Jeuggesprek-
forum


Jeug-aktueel


Jeugprogramme
en speletjies


Kinder- & Jeugpreke


Kampe


Artikels


Die Boekrak


Jubel oor Jesus


Werkterreine


Onderwyssake


Beurse & Toekennings


AJK Inligting


Skakels

Die toerusting en motivering van die kategeet

Opgestel deur dr Rian Prins

(In die lig daarvan dat 'n kursus vir kategete deur 'n didakties toegeruste persoon aangebied sal word, word weinig didaktiese leiding in hierdie konsep gegee)

  1. Inleiding
    Daar kan eintlik nie met mense oor toerusting gepraat word voordat hulle nie weet waarvoor hulle toegerus word nie. Daarom sal dit nodig wees om 'n inleidende gesprek te voer oor die doel van die kategese.

    In elke vorm van die kommunikasie van die Evangelie, soos die prediking, die pastoraat en die onderrig, is dit God wat deur middel van mense sy Woord na ander mense dra om hulle in 'n verhouding met Hom te bring en te laat leef. In die kategese is ons dus instrumente in die hande van die Here om die jeug te onderrig in sy Woord. Die kategese het egter 'n spesifieke doel waarop dit gerig is. As ons nou toegerus wil word vir die taak in die kategese, moet ons eers verstaan wat daardie doel is. Die doel van die taak bepaal tog wat die toerustng vir die taak moet wees.

    Die aanbieder kan kortliks op die volgende wys:

    1.1 Wanopvattings oor die kategese:

    1.1.1 Oorskatting van die kategese
    Dit is die benadering dat die kategese diť plek is waar ons die jeug vir Christus moet wen. In 'n jaar het ons 'n katkisant egter maksimaal vir 16 uur in die kategese. Die plek waar 'n kind allereers moet leer om die Here te ken en lief te hÍ en te dien, is in die ouerhuis. As die ouers hulle plig in hierdie verband verwaarloos, is die formele kontak in die kategese nie genoeg om vir hierdie verlies aan geloofsvorming te vergoed nie. Die ervaring leer ons trouens dat die kinders wat na die belydenisaflegging voort gaan om kerklik mee te lewe, hoofsaaklik uit huise kom wat kerklik meelewend is.

    1.1.2 Onderskatting van die kategese
    Hierdie benadering kry ons weer waar mense meen dat die kategese nie veel sin het nie en dat die onderrig in die belydenisskrifte maar vervang kan word deur allerhande onderwerpe te bespreek of deur jeugaksie programme aan te bied.

    1.2 Die doel van die kategese
    Dit gaan om die geloofsvorming van die katkisant sowel as om die opbou van die gemeente. Die kategese is net 'n deeltjie van die totale proses van geloofsvorming en ook net 'n deel van die onderrig wat die kind in die Woord van God kry. Dit is egter 'n spesifieke deel van die onderig met 'n spesifieke doel. Dit is gemik op die geloofsrypheid sodat die jong lidmaat belydenis van sy/haar geloof kan doen en ook die leer van die kerk te kan onderskryf. Die kerk wil hÍ dat sy lidmate toegerus sal wees om die leer van die Bybel soos wat die kerk dit bely te verstaan en hulle daaroor te kan verantwoord. Kategese is dus ook gerig op die bewaring van die leer van die kerk. Verder kan ook net lidmate wat die kategese deurloop het en belydenis van hulle geloof afgelÍ het tot die ampte in die kerk verkies word en hulle kinders een dag ten doop bring.

    Die groot uitdaging vir die kategese is vandag om aan twee dinge te laat reg geskied. Aan die een kant moet die jong lidmate van die kerk in die leer van die kerk onderrig word. Aan die ander kant moet ons ook die geleentheid wat ons nog het deur dat 90% van ons skoolgaande kinders nog in die kategese is, gebruik om die talle wat uit gesinne kom waar die verbondsonderrig verwaarloos word, met die Evangelie te bereik.

  2. Die kategeet se verhouding met God in Christus
    In die kategeet se toerusting gaan dit primÍr om die kategeet se verhouding met God in Christus. Ons is geneig om dit as 'n vanselfsprekende saak te aanvaar. Dit is egter belangrik om elke keer weer hier te begin. Dan moet dit egter nie gedoen word asof daar nou met persone gewerk word wat hiervan nog niks weet nie. Daar hoef feitlik niks vir die kategete gesÍ te word wat hulle nie reeds weet nie. Daarom is dit veel beter om hulle dit self te laat sÍ. Die aksent val in hierdie toerustingsgeleentheid dus op selfwerksaam-heid in groepe. Aan die einde van elke afdeling van die studie kan die voorganger terug-rapport kry en die hoofgedagtes op 'n skryfbord skryf. Hy kan dit dan saamvat onder enkele hoofde soos in hierdie stuk aangedui.

    2.1 Sekerheid van verlossing
    Uitgangspunt: In ons verlossing het ons te make met God se werk vir ons en in ons. Wanneer ons oor die werk van God praat, is dit goed om na te dink oor die wyse waarop God werk. Wat sÍ die volgende Skrifgedeeltes oor die werk van God? Deut 32:4; Ps 111:7; Ps 104:31; Jes 40:28; Ps 121:3. [(Sy werk is volkome (Deut 32:4) en reg (Ps 111:7); Dit is vir ewig en Hy is daaroor bly (Ps 104:31); Hy word nie moeg of mat nie (Jes 40:28) en Hy sluimer of slaap nooit (Ps 121:3)] Dus, die God wat in ons werk is 'n Almagtige God en die werk wat Hy in ons doen, is 'n volmaakte werk.

    2.1.1 Die grond vir ons sekerheid. Vraag vir groepsbespreking:
    Laat die kategete in groepe oor die volgende vraag gesels en self die Skrifbewyse vir hulle antwoorde vind: Op watter gronde kan ons seker wees van ons verlossing? Hulle antwoorde sal onder drie hoofde gegroepeer kan word: (i) Op grond van die beloftes in die Woord van God (1 Joh 5:13, Joh 6:37, Joh 1:12 ensovoorts).
    (ii) Op grond van die getuienis van die Heilige Gees in ons harte (Rom 8:16)
    (iii) Op grond van die vrug van die Gees van God in ons lewens (Joh 15:5, Jak 2:14-18).

    2.1.2 Wat laat 'n mens twyfel?
    Hier kan kortliks gewys word op: Onkunde, Ongeloof, Ongehoorsaamheid.

    2.2 Wedergeboorte en bekering
    Besprekingsvraag: Wat is die regte volgorde (logiese orde) om oor hierdie waarhede te praat? Eers bekering en dan wedergeboorte of andersom?
    Dit is nie ons wat eerste na God gesoek het nie, maar Hy wat na ons kom soek het (Gen 3:9; JoŽl 2:12,13; Matt 9:13). Watter troos bied hierdie waarheid vir ons. Ons kan nie uit ons self na God kom nie en kan ook nie ons self verander nie (Joh 6:44; 8:43; 14:7; Jer 13:23). Dit is God wat ons verander (Eseg 36:26, 27; Joh 1:13; Joh 3:8). Dit word die wedergeboorte genoem (Joh 3:3).

    Hoe raak die wedergeboorte 'n mens se lewe volgens die volgende teksverse?
    Ef 1:18; 2 Kor 4:6; 1 Kor 2:14,15 (Jou verstand word verlig)
    Fil 2:13; Heb 13:21 (Jou wil word verander)
    1 Pet 2:2 (Jou gemoed word geraak)
    In die Nuwe Testament word twee verskillende woorde geruik om die bekering te beskryf.
    Die een (metanoia) dui op die feit dat 'n mens van gedagte verander (Matt 3:2; Hand 13:24). Jy kyk op 'n ander manier na jou lewe en sien dat dit nie reg was nie. Jy wil nie langer so leef nie en keer jou rug op jou ou paaie. Jy keer jou dus tot Jesus Christus (epistrepho Hand 15:19 en Jak 5:19). Hierdie twee woorde word saam gebruik in Hand 3:19 en 26:20.

    Bekering beteken dus dat jy nou onder 'n nuwe heerskappy staan (Rom 6:12-14; 8:9-11).
    Laat die kategete gesels oor die implikasies hiervan. Skryf by die samevatting ook die kernwoorde uit die Heidelbergse Kategismus, Sondag 1 op die skryfbord.
    Verduidelik ook bekering as 'n eenmalige en 'n herhaalde gebeure.

    2.3 Heiligmaking

    2.3.1 Reeds en nog nie
    Die Bybel beskryf die kinders van God as 'n heilige volk (1 Pet 2:9) en as mense wat deur Christus gewas en geheilig is (1 Kor 6:11). Tog word ons ook telkens in die Skrif tot heiligmaking opgeroep (Heb 12:14; 1 Pet 1:16). Laat die groep gesels oor wat hierdie oproepe beteken. Dit is belangrik dat die kategete die reeds en die nog nie sal verstaan.

    2.3.2 Die elemente van die heiligmaking
    Die doding van die ou mens
    Ons is verloste mense, maar tog nog steeds mense. Die ou natuur het nog in ons oorgebly. Eers met die wederkoms sal ons volkome daarvan verlos wees. Hierdie ou natuur word deur die Bybel ook die vlees genoem. Wat leer Rom 8:7, 1 Kor 3:3 oor die natuur?

    Rom 6:11 beskryf hoe die doding plaasvind. Wat beteken dit? Reken beteken toe-eien en toepas.

    Die opwekking van die nuwe mens
    Soos wat Christus uit die dood opgestaan het, moet daar ook in ons 'n opstanding plaasvind, naamlik diť van die nuwe mens. Laat die groepe gesels oor hoe die volgende teksverse dit verduidelik: Rom 6:4; Kol 2:12; 3:1.
    Eers in die ewigheid sal ons volkome aan Christus gelykvormig wees (Jak 3:2; 1 Joh 1:8; Heb 12:23; Openb 14:5; 21:27). Hier strewe ons egter om so na as moontlik daaraan te kom. (Fil 3:12). Ons kan steun op die beloftes van God (2 Kor 7:1), ons groei deur ons omgang met die woord van God (1 Pet 2:2; 2 Tim 3:16) en ons word versterk deur die sakramente (Rom 6:3; 1 Kor 11:23,24).

  3. Die katekeet se verhouding met die katkisant
    Ons sÍ dat dit in die kategese gaan om God wat mense as insturmente in sy hand neem om deur hulle sy Woord aan katkisante te kommunikeer. Die begrip instrument is egter vir misverstand vatbaar. Laat die groepe eers daaroor gesels en aandui hoe hulle hierdie begrip verstaan.
    Onder instrument verstaan ons gewoonlik 'n lewelose middel wat deur iemand ter hand geneem word en gebruik word. Wanneer God ons gebruik, word ons persoonlikheid egter nie uitgeskakel nie. Die Heilige Gees depersonaliseer ons nie, maar laat ons funksioneer as herstelde mense. Dit beteken dat hoe beter die kategeet toegerus is, hoe beter instrument hy/sy in die hand van die Here kan wees. Hierdie toerusting lÍ veral op drie vlakke, naamlik
    die persoonlikheid van die kategeet
    die vermoŽ om verhoudings met katkisante te bou
    die vaardigheid om te onderrig (By hierdie aspek sal ons nie tydens hierdie kursus kan stilstaan nie.)

    3.1 Die kategeet as model en identifikasiefiguur
    Laat die groep gesels oor wat dit alles inhou. By die terugvoering sal veral op die volgende gewys moet word.
    = Kinders leer nie om die Here te ken, lief te hÍ en te dien deur net van Hom te hoor nie. Hulle moet die werklikheid van die Evangelie in mense se lewens gedemonstreer sien. = PrimÍr is dit die ouers wat die rolmodelle moet wees. Maar selfs waar die ouers sulke modelle is, is dit in ons dag noodsaaklik dat die jeug ook rolmodelle buite die ouerhuis sal hÍ. Ons moet egter onthou dat baie kinders in die kategese nie sulke rolmodelle tuis kry nie.

    = Die kategeet het dus 'n belangrike funksie in hierdie verband. Wie anders is daar wat gereeld met jou groepie katkisante oor die sake van ons geloof kontak het?

    = 'n Mens kan egter nie as rolmodel funksioneer as jou kontak net bestaan uit formele les-gee geleenthede nie. Daar moet 'n verhouding tussen jou en die indiwiduele katkisante gebou word. Die volgende kan as kenmerke van so 'n verhouding aangegee word.

    - Dit moet 'n verhouding wees wat oor 'n langer tyd gebou word en uit meer kontakte bestaan as net die kategese ontmoetings.

    - Die basiese kenmerk is liefde.

    - Die kategeet moet ook van sy/haar eie innerlike belewing aan die katkisant kan meedeel.

    - Die kategeet se voorbeeld moet in 'n verskeidenheid van situasies waargeneem kan word - meer as wat dus in die ontmoetingsgeleenthede van die kategese moontlik is.

    - Die rolmodel se voorbeeld moet 'n sekere konsekwentheid in gedrag en waardes openbaar.

    - Daar moet 'n ooreenstemming wees tussen die gedrag van die rolmodel en dit wat deur die geloofsgemeenskap, die gemeente verkondig word. - Die kategeet moet ook sy/haar oortuigings en gedrag aan die katkisant kan verduidelik

    en by sulke geleenthede die nodige onderrig kan gee.

    3.2 Geloofsvolwassenheid
    Om met kinders te kan werk, vereis geloofsvolwassenheid. Hier word 'n aantal kenmerke van volwassenheid genoem. Dit is sake waaraan 'n mens moet werk en waarin jy kan groei. Met sommige aspekte mag dit nodig wees om met 'n medegelowige of die predikant of selfs 'n sielkundige te gesels. Nie een van ons is volmaak nie, maar daar kan in 'n mens se persoonlikheid dinge wees wat dit moeilik, of selfs onmoontlik, maak om verhoudings met jou katkisante te bou. Die oorsaak daarvan lÍ meesal in dinge wat buite jou beheer is of wat selfs ver terug in jou kinderjare kan lÍ. Dan het 'n mens gewoonlik hulp nodig om dit te kan oplos.

    Die kursusleier kan eers die groep laat gesels oor wat hulle as kenmerke van geloofsvol-wassenheid sien en hulle dit ook laat verduikelik. Daarna kan onderstaande kenmerke aan hulle deurgegee word. Indien van die kenmerke nog nie deur hulle genoem is nie, kan hulle die geleentheid kry om die betrokke aspek te bespreek voordat die kursusleier, waar nodig, verdere inligting gee.

    (i) Selfkennis en selfaanvaarding
    Dit beteken dat 'n mens nugter teenoor jouself staan en die moed het om jouself te ken en jou tekortkominge en gebreke te aanvaar. Hoe sien ons dit by Paulus in 1 Tim 3:15 en Fil 3:17?

    (ii) Stabiliteit en soepelheid
    Jy het vaste oortuigings en daar is vir jou dinge wat jy ten alle tye sal handhaaf. Tog is daar ook aan die ander kant die vermoŽ om waar nodig toegewings en aanpassings te maak.

    (iii) Saaklike ingesteldheid
    Persoonlike belang word op die agtergrond geskuif terwille van die saak waarom dit gaan. Daar is nie motiewe soos selfsug en eie eer op die spel nie.

    (iv) Objektiwiteit
    Dit beteken dat 'n mens rekening hou met alle faktore. Die ander kant van die saak word ook in ag geneem.

    (v) VermoŽ tot aanpassing
    'n Onverwagte situasie kan hanteer word.

    (vi) Verantwoordelikheid
    Die volwasse mens kan verantwoordelikheid aanvaar en ook waar nodig, skuld erken.

AFSLUITING:

Gee geleentheid vir getuienis en toewydingsgebede

Terug na Jubel oor Jesus Voorblad
Terug na Hoofblad