 'n Brief word daarna aan alle gemeentes gestuur om die standpunt te verduidelik.

Die ad hoc-kommissie sou op 2 Desember vergader. Die VCHO kon nie teenwoordig wees nie. Die gesprek is uitgestel tot 2000.

9.1.1 Besluit

    1. Die AJK meen dat 'n onbillike aanval in Die Roeping en Riglyne gemaak is teen dr Ockie Raubenheimer, voorsitter van die Subkommissie vir Opvoeding en Onderwys van die AJK terwyl hy die standpunt van die Algemene Sinode gestel het.
    2. Die standpunt van die Algemene Sinode oor opvoeding en onderwys is in 1998 gewysig. (Bylae A 6-2 met byvoeging van punt 4.3. Vgl Agenda bl 122-123, Handelinge bl 431). 'n Voorstel wat ingedien is oor onderwys in kultuurverband is nie goedgekeur nie. (Handelinge

bl 431)

3. 'n Gesprek word met die VCHO hieroor gevoer.

9.2 Godsdiensonderrig op skool

Die minister het op 5 Junie 1998 in die Staatskoerant aangekondig dat nominasies vir 'n komitee om 'n konsepbeleid vir godsdiensonderrig in Suid-Afrikaanse skole ingewag word.

Die komitee het sy werk afgehandel en die verslag aan die minister oorhandig.

Die aankondiging van die minister word ingewag.

Daar is 'n behoefte aan riglyne vir aanbieders. Die IKOO en CEM gee hieraan aandag.

Wat die riglyne betref kan daar nie nou al begin word om te werk aan die riglyne voordat die opsies aangekondig is nie. Daar is behoefte aan 'n katalogus van dit wat reeds beskikbaar is en die Jeugboekhandel kan as 'n depot dien en die materiaal help versprei.

Die SOO het hieraan aandag gegee.

Kennis geneem.

9.3 IKOO-beraad

Die IKOO het op 2 September 1999 'n beraad by die Universiteit van Pretoria met die tema: Hulpmiddels vir godsdiensonderrig op skool gehou.

'n Kort samevatting is in die IKOO-nuusbrief opgeneem. (Bylae 7 van die Agenda)

9.4 IKOO-reglement

Die gewysigde reglement word voorgelê. Dit is deur die AJK-DB goedgekeur.

(Bylae 8, van die Agenda)

9.4.1 Besluit

Die reglement van die IKOO word goedgekeur.

9.5 Samesprekings met Gauteng Departement van Onderwys

Gesprekke is gevoer met die Gauteng Departement van onderwys. Meer inligting word hieroor gegee.

Die moontlikheid bestaan dat gemeentes van die N G Kerk 'n sekere publieke skool in Soweto, Alexandra en Sebokeng "aanneem" en ondersteun.

'n Inligtingsdokument word deur dr O S H Raubenheimer opgestel en sal aan die DB

voorgelê word. Dit kan later landwyd op verskillende plekke geïmplementeer word.

'n Begroting moet ook voorgelê word met die oog op 'n visionêre projek.

Kennis geneem.

9.6 Deeltydse hulp vir Opvoeding en Onderwys

Dr Raubenheimer se kontrak vir dienste gelewer aan die AJK ten opsigte van opvoeding en onderwys is net vir een jaar aangegaan.

In Januarie 1999 is besluit:

1. Die status quo word gehandhaaf tot en met die einde van April 1999. Die kerkraad word so ingelig en verdere onderhandelings word dan hieroor gevoer.

Die AJK behoort hiervan kennis te neem en waar moontlik saam te werk.

2. Verslag word gelewer oor die bespreking van die SOO oor die beste wyse om die opvoeding en onderwyssake te hanteer.

Die AJK-DB het in Mei besluit:

1. Dr O S H Raubenheimer word vir twee jaar gekontrakteer om deeltyds vir die AJK die opvoeding en onderwys te behartig.

    1. Die gemeente Lynnwood ontvang R5 000 per maand om pastorale hulp vir

dr Raubenheimer aan te stel wat 50% van sy verpligtinge oorneem.

4. Dr Raubenheimer se sekretaresse word tussen R500 - R800 pm. gegee met die oog op 'n bydrae vir dienste gelewer in hierdie verband.

5. Dr Raubenheimer ontvang 'n bedrag per maand vir dienste gelewer aan die AJK.

6. Daar word dus nie nou 'n voltydse persoon aangestel nie. Die saak word na twee jaar weer in heroorweging geneem.

7. Meer spesifieke diensomskrywing word opgestel deur drr O S H Raubenheimer,

L C Dressel en mnr G Lotz en deur die AJK-Dagbestuur en kerkraad goedgekeur.

9.6.1 Besluit

Met dank goedgekeur.

9.7 Biddag vir Opvoeding en Onderwys

Die SOO het besluit dat die tema vir die Biddag vir Opvoeding en Onderwys in 1999 oor die vestiging van morele waardes handel.

'n Kollekte, as bydrae vir die trustfonds vir onderwysersopleiding, is ook opgeneem.

'n Netjiese brosjure, met ondermeer die volgende inligting, is aan gemeentes gestuur met die oog op die biddag op 17 Oktober 1999.

    • Morele waardes vir die ouers, kinders en onderwysers.
    • Praktiese wenke vir die vennootskap : ouerhuis, kerk en skool.
    • Riglyne vir 'n erediens met die oog op opvoeding en onderwys.
    • Trustfonds vir Onderwys. Gemeentes is versoek om tydens die eredienste op die Biddag vir Opvoeding en Onderwys 'n spesiale kollekte op te neem ten bate van die trustfonds vir onderwys.
    • Pamflet : "Kom swot onderwys en maak 'n verskil" (los pamflet ingesluit).
    • Pamflet : Ons gesin dien die Here.
    • Pamflet : Die belangrikheid van die gesin.

9.7.1 Besluit

Die AJK doen navraag by die ASK waarom die Biddag vir Gesondheidsdienste saamval met die Biddag vir Opvoeding en Onderwys. Laasgenoemde is reeds jare gelede deur die Algemene Sinode as biddag bepaal op die tweede Sondag van Oktober.

9.8 Kursus Toerusting van onderwysers Hugenote Kollege

Die AJK het in 1999 besluit om die Hugenote Kollege te nader om 'n kursus vir die toerusting van Christen onderwysers in te voer.

Die Rektor het op 10 Desember aangedui dat die Kollege graag so-iets wil doen en dat 'n ondersoek gedoen moet word. Van die AJK sal 'n finansiële bydra waarskynlik verwag word. (Bylae 10, van die Agenda)

Kennis geneem.

    1. Onderwys 2000
    2. Dr Ockie Raubenheimer het aan die AJK 'n dokument voorgelê oor Onderwys 2000. (Bylae 11, van die Agenda)

      Kennis geneem.

    3. Terugvoer van die werkwinkel oor bedieninge Januarie 2000
    4. Dr Ockie Raubenheimer dra die resultaat van die werkwinkel voor. (Bylae B van die Laatstukke)

      Die AJK neem kennis van die droom, doelwitte, projekte (en projekleiers en werkwyse.

    5. VCSV

Ds Cassie Carstens lig die AJK in van die nuutste ontwikkelinge en aktiwiteite op die terrein van die VCSV. Net vier word uitgelig.

    1. Jubelfeeste. Die projek is geloods op grond van Jes 43:19. Die doel is dat die jeug pret moet hê deur musiek, ervaringsleer, "gladiators"-projek en "foam-parties". Die boodskap is raak vry en begin nuut. (Vgl Lig van Februarie)
    2. Genadebusse. Busse met oop dakke word geverf en hulle gaan deur dorpe ry. Minderbevoorregtes word gratis na jubelfeeste geneem.
    3. Uitreike na verskeie dele van Afrika en die wêreld word gereël.
    4. Veldwerkers wil hande vat met gemeentes. Die VCSV kan nie meer personeel bekostig nie. In elke swart fokusarea word 'n veldwerker beoog. Hy benodig

R1 500,00 per maand. Die persoon werk dan met die ondersteuning van 'n gemeente.

Wat die skolebediening betref gaan die laerskoolbediening drasties uitgebrei word. Wat die hoërskool betref word gefokus op leieropleiding. Die onderwysers word opgelei. Ouerskapseminare word gereël. Onderwysersmotiversingseminare word saam met die jubelfeeste aangebied.

"Rigtersopleiding" fokus op jong sakemanne om hulle betrokke te kry by die jeug as "Rigters vir môre". Dit is nie soseer 'n VCSV-projek nie, maar tot voordeel van die hele kerk.

  1. INFORMASIETEGNOLOGIEBEDIENING (ELEKTRONIESE BEDIENING)

10.1 Deeltydse hulp vir informasietegnologie

Die AJK-DB het besluit:

    1. Die AJK kontrakteur ds C van Rensburg van Mondeor (deeltyds). Hy tree as 'n koördineerder/fasiliteerder op.
    2. Die kontrakwerker sal veral die inligting op die databeen van die webbladsy op datum hou EN die jeugbeen uitbou (o.a. die forums) en skakel met CNW-internet.
    3. Die kontrak sal vir 8 maande wees en hernu kan word indien fase 3 nie realiseer nie.
    4. Ds C van Rensburg sal 25% van sy tyd hieraan spandeer.
    5. Hy reël doelbewuste kursusse met die oog op die gebruik van die Internet. Dit geskied in samewerking met die kommissie vir Elektroniese Media en CNW-internet.
    6. Met die uitbou van die jeugbeen, moet die studentebediening voorkeur geniet. Dit vind plaas in samewerking met Stellenbosch.
    7. 'n Begroting moet vir die kontrakwerk opgestel word vir punte 1,2,3,4,5. Dit geskied in samewerking tussen die Kommissie vir Elektroniese Media, die kontrakwerker en die AJK-DB.
    8. Keerdatum : 31 Mei 2000.
    9. Dr L C Dressel en mnr G Lotz gee aandag aan die kontrak met die kerkraad van Mondeor.

Ds C van Rensburg het baanbrekerswerk vir die AJK gedoen.

Die AJK se webbladsy is reeds op internet geopen.

Groot dank is verskuldig aan dr en Mev Froneman, Karin van Rensburg en Michael van Niekerk van CNW-Info en ds Charl van Rensburg.

Die webbladsy word voortdurend verander. Programsketse word weekliks opgesit. 'n Vraerubriek vir jongmense is begin.

10.1.1 Besluit

Die AJK keur die optrede van die Dagbestuur goed en neem met dank kennis van die groot werk wat reeds gedoen is op hierdie terrein deur ds C van Rensburg en ander.

    1. Terugvoer van die werkwinkel oor bedieninge Januarie 2000
      1. Verslag
      2. Die verslag in die laatstukke van die AJK word vervang met 'n stuk wat by die vergadering uitgedeel is.

        Die AJK neem kennis van die agtergrond, uitdagings vir die bediening, visie en missie, projekte en behoeftes.

      3. Wenke aan die Informasietegnologiebediening

Die volgende gedagtes van die AJK-lede word aan die IT-bediening deurgegee:

    1. Die volgende inligting behoort op internet te wees:
    • 11 Bedieninge en wat hulle beplan en doen.
    • KJA's
    1. Fliekresensies is beskikbaar
    • Link na Christelike movies : www.christianmovies.co.za
    1. Gereelde medewerkers behoort betaal te word.
    2. Groepleier is noodsaaklik om jeuggroep met rekenaars te begelei bv 'n rekenaarskamp of dag of naweek.
    3. Die jeugbeen sal ook ontwikkel moet word en maklik gevind kan word.
    4. Die redakteur van IT is baie noodsaaklik. Meer van Charl se tyd moet uigekoop word of nog personeel moet ingekoop word.

Charl word versoek om te konsentreer op insameling van informasie (vgl lys name by hierdie notule Bylae B)

10.2.3 Besluit

    1. AJK begroot sodat elke SJK se skakelpersoon vir 'n een of twee-dag IT-
    2. konferensie byeenkom.

    3. Die skakeling tussen die AJK en die personeel van die bedieninge word deur die AJK-DB uitgeklaar.
    4. Die Dagbestuur onderhandel met die kerkraad van Mondeor om die dienste van ds Charl van Rensburg te verleng.
    5. Die uitbou van IT kan 'n visionêre projek word.
    6. Graeme Codrington se informasie oor werkwinkels word aan al die AJK-lede gestuur.
  1. MISSIONêRE BEDIENING
  2. 11.1 Verslag van AJK-DB

    Die AJK-DB het in 1999 'n totaal R640 000 aan sending toegeken.

    Die Missionêre Bediening het toekennings gemaak vir die middestadbediening.

    'n Subkommissie vir die Missionêre Bediening in Mosambiek is gevorm. Die kommissie het op 4 Oktober vergader om veral aandag te gee aan die funksionering van die jeugspan wat gevorm gaan word.

    Die ASSK is versoek om die verskillende projekte in Mosambiek te koördineer.

    Kennis geneem.

    1. Terugvoer oor die werkwinkel oor bedieninge Januarie 2000
      1. Verslag

Ds Teyo Smit gee terugvoer oor die bediening se visie en missie, wat beplan word en deur wie. (Laatstukke Bylae D)

11.2.2 Wenke

Die volgende gedagtes of wenke word deur die AJK-lede aan die Missionêre Bediening deurgegee:

    1. Die middestadbediening kan 'n konferensie hou om hulle werk te bespreek: behoeftes, probleme en uitdagings.
    2. Die middestad van Johannesburg het totaal verander. Daar is tans 90 jeugwerkers
    3. in die gemeente Johannesburg. Hulle het steun en voorbidding nodig.

    4. Inligting is nodig oor watter gemeentes in die land uitreike het en waarheen. Die bediening kan as skakel optree. 'n Databasis kan op internet geplaas word. Netwerk kan die hooftaak van hierdie bediening word.
    5. Die kinderhuise, bv Jakaranda in Pretoria, het 'n sendingveld geword.
    6. Samewerking met die VCSV is noodsaaklik bv saam met die Tembisaspan. Daar is baie uitreikgeleentheide.
    7. Angola is 'n braakland waarop ons moet fokus.

12. KINDERBEDIENING

    1. Werkwinkel : Nuut gedink oor kinderbediening

Die AJK-verteenwoordigers van die onderskeie sinodes is genooi na 'n byeenkoms wat deur die ad hoc-kommissie vir kinderbediening van die AJK gereël is op 12 Augustus 1999 in Pretoria oor die tema : "Nuutgedink oor kinderbediening". Dr Leon van Zyl van Wellington het dit gelei.

By die werkwinkel is besluit dat die SJK van Wes-Kaapland aan alle gemeentes landswyd informasie stuur oor watter ringskursusse hulle ontwikkel het vir die JKJA-leidsters, hulle hulpmiddels en kwartaalblad, Die Touleiertjie. 'n Oorweldigende reaksie is ontvang en gemeentes vanoor die hele land het bestellings geplaas.

Kennis geneem.

12.2 Kinderbedieningsforum

Die Kinderbedieningsforum het op 8 & 9 November 1999 in Bloemfontein vergader. Die verslag is aan die Kinderbediening voorgelê.

Kennis geneem.

12.3 Verteenwoordiging in KEO en KEB

Die AJK-DB het besluit dat die AJK nie weer 'n verteenwoordiger in KEO en KEB benoem nie, maar die betrokke SJK hou voeling met die Kinderbedieningsorganisasie in hulle gebied.

Vir 'n tussentyd word dr L C Dressel aangewys as koördineerder in samewerking met SJK's.

Kennis geneem.

12.4 Terugvoer van die werkwinkel oor bedieninge Januarie 2000

Ds Elmore Kirsten gee terugvoer oor die visie, missie en projekte van hierdie bediening. (Laatstukke Bylae E)

12.4.1 Wenke

Die volgende gedagtes of wenke word deur die AJK-lede aan die Kinderbediening gegee:

    1. Daar is heelwat raakvlakke tussen Kinder- en Gesinsbediening en daarom behoort die twee bedieninge nou saam te werk.
    2. Ma's met klein kinders, wat gewoonlik by kinderbediening betrokke is, gaan moeilik vir 'n week of maand of langer betrokke kan wees by kursusse of werkwinkels.
    3. Die wyse waarop die SJK's betrokke kan wees moet in ag geneem word.
    4. Die aanbieding van die kursusse behoort ook na-ure gedoen te word.
    5. SJK's kry geleentheid om name op die lys te plaas met die oog op die opleidingspan van 10 persone. (Vgl Bylae C by hierdie notule)
    6. Die insette van die Kinderbedieningsaksies buite die kerk kan nader getrek word en daar kan gekyk word waar terreinoorvleueling is en te verneem hoe hulle betrokke kan wees.
    7. Skakeling behoort gesoek te word by die kategese-instituut.
    8. Die Kinderbedieningskursus van Hugenote Kollege in Wellington behoort van kennis geneem te word.
    9. Dit is nie nodig om nuwe stof te ontwikkel nie, daar is baie stof op die mark wat gebruik kan word. Leiding kan gegee word hoe om dit prakties toe te pas.
    1. Kinderkrans of JKJA

Mev Christa Theron kry geleentheid om iets mee te deel oor die JKJA of Kinderkrans. Die visie en missie van die JKJA in Wes-Kaapland is:

    • Dat elke kind die Here sal dien met hart en mond en hand.

Hulle wil die kind terugbring na die Here en die kerk. Die JKJA het 'n netwerk van onder na bo en bo na onder. Al die JKJA's in die Wes-Kaap werk saam soos weerspieël in die Touleier-blaadjie. Die leidsters en kinders werk saam aan jaarprojekte.

1999 : Speel-speel tot sy eer

2000 : Pre-tiener planne, poppe en programme

2001 : Praktiese hulpmiddels

Jaarliks word konferensies gehou en leiding gegee.

Of 'n mens dit "Kinderkrans" of wat ookal noem, solank daar met die laerskoolkind in die gemeente gewerk word.

Hulle gebruik "Wenke wat werk".

Die Kinderkrans is ook sendinggerig.

Daar is 'n behoefte aan kontak met die ouers.

Mans is belangrik vir die Kinderkrans.

Die Touleiertjie en ander hulpmiddels vir die Kinderkrans kan direk van die Jeugkantoor van Wes-Kaapland bestel word.

Kennis geneem.

13. GESINSBEDIENING

13.1 BUVTON : Gesinswerkgroepe

BUVTON het reeds vir 2 jaar werkgroepe oor gesinsbediening. Akademiese stof word ondermeer ontwikkel en dr Raubenheimer is versoek om hieraan mee te werk.

Die AJK-DB het besluit om by BUVTON se gesinsbedieningsgroep in te skakel en dat hulle die gesinsfaset namens die AJK hanteer.

Vanaf 2-5 Augustus het die werkgroep weer vergader. Don Browning van die VSA het 'n werksbyeenkoms gelei.

Kennis geneem

13.2 Gesinsnaweek

Dr W A Pretorius is afgevaardig om namens die AJK die gesinsnaweek van BUVTON by te woon en verslag te doen.

Kennis geneem.

    1. Terugvoer van die werkwinkel oor bedieninge Januarie 2000

13.3.1 Verslag

Dr Willem Pretorius gee terugvoer oor die bedieninge se visie, missie en navorsingvoorstel. (Laatstukke Bylae F)

13.3.2 Wenke

Die volgende gedagtes of wenke word deur die AJK-lede aan die Gesinsbediening gegee:

    1. Die terreine van die bedieninge kan nie waterdig geskei word nie. Gesinsbediening en Kinderbediening behoort in baie opsigte saam te werk.
    2. Inligting behoort deurgegee te word oor enkel-ouergesinne.
    3. 'n Databasis kan opgestel word oor gesinskampe en gesinsaktiwiteite.
    4. Kinders het ook 'n funksie om die hele gemeente te dien 'n gemeente sonder kinders ly skade.

14. MUSIEKBEDIENING

14.1 Jeuglied 2000

Die SJK van Wes-Kaapland het gepoog om vars nuwe jeugliedere te bekom.

'n Kompetisie is gereël.

Die AJK het R18 000,00 geskenk na 'n voorlegging van die SJK van Wes-Kaapland.

Die pryswennerskonsert is op 15 Oktober in die Bellville Stadsaal gehou.

Meer as 'n honderd liedere is gekeur en voorgelê vir be-oordeling. Die beste liedere sal ook voorgelê word aan die Psalm en Gesangekommissie.

Die Dagbestuur het kennis geneem van die verslag en aanbevelings en dit verwys na die Musiekbediening.

Kennis geneem.

14.2 Partituurboek vir kitaarbegeleiers

Ds J C Carstens, skriba van die Gesamentlike Gesangekommissie en sameroeper van die AJK se Musiekbediening versoek dat die AJK 'n partituurboek van 'n seleksie van die nuwe Psalms en Gesange vir kitaarbegeleiers saamstel en uitgee.

Die versoek is deur die AJK-DB na die Musiekbediening van die AJK vir 'n aanbeveling verwys.

14.2.1 Besluit

Die aanbeveling van die Musiekbediening word goedgekeur:

Ons beveel aan dat die AJK hierdie projek dryf. Ons wil egter die volgende 2 sake beklemtoon:

    1. Ons wil, met die hulp van kundige musikante, self besluit watter liedere geskik is vir kitaarbegeleiding.
    2. Ons wil die vryheid hê om die toonaard van liedere te verander waar dit nie kitaarvriendelik is nie.

14.3 Terugvoer van die werkwinkel oor bedieninge Januarie 2000

14.3.1 Verslag

Ds Nelius Steyn gee terugvoer oor die bediening se visie, missie en projekte. (Laatstukke Bylae G)

14.3.2 Wenke

Die volgende gedagtes of wenke word deur die AJK-lede aan die Musiekbediening gegee:

    1. Jongmense moet gelei word, maar ook opgevoed word ten opsigte van hulle musieksmaak.
    2. Sang moet vir kinders lekker wees.
    3. Daar moet gelet word daarop dat die aard van die musiek en die liriek bymekaar pas.
    4. Daar sal moet gedink word aan langtermyn CD's en nie net een CD nie. Verskeie gemeentes maak reeds CD's bv Tukkies en Oosterlig.
    5. Die jeug het bepaalde behoeftes waaraan voldoen moet word.
    6. As ons 100 sangbegeleiers kan oplei, sal ons deur die opleiers 'n sekere sangkultuur skep. 'n Diensjaarspan kan opgelei word.
    7. Die brug tussen oud en jonk moet 'n tweerigting verkeer wees. Die jeug moet hulle met die gmeente kan identifiseer. Saam moet hulle makaar se onderskeie musieksmake waardeer. Daar moet balans, begrip en sensiwiteit wees.
    8. Die SJK's kan nie elkeen afsonderlik nuwe liedere evalueer nie. Dit behoort aan die AJK opgedra te word om dit te doen.
    9. Dr Coenie Burger het versoek dat deur BUVTON en die SJK van Wes-Kaapland 'n behoorlike empiriese opname gemaak word van wat gesing word. 'n Persoon kan uitgekoop word om behoeftes te bepaal. Die jong musiekleiers kan geslyp word deur beter teologie en liturgie te leer.
    10. Die versoek kan na die musiekbediening verwys word.

    11. Ds Dirk Taljaard se studie by die Hugenote Kollege oor lofprysing kan deurgewerk word.
    12. Ds Ben van Tonder van Eldoraigne het 'n filosofie vir liederebediening geskryf en 'n CD van verskillende groepe gemaak.
    13. Een van die kursusse van Graeme Codrington van The Edge oor musiek kan aanbeveel word.
    14. Me R Jansen is 'n bekende liedskrywer van Kwazulu-Natal, wat een van die Wes-Kaap se Jeuglied 2000 se pryse gewen het.
    15. Daar is liedere wat die wêreldkerk sing en daarvan moet kennis geneem word.
    16. Die kommissie kan kundiges betrek by bepaalde projekte.

15. KAMPBEDIENING

15.1 Abseil

Die AJK-lede neem deel aan 'n abseil-projek by 'n brug van ongeveer 45 meter hoog digby Achterbergh. Voor die tyd is persone in klein groepies begelei en na die tyd is deeglike bespreking gehou oor ondermeer hoe om die saak in die jeugbediening te gebruik. (Briefing and de-briefing)

Dit is 'n bedieningsmoontlikheid waar avontuur gebruik word om 'n geestelike waarheid in te skep. Begeleiding is voor en na die tyd gedoen.

15.2 Terugvoer van die werkwinkel oor bedieninge Januarie 2000

15.2.1 Verslag

Ds Johan de Wet gee terugvoer oor die Kampbediening se visie, missie en projekte. (Laatstukke Bylae H)

15.2.2 Wenke

    1. Kampbediening behoort met elke bediening te skakel en vir hulle tot diens te wees.
    2. Van ons jongmense kan aangemoedig word om by kampe in die VSA te gaan werk. Hulle kry dan vir 'n maand of twee indiens-opleiding by kampterreine.
    3. Skoolverlaterskampe werk by sommige sinodes en ander weer nie. Die inhoud van die kamp word egter aangepas.
    4. Die kinders se behoeftes verskil volgens ouderdom en 'n avontuuraktiwiteit kan daaraan gekoppel word wat by die spesifieke behoefte pas.

16. TIENERBEDIENING

16.1 Algemene konferensie SKJA

Die AJK-DB oorweeg 'n tema en datum vir 'n algemene konferensie vir die SKJA.

Die Advieskomitee van die SKJA reël die konferensie.

Die AJK-DB het besluit:

    1. Die saak word by die AJK-vergadering bespreek.
    2. 'n Reëlingskomitee word benoem onder leiding van die sameroeper vir Tienerbediening en die PASD.

Kennis geneem.

    1. Navorsingsprojek : Effektiwiteit van kerklike jeugprogramme
    2. Die Navorsingskommissie van die AJK het aanbeveel dat die landswye navorsingprojek van dr J M G Prins oor die effektiwiteit van kerklike jeugprogramme deur die AJK gesteun word.

      Die verslag oor die navorsing is aan die Tienerbediening voorgelê.

      Kennis geneem.

    3. Terugvoer van die werkwinkel oor bedieninge Januarie 2000

16.3.1 Verslag

Ds Jan de Man gee terugvoer oor die Tienerbediening se visie, missie en projekte. (Laatstukke Bylae I)

16.3.2 Wenke

Die volgende gedagtes of wenke word deur die AJK-lede aan die Tienerbediening gegee:

    1. Die aangepaste Leier 1000 van Oos-Transvaal is beskikbaar en word vir ander sinodale gebiede aangebied. Covey is uitgeskryf en dit is baie Bybels. (Eerste weergawe)
    2. Die opgegradeerde Leier 1000 van ds Bouwer Serfontein op CD kan beskikbaar gestel word, maar aanbieders moet vir 'n twee dag kursus kom. (Tweede weergawe)
    3. Die Kinderbedieningsgroep onderhandel hieroor en kom met 'n voorstel na die AJK-DB.
    4. Die Leier 1000 moet by die AJK se kantoor beskikbaar wees. (Eerste weergawe)
    5. Kinders en jongmense moet betrek word by dienswerk in die plaaslike gemeente.
    6. Bybelstudie op CD kan aangebied word vir tieners. Dit kom vanaf Australië en word deur Scripture Union opgestel en versprei. Die besonderhede is:
    7. "Frantik" van die "theworldwidemessagetribe". Hulle webadres is :

      www.message.org.uk.

      Daar is ook 'n CD van Scripture Union in Australië met 260 programsketse

      op. Die beste in die verband gaan wees om vir Sharlene Swartz te kontak

      met enige navrae : sswartz@su.org.za

    8. Die funksies van die SKJA-advieskomitee word oorgeneem deur die Tienerbediening.
    9. Inligting word gegee oor die vergadering insake die samewerking van verskillende kerke en organisasies op skoolvlak. Ds Jan de Man het dit bygewoon en 'n volledige verslag is beskikbaar. (Vgl Bylae D van hierdie notule)

17. NASKOOLSE BEDIENINGSGROEP (BKJA)

    1. AJK-DB Agenda
    2. 'n Bedieningsgroep is vir die BKJA gevorm. 'n Saamtrek kan in 2000 gereël word vir naskoolse jeug.

      Drr Henk Gous en Louis Dressel het gerapporteer oor 'n gesprek met adv Jean Berdou van Execucorp. Hulle reël seminare vir jong besigheidsmanne en professionele mense.

      Die AJK-DB het hiervan kennis geneem en dit verwys na die naskoolse bediening.

      Kennis geneem.

    3. Terugvoer van werkwinkel oor bedieninge Januarie 2000

17.2.1 Verslag

Dr Henk Gous lei die bespreking in aan die hand van die verslag oor die werkbyeenkoms.

(Laatstukke Bylae J)

17.2.2 Wenke

Die volgende gedagtes of wenke word deur die AJK-lede aan die Naskoolse Bediening gegee:

    1. Die Rigters vir Môre-seminare fokus op hierdie groep. Mentors-begeleiding word hieraan gekoppel. Dr Louw Alberts is die skakelpersoon in die Noorde. Die datums van die seminare sal deurgegee word deur ds Cassie Carstens. Dit kan moontlik die leiersvormingskursus van dr Gerber vervang.
    2. Die inligting oor Execucorp word deurgegee aan SJK's om daaraan aandag te gee indien hulle dit kan doen.
    3. Ten opsigte van die leiersontwikkeling van die leraars is dit belangrik dat die hele erediens se atmosfeer aandag moet kry. Verskeie persone is gewillig om mee te werk. Dr Henk Gous is sameroeper.
  1. STUDENTEBEDIENING

Die Studenteleraarskonferensie is van 22-25 November 1999 in Bloemfontein gehou.

18.1 Terugvoer van die werkwinkel oor bedieninge Januarie 2000

18.2 Verslag

Ds Christo Louw lei die bespreking in aan die hand van die verslag. (Laatstukke Bylae K)

Die volgende word bygevoeg:

KOVSIE-kampus kan as voorbeeld dien van verandering. Daar was 'n oorstroming van swart studente wat egalig versprei is in alle koshuise. Toe die getalle na 30% opgegaan het, het die situasie ontplof. Talle wit studente het die koshuise verlaat. Talle kundige fasiliteerders het groot werk gedoen. Die resultaat is dat daar blanke koshuise, swart koshuise en grys koshuise is.

Die uitdaging is om studente in transformasie te begelei. Die bediening word multikultureel. Die stadsstudente moet nou meer intensief bearbei word.

18.3 Wenke

Die volgende gedagtes of wenke word deur die AJK-lede aan die studente bediening gegee:

    1. Die befondsing van studentebediening is 'n groot probleem. Die AJK en ASK sal hier om hulp genader moet word. Die studente kom uit verskeie sinodale gebiede. Die studentebedieningsgroep moet met 'n voorstel na die Dagbestuur of AJK-vergadering toe kom.
    2. Stutendeleraars moet aandag gee aan ander alternatiewe en kreatiewe maniere om studentebearbeiding te doen.
    3. Die AJK besluit dat 'n aparte befondsing vir studenteleraars gedoen word en dat die studenteleraars verdere voorleggings sal doen.

19. SKAKELING BEDIENINGE EN AJK

Elkeen wat lid is van die AJK kan hulle aanmeld by 'n bepaalde bediening om beskikbaar te wees. Die bestuurstaak en bedieningstaak moet egter van mekaar gehou word. Die bedieninge is die vonkproppe en die AJK-lede is bestuurders.

Gemeentes wat spesialiseer behoort deur die AJK benut te word.

Die Dagbestuur se vrag word baie swaarder. Hulle moet ondermeer begrotings goedkeur.

Die benutting van die persone uit ander belangegroepe as die SJK's behoort gedoen te word. Die SJK se eie bedieninge behoort direkte kontak te behou met die AJK se bedieninge. Die name van kontakpersone of bedieninge in sinodale gebiede word aan die AJK se kantoor beskikbaar gestel met die oog op wisselwerking.

Internetskakeling is noodsaaklik. Tans het ons 700 adresse. Ds Deon Kitching sal die adresse aan die AJK stuur vir verdere verspreiding aan die SJK's.

20. PRIORITEITSPROJEKTE

Die AJK-lede kry geleentheid om projekte te noem wat prioriteit behoort te geniet.

Die volgende projekte is in volgorde van belangrikheid gelys:

    1. Gesinsbediening
    2. Tienerbediening (insluitend leierskapontwikkeling)
    3. Informasietegnologie
    4. Missionêre bediening
    5. Kategese
    6. Onderwys
    7. Studentebediening
    8. Kampbediening
    9. Kinderbediening
    10. Intergenerasie bediening
    11. Musiek, swart jeug, naskoolse bediening (op dieselfde vlak)

20.1 Besluit

Die AJK-DB gee hieraan aandag.

  1. TRAKTAATJIES CLF

Die CLF en AJK beplan verdere samewerking met die oog op traktaatjies.

Elke bedieningsgroep is versoek om minstens twee temas of behoeftes vir traktaatjies te identifiseer. Dit word aan die CLF gestuur via die AJK.

Kennis geneem. Die saak sal aandag kry deur die nuwe bestuurder wat die CLF aanstel.

22. ALGEMENE KOMITEE VIR DIE VROUDIENS

Mev M Jansen van Rensburg is nie meer die AJK-verteenwoordiger van die AKV nie. Mev Mollie Kemp is op 11 Februarie aangewys om die AKV te verteenworodig. Die tyd was te kort om 'n verslag voor te berei en om haar reëlings te tref om die AJK-vergadering by te woon.

Kennis geneem.

23. HUGENOTE KOLLEGE

Dr Louis Dressel en ds Deon Kitching hanteer die verslag. (Bylae 5 in die Laatstukke)

Ds Deon Kitching deel mee dat dit sy laaste AJK vergadering is omdat hy aan die einde van Mei uit diens tree by die Hugenote Kollege. Hy gaan saam met prof Malan Nel by Vista meewerk aan die Nasionale Forum vir Jeug en Gesinsbediening. Hy is egter beskikbaar vir bedieninge. Die IT bediening kan skakel met ds Kitching.

24. AD HOC-KOMMISSIE VIR VERSOENING, ARMOEDE EN MORELE WAARDES (VAM)

Dr Louis Dressel lê die konsepverslag voor. Dit is voorberei vir die ASK-vergadering van 2-3 Mei 2000. Daar is verskeie sake waaraan die AJK moet aandag gee.

Die AJK-DB en bedieninge word gevra om hulle volle samewerking te gee.

Kennis geneem.

25. WERKWINKELS : THE EDGE CONSULTING

Die inligting oor The Edge Consulting van Graeme Codrington word voorgelê.

25.1 Besluit :

    1. Die AJK besluit dat by elke werkbyeenkoms minstens een persoon van die NG Kerk verteenwoordig sal wees. Die konferensiekoste word deur die AJK gedra.
    2. Verslag word gegee ten einde die sake verder deur te dra en toekomstige samewerking te bepaal.

26. BEDANKINGS

Die volgende bedankings word gedoen:

    1. Dr L C Dressel en sy personeel word bedank vir hulle inset voor en na die jaarvergadering.
    2. Dr Henk Gous word bedank vir sy inspirerende leiding.
    3. Mnr G Lotz word bedank vir sy besondere bydrae ten opsigte van die finansies.
    4. Elke lid van die AJK vir hulle toewyding en insette.
  1. VOLGENDE VERGADERING
  2. Die volgende vergadering is (DV) op 19-21 Februarie 2000.

  3. AFSLUITING

Dr Ockie Raubenheimer sluit af met 'n gebed.

 

GOEDGEKEUR OP

VOORSITTER .

SKRIBA .

NFEB2000

 

Terug na Hoofblad