Geluk

Ek sê altyd dat nie ‘n mens se omstandighede is, hoe haglik ookal, 'n mens se sukses in die lewe bepaal nie. Maar dit is jou houding, jou ingesteldheid, jou attitude teenoor die omstandighede wat jou sukses of mislukking bepaal. Dit is dus jyself en nie jou geleenthede of gebrek daaraan, wat die bepalende rol speel in jou sukses nie. Gewoonlik voeg ek geluk of ongelukkig by sukses en mislukking wanneer ek hieroor praat. Nou met sukses is die feit vir my helder, duidelik en seker. Maar met geluk en ongelukkigheid is dit nie so duidelik en klinkklaar nie.

Met sukses kan ek sê: Sukses is n besluit en so is mislukking.

Met sukses kan ek vra: As jy val of misluk; GEE jy op of STAAN jy op?

As die lewe jou onregverdig behandel;

word jy BITTER of BETER?

Met die derde een is daar al n bietjie emosie van geluk of ongelukkigheid ter sprake maar selfs dit is n keuse, n besluit. En dan kan ons sê dat by die eerste een ons op n manier die woord ‘sukses’ kan vervang met ‘geluk’:

Geluk is n besluit en so is ongelukkigheid/mislikheid.

In Engels klink dit beter: Happiness is a decision, so is being misrable.

Maar omstandighede en dinge wat met jou gebeur, binne of buite jou beheer, kan jou geluk baie meer beïnvloed as wat dit jou sukses kan beïnvloed.

Emosies soos bv woede, teleurstelling, frustrasie, hartseer en magteloosheid is verwant aan en lei min of meer altyd tot n gevoel van ongelukkigheid en onvergenoegdheid. En hierdie emosies word baie keer veroorsaak deur omstandighede buite jou beheer.

As jou meisie of ou vir jy lief is jou afsê, as iemand jou liederlik in die steek laat of in die rug steek, as jou Pa of Ma sterf, as jy jou vasloop teen sinlose sisteme, as iemand by jou kar inbreek en jou radio steel - onstaan emosies wat jou jou geluk ontneem.

Dit is dan moeiliker om te besluit om gelukkig te wees en as jy dit tog sou besluit is dit nog moeiliker om jou besluit uit te voer. Wanneer iemand by jou kar inbreek en jou radio steel, is dit baie makliker om kwaad en ongelukkig te wees en daarom is ons dit. Ons vat die makliker weg. Want hoekom moet ons die lewe vir onsself so moeilik maak? Dus: Ons kies om kwaad en ongelukkig te wees! Dit is n besluit. Dalk wel onbewustelik, maar dit is n besluit wat ons neem. En daarom kan ons mos anders kies, n ander besluit neem - mits ons rerig wil.

Om jou geluk te ontdek, moet jy eers ontdek wat dit is wat jou plesier verskaf. Daardie plek waar jou hart jubel van vreugde. Wat n roering in jou bloed en vlinders in jou maag bring. Be bold! Step out and do it! Elkeen van ons word geroep om dapper te wees en daardie stemmetjie in jou te vertrou. Dit kan jy nie ‘fake’ nie: Jy weet baie duidelik wanneer jy daardie roepstem volg en wanneer nie!

Hoender (Cobus) van Heerden: Bsc Weerkunde. Gewerk vir weerburo. In kantoor geprop. Wil in die veld wees. Buitemens. Dit verskaf hom plesier. Werk nou vir NLK. Verkoop besproeingstelsel aan boere in Noord-Natal. Nou kan hy buite wees en gelukkig. Hy kon sy omstandighede verander na iets wat hom gelukkig maak.

Ek weet van baie meer sulke gevalle. Gekwalifiseer in n rigting en werk in totaal ander rigting. Wie van julle ken sulke mense of is so iemand?

Nie noodwendig uit eie keuse soos Hoender nie. Soms gedwing deur omstandighede en ongelukkig in wat hulle moet doen.

Wat kan mens doen om die intensiteit en kwantiteit en tydsduur van jou ongelukkige oomblikke te verminder.

n Mens kan geluk en vreugde na jou toe aantrek deur te maak asof jy dit reeds besit. ‘Fake it till you make it!’ Glimlag, tree op met selfvertroue, doen iets wat jy mee goed is, skep iets, maak iets (skilder, dig, verf, plant/sny/snoei plante/blomme), bak n koek, ruk al jou kreatiwiteit uit, beteken (doen) iets vir iemand anders.

Die emosie van geluk volg op dade en nie andersom nie. Maw dit is nie omdat jy ongelukkig voel (die emosie) wat maak dat jy op n seker manier handel of sekere dinge doen nie. Jy tree op n sekere manier op, jy doen sekere dinge wat tot ongelukkigheid lei. Stop dit!

Jy koop en eet n hele slab sjokolade op met een slag. Omdat jy lus is daarvoor en dan is jy kwaad vir jouself en vrek ongelukkig omdat jy dit gedoen het. Ja kan dalk sê dat jy juis die sjokolade koop en eet omdat jy alreeds ongelukkig is en daarna voel jy in elk geval nog meer ongelukkig! Maar sê my: Hoekom gaan koop jy nie n pak rou grondbone of peri-peri sousboontjies of n hele koolkop en vreet dit op nie? Dit is altyd iets wat lekker is, wat jy mal oor is. Veral chokolade vir die dames. Dis jou lus en nie jou ongelukkigheid of frustrasie wat jou chokolade toe dryf nie. Dis jou lus wat jy kan beheer. As jy jou sekslus kan beheer, kan jy enige lus beheer. En dit geld vir die manne net soveel as vir die dames.

Follow your dream. Volg jou instinkte - hulle is in jou met n doel!

Jy het n roeping, n passie, n doel en geleenthede sal altyd in jou skoot val wanneer jy jou roeping volg. Ja geleenthede val nog in mense se skote. Maar dan moet jy jou skoot hê waar geleenthede val. As jy nie n droom, =n passie, =n visie het nie, kry een. As jy nie een kan kry nie, kom vra my. Ek het hordes waarby ek nooit sal uitkom nie.

Vir jou droom waar te word moet jy n droom hê!

As jy nie weet waarheen jy oppad is nie, gaan iemand anders jou gebruik om sy doel te bereik.

As jy nie jou tyd gebruik om jou doel en roeping na te jaag nie, gaan iemand anders dit gebruik.

Dit verg baie moed om te doen wat JY wil, ander mense het baie planne vir jou.

Maar wanneer jy rasionaliseer, wanneer jy swig voor jou vrees, of wanneer jy dit veilig probeer speel of ander toelaat om vir jou te besluit, gaan daar iets verlore. Daar kom n gat in jou, n leemte, en niks kan dit vul nie. Jy weet jy het jou roeping, jou droom verloën, jouself verraai.

If you’re pleasing everyone all the time, you’re probably not being true to yourself.

Daar is n goeie resep vir mislukking: Probeer om almal tevrede te stel.

Ons kan nooit gelukkig wees in die verlede of in die toekoms nie. Ons kan net nou gelukkig wees.

Ons kan niks doen aan die verlede nie; dit het gekom en is verby. Ons kan niks doen aan die toekoms nie; dit is nog ne hier nie. Maar vandag joune om te gebruik soos jy ookal besluit.

Today is the womb through which the future will emerge.

Jy sal nooit gelukkig wees bloot deur doelwitte te bereik en meer besittings te versamel nie. Geluk word gevind deur waadering van die lewe hier en nou.

What could be more reassuring than to realize that our life has meaning, purpose and value, not by what we achieve or possess, but simply because we are.

The opportunity to become who we want lies in this very moment’s behaviour. David Reynolds

Demonstrasie: Verskillende artikels (sleutels, pen) laat val deur verskillende mense op verskillende plekke. Ons dink as omstandighede net verander sal ek kan gelukkig wees. By ander mense, ander plek, iets besit.

Ons begeer geluk en vervulling en om in vrede te leef met jouself. Ons soek orals, behalwe waar ons is.

As jy nie hier en nou kan gelukkig wees met met wat jy is en het nie.......moet JY verander ander sal jy nooit gelukkig wees nie. Al het jy alles wat begeer en verander alles na wat jy dit hê, sal nie vir lank gelukkig kan wees nie want jy is nog dieselfde binne al die veranderinge.

Ware geluk en vervullig kan net bereik word wanneer jy 100% is wat jy moet wees. En nie noodwendig as jy alles bereik wat jy wil nie. Behalwe as wat jy bereik, dit is wat jy bedoel is om te bereik. Daarom moet jy weet wat jou doel vir hier en en nou is. Want n soeke na ons uiteindelike doel en bestemming, is weer n soeke na geluk in die toekoms. As jy nou is wat jy moet wees, het jy jou doel en bestemming bereik. Dit is lewensvervulling, dit is geluk, dit is in marmonie wees met jouself, en jou bestemming.

Vrae:

Wat moet verander in jou lewe om jou gelukkig te maak?

Wat is reg in jou lewe? (Dankbaarheid, Waardering vir wat jy het).

Wat moet jy weggee om gelukkiger te wees?

(Vrese, Ongelukkigheid, Depressie, Haat en Wrokke (Vergeldingdrang), Verwyte, Woede, Skuld, Bekommernis, Self-twyfel, Disrespek vir ander en vir onsself, Vervolgingswaan, Kritiek, Doelwitte wat nie meer betekenis het nie. Vol - Nie nog plek vir geluk en Vreugde.

Daar is n geheim om waarlik gelukkig te wees....!

If you want to be happy, then .......

Behappy.

Happiness is a choice’.

As jy rêrig gelukkig wil wees, kyk na jou lewe en kry redes om gelukkig te wees.

As jy ongelukkig wil wees, gaan jy net soveel redes kry om ongelukkig te wees.

Dis jou keuse!

GELUK 1

Sukses is ‘n besluit en so is mislukking.

As jy val of misluk; GEE jy op of STAAN jy op?

As die lewe jou onregverdig behandel;

word jy BITTER of BETER?

Geluk is ‘n besluit en so is ongelukkigheid/mislikheid.

Happiness is a decision, so is being misrable.

Om jou geluk te ontdek, moet jy eers ontdek

wat dit is wat jou plesier verskaf.

GELUK 2

‘n Mens kan geluk en vreugde na jou toe aantrek

deur te maak asof jy dit reeds besit.

‘Fake it till you make it!’

Geleenthede val nog in ‘n mens se skoot.

Maar dan moet jy jou skoot hê waar geleenthede val.

Vir jou droom waar te word moet jy ‘n droom hê!

As jy nie weet waarheen jy oppad is nie,

gaan iemand anders jou gebruik om SY doel te bereik.

GELUK 3

As jy nie jou tyd gebruik om jou doel en roeping na te jaag nie, gaan iemand anders dit gebruik.

Dit verg baie moed om te doen wat JY wil,

ander mense het baie planne vir jou.

Jy bring jou stukkie van die legkaart van God se wêreld.

Jy is ‘n stukkie van die legkaart

van God se doel met sy wêreld.

GELUK 4

If you’re pleasing everyone all the time,

You’re probably not being true to yourself.

Daar is ‘n goeie resep vir mislukking:

Probeer om almal tevrede te stel.

Today is the womb through which the future will emerge.

What could be more reassuring than to realize that our life has meaning, purpose and value,

not by what we achieve or possess,

but simply because we are.

GELUK 5

The opportunity to become who we want

lies in this very moment’s behaviour. David Reynolds

Daar is ‘n geheim om waarlik gelukkig te wees....!

‘If you want to be happy, then .......

BE HAPPY.’

Happiness is a choice.

As jy rêrig gelukkig wil wees,

kyk na jou lewe en kry redes om gelukkig te wees.

As jy ongelukkig wil wees,

gaan jy net soveel redes kry om ongelukkig te wees.

DIS JOU KEUSE!

Vrae oor GELUK 6

Wat moet verander in jou lewe om jou gelukkig te maak?

(Wat maak jou tans ongelukkig?)

Wat is reg in jou lewe?

Wat moet jy weggee om gelukkiger te wees?

Terug na Hoofblad