Man of Muis?
SÍ jou sÍ ...


As niemand wil luister nie ....
Oom Louis sal!


Jeugprogramme


Jeugpreke


Kampe


Die Boekrak


Werkterreine


Onderwyssake


Beurse & Toekennings


AJK Inligting


Skakels

KRAGPUNTE AANVAL

DOEL:

Kinders sal hul sterkpunte en swakpunte identifiseer. Hulle sal hoor God is lief vir hulle ongeag wat.

TYDSBESNUTTING

  1. Goed-doen-borde (6 min)
  2. Goed-doen parade (7 min)
  3. Super ster aanval (5 min)
  4. Ons is mense (5 min)
  5. Hip, Hip, Hoera ! (6 min)
  6. Krag kos (6 min)
  7. Tyd om te bid (6 min)

BENODIGDHEDE


DIE SESSIE SELF


  1. Goed-doen-borde
  2. Benodig kryte, tou, gatfabriek (pons), skêr en karton vir elke kind. Sny karton in helfte, plaas twee helftes op mekaar en druk gate in boonste hoeke. Sit tou deur, sodat dit oor die kind se skouers kan hang, voor sy maag en agter sy rug (toebroodjie-borde)

    Verwelkom die kinders en sê elkeen moet aan alles dink wat hy/sy baie goed kan doen by die skool (bv wiskunde, spel), by die huis (bv. fiets ry, klavier speel), by die kerk (bv. sing in koor).

    Julle gaan net nou kans kry om mekaar daarvan te vertel.

    Wys die goed-doen-borde vir hulle. Party winkels laat mense so loop met hulle advertensie, om te wys wat aangaan. So gaan julle adverteer wat julle goed kan doen.

    Gee die kryte. Laat elke kind sy voor en agter kant opmaak met woorde of prente van goed wat hulle goed doen.

  3. Goed-doen-parade

Benodig 'n Bybel.

Laat die kinders in die rondte loop.

Ons sing geestelike liedere of maak eie liedere, soos op wysie van "Ek is 'n dapper muis."

Laat hulle in 'n ry in die vertrek rondloop met hul borde terwyl hulle 'n lied sing.

Laat hulle in 'n sirkel staan en gee hulle kans om te vertel van van die goed op hulle borde. Vra:

  • was dit maklik om te besluit wat jy goed doen? Hoekom?
  • Hoekom is die belangrik om goed te voel oor die goed wat jy goed doen?
  • Hoekom wil God hê dat jy gelukkig sal wees met dit waarmee jy goed is?
  • Wat kan jy doen as jy 'n maat het wat dibnk hy/sy kan niks goeds doen nie?

Sê: God wil hê dat ons die beste moet doen met ons talente. Hy wil ook hê dat ons ander sal help om goed te laat voel oor hulself. Party van ons kan vinnig hardloop en ander kan weer nie. Maar tog bly ons belangrik. Party is goed in wiskunde, ander met spelling. God het vir elkeen iets gegee waarin hy/sy goed kan wees. Kom ons lees hoe belangrik is ons vir God:

Lees Psalm 8:3-6.

  1. Superster-aanval

Benodig 'n vel selfplak sterretjies vir elke kind. Soveel sterre soos wat daar kinders is op elke vel. Plaas 'n stoel vir elke kind in 'n sirkel.

Laat hulle die borde om hul nekke afhaal en in die sirkel kom sit.

Sê: Kyk in die sirkel vir mekaar. Dink waarvan hou jy van elkeen in die sirkel. Jy kan dalk van iemand hou omdat hy altyd vir jou grappies lag, of jy kan dalk van iemand hou omdat sy altyd iets moois van jou sê.

Ek gee vir elkeen 'n vel sterretjies (deel uit). Elkeen gaan 'n beurt kry om in die middel te staan van die sirkel. Dan gaan elkeen buite 'n beurt kry om te kom en te sê: "Ek hou van jou omdat jy ..." en dan plak hulle 'n sterretjie op jou arm. Kom ons begin by die oudste een.

Maak seker elkeen kry 'n beurt om die superster in die middel te wees. Jy as aanbieder moet sommer dadelik eerste die sterretjies plak.

As dit klaar is sê:

Kyk na al die sterre wat op jou geplak is. Dit wys jy is 'n spesiale persoon. 'n Superster. Elkeen van daardie sterre sê ons hou van iets van jou.

Vra:

  • Hoe voel jy nou?
  • Hoe voel jy om vir ander te sê jy hou van iets van hulle?

Sê:

God wil hê ons moet ander mense laat goed voel oor hulself. Ons doen dit as ons hulle vertel van goed waarvan ons van hulle hou.

Laat die kinders nou die sterre op hulle "goed-doen-borde" plak.

  1. Ons is mense
  2. Benodig 'n opgeblaasde balon en 'n pen vir elke kind.

    Sê: Die volgende aktiwiteit is moeiliker, maar ek weet julle kan dit doen. Ons het nou net na die mooi goed in ons lewens gekyk. Maar soms doen ons goed waarvan ons nie hou nie. Ons raak kwaad, gefrustreerd en ons doen lelike goed.

    Gee elke kind 'n opgeblaasde balon en 'n pen, hulle moet op die balon dan teken waarvan hulle nie in hulle lewens hou nie. As hulle byvoorbeeld wil werk aan hulle woede, dan teken hulle 'n kwaad gesig.

    Plaas die balonne op die vloer en vorm 'n sirkel om dit. Laat die kinders hulle skoene uittrek.

    Sê: Kom ons trap die lelike goed uit ons lewens uit, deur die balonne te trap.

    Nadat al die balonne gebars is, vra die kinders om die stukke op 'n hoop te plaas.

    Sê: God glo meer in ons sterkpunte as in ons swakpunte. God wil hê ons moet hom van ons probleme vertel. Jesus het gesê ons moet vra, en ons sal ontvang. As ons af voel, dan moet ons met God praat. Hy sal ons weer regop te help.

  3. Hip, Hip, Hoera
  4. Benodig die Goed-doen-borde. Laat die kinders weer die borde opsit. Laat hulle weer na hul borde kyk en dan die beste ding kies waarin hulle goed is. Wanneer jy dan na die kind wys dan moet hy sê: "Ek is goed in ..." Nadat hy dit gesê het, skree die groep: Hip, Hip, Hoera, vir jou!

    Doen dit vir elke kind in die groep.

  5. Krag kos
  6. Benodig servette, en appels en lemoene gereed om te bedien.

    Gee die appels en lemoene as 'n versnappering. Vertel hoe appels en lemoene goed is vir 'n mens. Soos hulle aan die lemoene eet, laat elkeen die sin voltooi:

    "Lemoen maak dat jy vinnig kan hardloop"

  7. Tyd vir gebed

Laat die kinders die borde huistoe neem.

Sluit en vra dat God die kinders sal help om dit wat hulle goed doen, kan waardeer.

Terug na Hoofblad