Man of Muis?
SÍ jou sÍ ...


As niemand wil luister nie ....
Oom Louis sal!


Jeugprogramme


Jeugpreke


Kampe


Die Boekrak


Werkterreine


Onderwyssake


Beurse & Toekennings


AJK Inligting


Skakels

JEUGVRIENDELIKE EREDIENSTE; 'N TEOLOGIESE ONDERBOU
Prof JC Muller
Departement Praktiese Teologie (Afd B) Universiteit van Pretoria



  1. Die Vreemdheid van 'n Erediens

    Die kerk is 'n vreemde gemeenskap. Dit is nie 'n verlengstuk van die res van die samelewing nie; dit groei nie bloot uit die psigologie, sosiologie en ander behoeftes wat in die samelewing aanwesig is nie. Die kerk is 'n novum, 'n totaal nuwe, anderse, Godgegewe gemeenskap. Aan die ander kant is die kerk tegelyk ook 'n gewoon menslike en wÍreldse verskynsel. Dit is ook 'n psigologiese en sosiologiese fenomeen. Tussen die samelewing en die kerk is daar dus sowel kontinuÔteit as diskontinuÔteit.

    Daar is ooreenkomste, maar ook radikale verskille te beklemtoon.Van tyd tot tyd word dit opnuut nodig om die verskille te beklemtoon. Die natuurlike neiging is om op die lyn van kontinuÔteit, die kerk dood gewoon as 'n menslike organisasie te hanteer. Ons roeping is egter om ons telkens weer van die andersheid vand ie kerk te vergewis. Soos in die Twaalf Artikels, word ons gevra om te bely dat ons aan die kerk glo. Die kerk moenie maar net as 'n menslik-organisatoriese gegewene hanteer word nie, maar as 'n geloofsverskynsel.

    Met die oog op 'n teologiese beskouing van die plek van die jeug in die erediens, is dit ook nodig om opnuut te besin oor die diskontinuÔteit tussen kerk en samelewing. En vir hierdie doel konsentreer ons op een enkele aspek daarvan, naamlik die wyse waarop grense hanteer word.

    Die samelewing is baie grensbewus. Die kerk aan die ander kant is baie meer grensblind. In die samelewing vind mens 'n hele reeks horisontale en vertikale grense, in die kerk net een grens: diť tussen die kerk en die wÍreld.

    Die horisontale grense in die samelewing het te doen met die grense tussen groepe. Mense grens hulle van mekaar af - dikwels met goeie rede. Daar word grense gestel tussen gesinne, tussen kultuur- en taalgroepe en tussen volke. Die Bybel leer ons egter in die Ou en Nuwe Testament dat God in die vergader van sy kerk, hom nie aan hierdie grense hou nie (byv. Gen 12:3; Ps 87; Efes 2:14) Hy transendeer dit en bou aan een nuwe mensheid (Efes 2:15). Die ou grense bestaan nog, maar binne die verband van die kerk word dit gerelativeer.

    Die vertikale grense van die samelewing het te doen met ouderdom en ervaring. Daar is 'n bepaalde ontwikkelingsgang wat redelik algemeen erken word en waarvolgens ouderdomsgroepe uitmekaar gehou word. Mense word in ouderdomskategorieŽ geplaas en daarvolgens word waardes toegeken. Mense met meer ervaring en wat ouer in jare is, word as waardevoller vir die samelewing beskou en hulle ontvang groter erkening vir hulle bydrae. Kinders het waarde vir die toekoms, maar nie soveel vir die huidige nie (daarom word dikwels na die jeug verwys as die "kerk van die toekoms") Hierdie grense tussen ouderdomsgroepe word organisatories bevestig deur skool, jeugaksies en ander aktiwiteite. Daar word baie moeite gedoen om te bepaal wat elke ouderdomsgroep se spesifieke behoefte is daarvolgens word hulle dan hanteer en op die wyse word die grense tussen die ouderdomsgroepe nogeens versterk.

    In die verbond van God en daarom in die kerk, aan die ander kant, word hierdie vertikale grense op 'n vreemde wyse getransendeer. Hier geld 'n enkele grens met 'n enkele poort: die besnydenis in die ou verbond en die doop in die nuwe verbond. En suigelinge gaan daardeur. Binne die huisgesin van God vind ons 'n totaal ander basis van evaluasie van die waarde van 'n lid. Hier gaan dit nie in die eerste plek om lewensrypheid, ouderom en ervaring nie. Hier gaan dit om God se insluitende genade (vergelyk Deut 6:20 ev; Ps 78; JoŽl 2:28-29 as aanduiding daarvan dat hierdie natuurlike vertikale grense in die bedeling van die Gees, die kerk, oorbrug word)

    Die natuurlike grense van die samelewing moet erken word as realiteit, maar mag nooit die kerk se eerste prioriteit wees nie. Die kerk leef slegs by een grens en het daarom op geen manier klasse of kategorieŽ van lidmate nie. Die kerk het inderwaarheid net een soort lidmaat: die wat weet hoe afhanklik hulle van God is (Matt 5:3) en die wat soos kindertjies geword het (Matt 19:13-15). Die kriteria van die samelewing, naamlik ervaring, ouderom, intelligensie, kan nie in die kerk die deurslag gee nie. Daar gaan dit om God se gawe van geloof wat nie verband hou met ouderom of prestasie nie.

    Die erediens as die hart en gesig van die kerk, moet hierdie vreemdheid vand ie kerk op 'n baie werklike wyse demonstreer. Dit behels nie 'n ontkenning en ignorering van grense nie. As 'n menslike verskynsel kan die kerk nie anders as om aan te pas en in te pas by die grense van die samelewing nie. Aan die ander kant is die kerk geroep om steeds weer getuie te wees van die andersheid van God. Die kerk as vreemde gemeenskap moet nie net bely word nie, maar moet ook gestalte kry. Daarom moet ten minste in die erediens getuig en gedemonstreer word dat die kerk een is met net een grens. Daar kom ryk en arm, swart en wit, oud en jonk, slim en dom, almal saam voor God se aangesig. Die erediens moet almal akkomodeer. As dit nie meer gebeur nie, het dit verval tot net nog 'n menslike byeenkoms soos al die ander. Die vreemdheid moet sigbaar word in die verdraagsaamheid van groepe en kategorieŽ met mekaar. Die versoeking is soms groot om ook maar die weg van die minste weerstand te volg en te word soos die wÍreld wat net vrede kan hÍ as die grense so rigied as moontlik gehandhaaf word. Die kerk moet egter staan by sy roeping en dit ook uitleef en uitdruk in die erediens.

  2. Die Onmisbare Bydrae van die Jeug

    In Herman Melville se novelle, White Jacket, word een van die matrose siek met akute maagpyn. Dr Cuticle, die skeepsdokter, is verheug om 'n pasiŽnt te hÍ, met 'n siekte wat iets anders is as die gewone. Hy diagnoseer dat dit die blindederm is en besluit om te opereer. Die matrose word georganiseer in 'n verpleegspan en hulle moet die dokter bystaan. Die pasiŽnt word gereed gemaak en dr Cuticle begin die operasie met groot presiesheid en vaardigheid uitvoer. Soos wat hy vorder word die verskillende anatomiese besonderhede aan sy stomgeslane helpers uitgewys. Hy word volkome meegevoer deur sy werk en is ook baie goed daarmee. Dit is 'n indrukwekkende vertoning, maar sy helpers is, hoe later hoe minder, beÔndruk. Hulle is eerder ontsteld. Toe die operasie afgehandel is en die pasiŽnt netjies toegewerk is, lÍ hy dood op die tafel! Dr Cuticle het in sy entoesiame so opgeneem geraak in sy chirurgie dat hy nie gemerk het dat die pasiŽnt sterf nie. Die jong matrose aan die ander kant, het in hulle onderhorigheid nie die moed gehad om dit vir hom te sÍ nie.

    Hierdie storie kan as 'n metafoor gebruik word om die situasie van die kerk en die rol van ampsdraers en die jeug mee uit te druk. Die kerk is die sterwende pasiŽnt, besig om dood te gaan onder die operasiemes van die ampsdraers, Nie omdat die ampsdraers hulle werk sleg doen nie, maar omdat hulle nie die noodsaaklike terugvoer van die jong omstanders kry nie. In plaas daarvan dat die jeug deur die ampsdraers bemagtig word om 'n volwasse en verantwoordlike rol te speel in belang van die kerk, word hulle in 'n onderhorige posisie gehou en hulle staan daar verslae en stom. Soms is hulle ook rebels en balhorig, maar op stuk van sake word daar nie genoeg erns gemaak met hulle stem nie. Ten diepste gaan dit ook nie net om 'n luister na jongmense nie, maar om die behoefte aan bemagtiging sodat hulle in staat kan wees om hulle bydrae te lewer met die oog op die "sterwende pasiŽnt"

    Die jeug het 'n lewensbelangrike rol om te vervul in die kerk. Hulle plek in die erediens moet nie gedefinieer word rondom hulle behoeftes en hoe hulle bereik moet word nie, maar in terme van hulle taak en die bydrae wat hulle het om te lewer. As hulle nie sinvol geÔntegreer word in die kerklike lewe nie, sterf die kerk. Soos Jesus die kindertjies 'n sentrale plek gegee het, so sal ons ook opnuut moet begin om nie net verdraagsaam te wees teenoor die jonges nie, maar te vra na hulle unieke bydrae in ons eredienste. Hulle spontane geloof en entoesiame is onontbeerlik vir 'n ouerwordende kerk.

    Hoewel dit skynbaar al moeiliker word om jonk en oud bymekaar te hou, bly dit juis die taak van hierdie vreemde groepering, die kerk. 'n Taak wat die kerk slegs kan volvoer indien hy sy jongmense bemagtig tot 'n sinvolle rol. Die erediens is die plek waar dit eerstens gestalte moet kry.

Terug na Hoofblad