Jeuggesprek-
forum


Jeug-aktueel


Jeugprogramme
en speletjies


Kinder- & Jeugpreke


Kampe


Artikels


Die Boekrak


Jubel oor Jesus


Werkterreine


Onderwyssake


Beurse & Toekennings


AJK Inligting


Skakels

KAMPE

Onder diť skakel wil ons graag die kampterreine se inligting opbou en uitbou en verder wil ons 'n kampprogram basis opbou wat almal kan help. Stuur asb vir ons kampprogramme wat goed verloop het.

Die AJK het ook 'n eie kampterrein, die Stuwig Bosveldplaas. Lees alles oor die wonderlike kampterrein.

  • KAMPTERREINE:

    Ons wil graag 'n lys opbou van goeie kampterreine.

    Ons vra vriendelik dat jy asb vir ons kampterreine se besonderhede sal deurgee, sodat ons almal kan baat by 'n volledige lys. Stuur inligting aan Charl by cvr@netactive.co.za

    STRUWIG BOSVELDPLAAS : KLASERIE
    Hierdie juweel in die Bosveld is geleŽ langs die rustige Olifantsrivier en bied aan die besoeker die geleentheid om op 2 800 hektaar van die mooiste natuurskoon in die Klaserie, na die groot vyf te kyk.

    Hierdie unieke wildsplaas is deur 'n weldoener aan die Afrikanerjeug geskenk. Die grond word tans deur die Struwig Bosveldplaas Maatskappy bestuur. Die Direksie van die maatskappy bestaan uit verteenwoordigers van die Junior Rapportryerbeweging (JRB), NG Kerk Jeugaksie, die Voortrekkers en 'n belegger. Lede van diť organisasies is welkom om die plaas te benut om sodoende die wil van die skenker te eerbiedig, wat bepaal dat die plase benut moet word om Afrikanerjeug aan die natuur bloot te stel.

    GERIEWE

    Daar is slaapplek (beddens en matrasse) vir 24 persone in twee afsonderlike geboue ongeveer 300 m van mekaar. Die volgende toerusting is beskikbaar vir 24 persone : borde, eetgerei, glase, koppies, vrieskas, potte, ketel, kombuisware, braairoosters, lampe. Spoeltoilette, 'n bad en storte met warm water is ook beskikbaar.

    Die naaste dorp aan die plaas is Hoedspruit, ongeveer 'n uur se ry van die plaas af, daarom word aanbeveel dat genoeg kruideniersware saamgeneem word.

    'n Veldvoertuig (11 persone) is tot besoekers se beskikking. Die personeellid op die plaas moet elke rit vergesel en moet die voertuig bestuur.

    [Die uitsig!]Daar is besluit om hierdie gebied uitsluitlik as bewaringsgebied te bestuur. Die reŽls wat deur die bewaringsowerheid saamgestel is, moet streng nagevolg word.

    *Jag van watter aard ook al, is verbode.
    *Die lok van hiŽnas, leeus en ander wilde diere deur die uitplaas van vleis of ander voedsel, asook die speel van bandopnames sal nie toegelaat word nie.

    Besoekers moet onthou dat Struwig 'n wildplaas is waarop roof- en gevaarlike diere voorkom. U moet nie sonder begeleiding op die plaas beweeg nie. U besoek die plaas in alle gevalle op eie risiko.

  • SENTRALE REŽLINGSKANTOOR EN BESPREKINGS

    [Tariewe en verdere besonderhede is op aanvraag beskikbaar.]
    AJK Kantoor: Tel: 012-3228900 X 2255
    Faks: 012-3226587
    E-pos: ldress@mweb.co.za

  • KAMPPROGRAMME:

    Indien jy 'n kampprogram geskryf het, wil jy dit nie deel nie? Ons sal jou betaal daarvoor. Die AJK sal probeer om gereeld kampprogramme te plaas vir jou gebruik.

    1. Program vir hoŽrskool jongmense:
      TEMA: Is jy deel van herlewing?
      Dit is 'n interaktiewe kamp, waar jongmense die hele tyd saam gesels en speel. Die kamp is met groot seŽn al aangebied.
      Trek dit van die webbladsy af, of kontak ds Charl by 082-880-2161 of cvr@netactive.co.za en ek stuur dit aan jou.

    2. Ons het ook 'n nuwe kampprogram vir 'n naweekkamp:
      TEMA: Ek het 'n nuwe gesindheid

Terug na inhoudsopgawe