Jeugpreke

KINDERKERK : DIE BYBEL IS N LIG

Doelwit:

Help die kinders om te verstaan dat die Bybel daar is om vir jou lig (duidelikheid) te bring in alle omstandighede

 

Hulpmiddels:

  • Houtbybel (of groot kansel Bybel)
  • Lampie (verkieslik Bybelse tyd se lampie)
  • Of dalk n helder flitslig
  • n Groot versameling Bybels
  • Memoriseringsvers

LITURGIE

Voorafsang

Boeke van die Ou Testament Lofkleuters # 16

Boeke van die Nuwe Testament Lofkleuters # 17

God hou van Kindertjies Breek uit met Soekie # 3

Afkondigings

Gee vir die kinders die week se kinderkrans program.

Votum & seëngroet

Die Here is vanoggend hier en Hy groet jou met Sy vreugde en blydskap.

Lofsang

Hosanna Sing saam Groei saam # 4

Lees jou Bybel Loflaaities II # 6

Lord I Lift your Name on High Lekka Live (Soekie) # 13

Wet

Matt. 22 (Hoe kan ons ons lig in hierdie wêreld laat skyn deur te leef soos Jesus van ons vra, dit is in liefde)

Sang

Ek sal die Here altyd liefhê Loflaaities II # 18

Kollekte & gebed

Laat een van die kinders bid dat die Here die kollekte sal gebruik om sy lig die wêreld in te laat skyn.

Voorbidding

Laat van die kinders bid vir n gesamentlike projek. Ons gemeente se kinderkerk het 3 sendelinge waarvoor ons bid.

Memoriseringsvers

Ps 119:105 (Sien aangehegte transparant)

Skriflesing

Ps 119:105

Boodskap

Die Bybel is n Lig (Sien die aangehagte uiteensetting van die boodskap)

Sang

Die heel beste boek is die Bybel Radicool Radikids (Soekie) # 11

Indien nodig (Hierdie liedjies word gebruik as die kinderkerk voor die groot kerk klaar maak)

Om die Here te prys Radicool Radikids (Soekie) # 6

Shout to the Lord The Whole World (Soekie) # 13

Boeke van die Ou Testament Lofkleuters # 16

Boeke van die Nuwe Testament Lofkleuters # 17

Boodskap:

n Storie van n gesin sonder ligte

In n grootstad waar daar baie mense geleef het was daar n gesin wat soos die ander mense gelukkig geleef het. Hierdie gesin was wel anders as die ander gesinne deurdat hulle nooit ligte gebruik het nie. In die aand na hulle televisie gekyk het, het hulle gewoonlik hulle self iewers teen n muur gestamp oppad na die slaapkamer toe. Die pa van die huis het eendag sy kar gestamp omdat hy oppad terug huis toe nie sy kar se ligte wou aansit nie. Dit het al gebeur dat 2 van die gesinslede in die aand op dieselfde tyd opstaan om n draaitjie te gaan loop en dan in die gang in mekaar vas loop. Die kinders het in die middae gesit en huiswerk doen, en as dit skemer begin word, en die lig al hoe slegter, het hulle nader en nader aan hulle lees boeke geskuif totdat hulle neuse teenaan die boek is. Hulle kon nooit kuier mense kry wat na donker by hulle kom kuier nie. Wat dink julle het hierdie gesin verkeerd gedoen? Wat sou julle voorstel moes hulle doen om vir hulle self die lewe makliker te maak? Wat is nou eintlik die funksie van lig? (Lig is daar om die lewe helder te maak, sodat ons kan sien wat ons doen, waar die dinge is waarteen ons kan vasloop)

In die Bybel se tyd was daar nie straat ligte nie. Daar was ook nie sypaadjies nie. As jy in die laat skemer of in die aand iewers heen geloop het, moes jy vir jou n lamp saam vat om te sorg dat jy die pad goed kan sien, veral as dit n nuwe of vreemde pad is. Die Bybel is die lig vir jou pad, die lamp vir jou voet. Die Bybel is daar om jou te help om te lewe. Sodat jy sal weet wat is reg en wat is verkeerd.

Ek gaan n lys van dinge noem. Julle moet elke keer vir my sê of dit reg of verkeerde dinge is.

  • As 2 van jou vriende baklei probeer jy om vrede te maak,
  • Om te vloek of lelik te praat,
  • Om te skinder,
  • Om mededeelsaam te wees,
  • Om vriendelik te wees met mense wat jy nie ken nie,
  • Om behulpsaam te wees,
  • Om te jok,
  • Om te steel

Waar leer ons dat sommige goed is verkeerd en ander goed is reg? Dit is reg, die Bybel leer vir ons wat is reg en wat is verkeer. Maar die belangrikste ding wat die Bybel doen is om vir ons van dinge te vertel wat ons nooit sou geweet het nie. Dit is soos om in n donker kamer in te stap waar jy nog nooit was nie. As daar nie n lig is nie, sal jy nie weet wat is daar alles in die vertrek nie. (Wys vir die die kinders met die helder flits lig, dat n lig jou help om te sien as dit donker is.)

As daar nie n Bybel was nie sou ons nooit geweet het dat:

  • God die wêreld gemaak het nie
  • God wonderwerke kan doen nie
  • God ons gemaak het
  • God vir ons lief is
  • God Sy enigste seun gestuur het om aan die kruis te sterf sodat ons die ewige lewe kan hê (Hierdie is die belangrikste stukkie lig wat die Bybel in die wêreld in bring)

Sit die lamp of flits lig lamgs die Bybel neer om te demonstreer dat die Bybel soos n helder lig is wat vir ons dinge wys wat ons in die donker van die lewe nie sou gesien het nie.

"Ek glo dat die Bybel die beste geskenk is wat God nog ooit aan die mensdom gegee het. Al die goeie nuus omtrent die Verlosser van die wêreld word aan ons gebring in die bladsye van hierdie Boek" Abraham Lincoln

Ek wil hê dat elkeen van julle sonder om met jou maatjie te gesels, die volgende vrae in julle koppe/gedagtes sal beantwoord, sonder om iets te sê.

Watter kind in jou skool ken sy Bybel die slegste?

Hoe lyk sy lewe?

Watter kind in jou skool ken sy Bybel die beste?

Hoe lyk sy lewe?

Sien julle dat hoe beter jy die Bybel ken, hoe helderder is God se lig in jou lewe. Hoe beter kan jy sien watter dinge is reg en watter is verkeerd.

Hoekom sal iemand in die donker in n bos gaan loop sonder n flits? Hoekom sal iemand in die lewe nie die Bybel gebruik om te weet wat is die dinge wat hy nie van self weet nie?

Ons almal het n Bybel of selfs 2 Bybels, of dalk meer. Dit maak nie saak hoeveel Bybels jy het nie, wat saak maak is of jy die Bybel gebruik soos n lig vir jou pad of nie. Dit is soos hierdie pak Bybels. As ek so n pak Bybels langs my bed het, maak dit van my n beter mens of nie. Wat sal van my n beter mens maak? As ek die Bybel lees. Dit is soos n flits lig. As ek dit nooi aan sit nie, sal dit vir my geen waarde hê nie. Of soos die gesin wat ons in die storie leer ken het. Hulle het ligte in hulle huis gehad maar hulle het dit nooit gebruik nie.

Onthou die volgende:

  • Lees die Woord
  • Leer die Woord
  • Onthou die Woord
  • Ken die Woord

Is dit mooi om jou ore toe te druk as iemand met jou praat. Baie keer druk ons, ons ore toe as God met ons praat. Hy praat en ons wil nie luister nie.

Daar is so baie dinge wat jy kan gebruik om die Bybel beter te verstaan.

Die doenboekie (Jou Sondagskoolboek) het dagstukkies vir elke dag. Wie van julle het geweet dat die Garsiegids (Dit is ons laerskool se dagboekie) Bybel versies in het. Agter in is daar n paar sleutel versies. (Vra vir van die kinders om te vertel van hoe hulle die Doenboekie se bybelgedeeltes geniet.)

Die Bybel wil jou help as jy onseker is. Wie van julle was al bang in die aand. Wel my dogtertjie was al in die aand bang. Maar ons kon vir haar sê dat die Bybel vir ons leer dat God altyd baie by ons is. (Jes. 41:10, Ps. 46)

Die Bybel is vir ons
Ps 119:105
U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.


Terug na Jeugpreke
Terug na Hoofblad