Jaar van Hoop

PREEK OOR HOOP

Die preek is deur Dr Coenie Burger geskryf en vorm deel van die bundel wat aan gemeentes gestuur word. Gebruik dit met groot seŽn.

Om op Christus te hoop

1 KorintiŽrs 13

Enkele voorafverduidelikings vir die prediker:

  • Omdat die preke in hierdie bundel saamhang met die "Seisoen van hoop" en die ASK se aanbevelings rondom versoening, armoede en moraliteit, sal 'n mens waarskynlik aan die begin van die preek iets daaroor moet sÍ. In die preekaanbeveling wat hier volg, is so 'n poging.

  • Die eerste kwartaal se preke sentreer rondom die tema van hoop. Die rasionaal daarvoor is dat 'n dieper verstaan van ons hoop in Christus ons juis die geestelike energie kan gee wat ons nodig het om die drie probleme van armoede, versoening en moraliteit met verwagting en durf te takel. Ons dink dat die KorintiŽrteks (veral v 13) ons 'n wonderlike geleentheid gee om te wys hoe liefde en hoop saamhang.

  • Die preekvoorstel wat hier volg, val uiteen in drie dele:
    • die aanloop (tot nŠ die Skriflesing);
    • die verduideliking van die unieke aard van die Christelike liefde, en
    • die aanwysing van geloof in Christus en hoop op Christus as die onderliggende geheim wat hierdie soort liefde moontlik maak en dra.

Die meeste van ons weet teen hierdie tyd dat die ASK gevra het dat ons hierdie jaar in ons gemeentes besondere aandag sal gee aan drie groot probleme in die land:

  • die grootskaalse armoede;
  • die behoefte aan groter versoening tussen mense en groepe, en
  • die vorming van beter morele waardes.

Hierdie drie probleme is uitgesonder omdat dit so bepalend blyk te wees vir die toekoms van ons land. Dit is nie moeilik om in te sien dat ons toekoms in diť land, menslik gesproke, ten nouste saamhang met die manier waarop ons hierdie drie probleme gaan hanteer nie.

Die hele projek van inisiatiewe rondom hierdie moeilike probleme van versoening, armoede en moraliteit het 'n verrassende naam gekry: Dit word genoem Die Jaar van Hoop of Die Seisoen van Hoop. Hoekom? Omdat ons glo dat by die Here meer dinge moontlik is as wat mense dink of verwag: Ons glo dat die Here Afrika ook liefhet en ons wil en kan help om iets aan hierdie probleme te doen. Ook omdat ons glo dat die Here aan die NG Kerk spesifiek, gawes, middele en mense gegee het wat, wanneer alles en almal in die Naam van Christus reg aangewend word, 'n groot verskil kan maak aan hierdie probleme.

Of ons dit regtig gaan doen, is natuurlik 'n ander vraag ...

Daar is 'n paar negatiewe faktore in die situasie wat ons sou kon terughou. Die gevaarlikste van almal is 'n gees van pessimisme en lusteloosheid wat tans wyd en sterk loop in die land. 'n Mens kan dit deels begryp: Hierdie soort gevoelens is kenmerkend van 'n oorgangsituasie soos ons die laaste paar jaar in ons land beleef. Die gevaarlike kant kom egter na vore wanneer ons onsself aan hierdie gevoelens begin oorgee en eenvoudig toelaat dat ons gemoedstoestand eensydig bepaal word deur dŪt wat ons in die koerante lees: Die jongste nuus oor die verslegtende ekonomie en wisselkoers; politieke verwikkelinge; hoŽ misdaadsyfers, ensovoorts.

Ons geloof gaan meer van ons vra in diť tyd. Dit gaan van ons vra dat, terwyl ons hierdie dinge hoor, ons ook wyer en veral hoŽr sal bly kyk na ander geloofsrealiteite wat net so werklik en gewigtig is as die negatiewe nuus van elke dag. Ons is Christene en ons glo in God ... en in die beloftes van hierdie Boek (die Bybel) wat voor ons lÍ.

Ons gaan nou kyk na 'n baie besonderse gedeelte in hierdie Boek: 1 KorintiŽrs 13. Ek glo dat hierdie hoofstuk ons kan help om weer moed te skep en om hierdie ander werklikhede waarin ons glo, weer helder in die oog te kry. Kom ek sÍ vooraf dat ons veral twee dinge hier gaan hoor:

  • Ons gaan hoor van 'n baie besonderse soort liefde wat Jesus Christus aan sy volgelinge kan gee, 'n liefde wat aansienlik groter en dieper en sterker is as dŪt wat mense gewoonlik "liefde" noem. Dit is die soort liefde wat ons land nou nodig het ... As daar 'n klompie mense is - hulle hoef ook nie eens so baie te wees nie - wat konsekwent uit hierdie soort liefde leef, weet 'n mens dat dit 'n groot verskil in ons land sal kan maak.

  • Ons gaan ook sien (in die laaste vers: v 13) dat hierdie liefde nooit alleen kan staan nie, maar dat dit saamhang met en groei uit twee ander sake: geloof in Jesus Christus en hoop op Hom alleen. Wanneer ons hierdie soort liefde in ons lewe mis, is die kanse redelik goed, sÍ Paulus, dat die fout dieper lÍ: By die vraag wat ons regtig glo en by die vraag wat ons regtig hoop en verwag van die lewe.

Kom ons lees hierdie gedeelte saam. (Lees 1 Kor 13.)

  1. Wanneer ons vandag oor liefde gaan nadink, is dit belangrik dat ons onsself reg in die begin daaraan herinner dat Christene natuurlik nie die woord "liefde" besit nie. Ons is nie Šl mense wat in die liefde glo nie. 'n Mens kan sonder vrees vir teenspraak sÍ dat die meeste groot gelowe in die wÍreld op die een of ander manier in die liefde glo en die een of ander vorm van die liefde propageer as 'n goeie lewenswyse. Ek wil dit waag om te sÍ dat selfs mense wat nie glo nie ook sal sÍ dat hulle liefde waardeer en op hulle eie manier iets daarvan probeer doen. Ons moenie dink dat wanneer mense liefde sÍ - of selfs wanneer ons liefde sÍ - ons noodwendig praat van dŪt wat die Bybel liefde noem nie.

    Die unieke van die Christelike liefde (en van 'n hoofstuk soos 1 Kor 13) is nie die tema "liefde" nie, maar die soort liefde waarvan daar gepraat word. By 'n eerste lees kom jy al agter dat hierdie liefde iets anders is as die sentiment of emosie van welwillendheid wat ons soms liefde noem. Dit is dieper en ernstiger; dit is taaier en sterker as 'n blote emosie. Wanneer jy kyk na al die eienskappe wat Paulus opnoem, weet jy dat dit beslis nie altyd maklik of lekker sal wees nie. Dis nie 'n speletjie vir kinders nie, sÍ Paulus in vers 11, jy moet redelik volwasse wees om hierdie liefde te kan doen.

    Hoewel dit nie direk in die hoofstuk gesÍ word nie, weet ons almal dat die groter prentjie wat ons agter 1 KorintiŽrs 13 moet sien, die beeld van Jesus Christus is. Ons word hier opgeroep om te leef soos Christus geleef het, om sy gesindheid en houding te openbaar, om oor mense te dink soos Hy oor hulle gedink het, om besorg te wees en om te gee soos Hy dit gedoen het, om so selfloos en opofferend te leef soos Hy geleef het.

  2. Kom ons na 'n paar dinge wat hier gesÍ word. Paulus teken 'n redelik duidelike prentjie van hoe Christelike liefde lyk:
    • Die liefde kom altyd uit, sÍ Paulus in vers 4, in 'n lewenshouding van vriendelikheid - nie net teenoor ons vriende nie, maar teenoor alle mense (vgl Fil 4). Hierdie vriendelikheid is meer as 'n geforseerde glimlag of 'n beleefde groet wat ons aan- en afdraai soos die geleentheid dit vereis. Vers 4 sÍ nie dat die liefde vriendelik kan optree of doen nie; dit sÍ dat die liefde vriendelik is. Die Christelike liefde word gedra deur 'n diepe wete van vrede met die wÍreld: omdat ons weet van God se welbehae in mense en omdat ons glo dat Christus die wÍreld oorwin het en dat sy vrede uiteindelik sterker sal wees as al die vyandskap van mense. Daarom kan Christene selfs vriendelik wees met diť mense wat nie met ons vriendelik is nie. Wat ons weet van Christus, wil ons help om mense se onvriendelikheid nie altyd te ernstig op te neem nie. Wanneer Paulus in vers 5 sÍ dat die liefde nie liggeraak is nie en nie boek hou van die kwaad nie, moet ons dit ook in hierdie verband sien. 'n Mens kan vergewensgesind en ruimhartig wees wanneer jy weet dat God in beheer is, dat jou lewe in sy hande is en dat niks jou van sy liefde en sorg kan skei nie.

    • 'n Mens sien die andersheid van die liefde van Christus nog duideliker in die feit dat dit nie selfgerig is nie, maar altyd die heil van die ander soek. In vers 5 sÍ Paulus dit baie duidelik: Die liefde soek nie sy eie belang nie. Dit is daarom (v 4) ook nie afgunstig of verwaand of grootpraterig nie. Ons hoef nie die hele tyd vir onsself te veg of ons eie beuel te blaas of na ons eie belange om te sien nie, want ons glo dat Christus dit vir ons doen. Ons kan vir ander opkom, vir ander probeer sorg - omdat ons weet dat ons reeds Iemand het wat vir ons sorg.

    • Dat dit in die Christelike liefde definitief oor meer gaan as sentimentaliteit of blote gevoelens, sien jy die heel duidelikste in vers 6 wanneer Paulus praat oor sensitiwiteit vir reg en waarheid as deel van die liefde: Dit (die liefde) verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Daar mag seker ander definisies van liefde wees waarin reg en waarheid nie juis 'n plek het nie, maar in die Bybel is hierdie drie sake altyd bymekaar. Die Bybel weet nie van 'n egte soort liefde wat neutraal staan teenoor onreg of wat nie eintlik veel omgee vir die waarheid nie.

    • Daar is nog een eienskap van die liefde wat Paulus hier noem wat vir ons tyd baie belangrik is. In vers 4 sÍ Paulus dat die liefde geduldig is. Die liefde kan wag - en aanhou en uithou en weer probeer. Die liefde raak nie moedeloos, ongeduldig en geÔrriteerd wanneer dinge nie die eerste of die tweede keer regkom nie. Die liefde is geduldig - soos God - en kan wag ... Ek dink soms dat dit een van ons tradisioneel bevoorregte mense in die land se grootste probleme is. Ons wil hÍ dinge moet vinnig regkom en as dit nie gebeur nie, voel ons kwaad of moedeloos. Dit is so belangrik dat ons dit juis nou sal onthou. Wanneer 'n mens ongeduldig of moedeloos wil raak, moet jy maar net 'n oomblik terugdink aan waar ons 15 jaar gelede was en wat ons vrese vir die toekoms toe was: 'n lang uitgerekte oorlog, haat en moontlike vergelding ... Die Here het ons dit in hoŽ mate gespaar. Ons is besig om te bou aan 'n nuwe toekoms. Ons is besig om 'n nuwe weg te soek. Ons almal is besig om nuwe maniere te leer en ons sukkel daarmee en maak foute in die proses. Maar as 'n mens 'n oomblik dink hoe lank die proses in ander lande geloop het, is ons dalk te haastig. Ons is onrealisties om te dink dat dit alles nou - nŠ 10 of 15 jaar - rustig en wonderlik sal wees. Die liefde is geduldig en kan wag ... sonder om moeg te word en op te hou om goed te doen.

    Die Bybel en die geskiedenis leer ons dat 'n paar mense - dit hoef nie eens so baie mense te wees nie - wat werklik bereid is om hierdie soort liefde uit te leef 'n verstommende verskil kan maak in hulle omgewing. As daar 'n paar Christene in Suid-Afrika gevind kan word wat bereid is om hierdie soort liefde as 'n leefwyse op hulle te neem, kan dit menslik gesproke die verskil tussen seŽn of ellende vir hierdie land wees.

  3. Maar kom ons wees eerlik en erken dat dit nie maklik is om daar by te kom nie. Baie van ons het dit al rukkies lank probeer en uitgevind dit is moeiliker, meer uitputtend en selfs pynliker as wat ons gedink het. Uit ons eie sal ons dit nooit kan doen nie. Vriendelikheid is een ding, maar die soort opofferende liefde waarvan hier gepraat word wat dag in en dag uit ander se belange raaksien en soek - dŪt is te hoog vir gewone mense soos ons.

    Hoe kom 'n mens hier by? Is dit regtig moontlik om daarby uit te kom? Kan 'n mens regtig so leef? Kan gewone mense regtig so leef?

    Ek glo die geheim van 1 KorintiŽrs 13 lÍ in vers 13. Ons kan hierdie soort liefde nie op sy eie verstaan of op sy eie bekom nie. Die liefde van 1 KorintiŽrs 13 kom altyd in 'n pakkie saam die twee ander Christelike deugde: geloof en hoop. Hoewel die liefde in sekere sin die grootste en die belangrikste van die drie is, rus dit in die ander twee, spruit dit uit die ander twee, is dit gewortel in die ander twee.

    Ons kan eers aan hierdie liefde begin werk wanneer ons werklik glo in Jesus Christus.
    Wanneer ons glo

    • dat ons in Hom met die ware God van hemel en aarde en van lewe en dood te doen het;
    • dat wat Hy vir ons gesÍ het oor die Vader en sy liefde vir ons en alle mense waar is;
    • dat Hy gesterf het vir ons en vir ons wÍreld - ook vir Afrika, en
    • dat Hy - ook vir ons - opgestaan het uit die dood en dat ons daarom nou leef in 'n oop werklikheid: 'n wÍreld waarin die onwaarskynlike en selfs die onmoontlike nie meer heeltemal onmoontlik is nie.

Liefde word gebore, hierdie soort liefde van 1 KorintiŽrs 13 word moontlik, wanneer ons glo wat die Bybel vir ons oor Jesus Christus en God sÍ en wanneer ons ons hoop vir die toekoms begin bou op hierdie God en sy beloftes.

Wat is die verskil tussen geloof en hoop? Geloof gaan oor die vraag wat ons glo van die verlede, van die geskiedenis, van dŪt wat werklik gebeur het in die tyd van die Nuwe Testament en van die Ou Testament. Hoop, aan die ander kant, het te doen met dŪt wat ons glo en sÍ en dink en verwag van die toekoms. Wie se raad vir die toekoms glo ons? Op wie se voorspellings en voorseggings bou ons ons keuses? Op wie se scenario's vertrou ons die meeste? Glo ons dat Jesus Christus nie net in ons verlede daar was nie, maar dat Hy ook voor ons is; dat Hy in ons toekoms en in Afrika en Suid-Afrika se toekoms ook daar sal wees?

Om op Jesus Christus te hoop vir ons toekoms beteken dat ons kies om ons in ons beplanning vir die toekoms ook - nee, eerstens - te oriŽnteer volgens sy Woorde en sy beloftes.

Ons kan nie in God glo en op Christus hoop en bly saampraat en saamkla oor alles en nog wat in die land nie. Ons sal moet kies waar ons staan en wat ons wil doen. Daar is 'n negatiewe en pessimistiese manier van praat oor die land, waaraan ons as Christene ook soms saamdoen, wat aan dťfaitisme en ongeloof grens en wat vir niemand goed is nie. Ons dink ons gesels maar net saam, maar voor ons ons kom kry, glo ons ook - saam met 'n klomp ander mense in die land - dat ons lewe nie regtig bepaal word deur God nie, maar deur die doen en late van politici en deur die oppe en affe van die finansiŽle markte van die wÍreld.

Hoop - dit is om te glo dat Jesus Christus leef en dat Hy gister en vandag en mŰre dieselfde is; dat Hy dit wat Hy vir ander gedoen het, ook vir ons kan doen. Om op Christus te hoop is om te glo dat Hy vir ons 'n toekoms kan gee - vir ons en vir ons kinders, en vir al die kinders van ons land.

In die soort situasie waarin ons is, dink ons soms aan wat Chesterton oor die mislukkings van die kerk en die Christendom gesÍ het. Waar die Christendom oŽnskynlik gefaal het, sÍ hy, is dit nie 'n geval dat mense dit probeer het en dat dit nie gewerk het nie; dit is eerder 'n geval dat mense dit te moeilik en veeleisend gevind en dit nooit regtig probeer het nie ...

Mag die Here ons help dat dit nie eendag van ons gesÍ sal word nie: Dat die land ondergegaan het omdat ons nie kans gesien of lus gehad het om die evangelie regtig te probeer nie ...

Paulus sÍ as ons die krag of lus vir hierdie soort liefde in ons lewe mis, verstaan ons nog nie regtig wie Christus is en wat Hy vir ons kan doen nie. Wanneer ons kan leer om regtig in Hom te glo en op Hom te hoop, kan Hy ons krag gee om lief te hÍ soos Hy dit gedoen het.


VAM - KOM NEEM DEEL AAN DIE GESPREK

Opsomming van die verslag van die ad hoc-kommissie oor versoening, armoede en morele herstel

Hierdie opsomming van die VAM-verslag is bedoel om te dien as gespreksdokument in gemeentes, ringe en op gespreksforums soos deur die streeksinodes gereŽl. Die volledige verslag, wat die betrokke sake meer breedvoerig hanteer en interessante statistiek bevat, kan van die AJK se kantoor bestel word.

Die Algemene Sinode het by sy sitting in Oktober 1998 die volgende besluit geneem:

"Die Algemene Sinode aanvaar sy groot verantwoordelikheid om saam met ander kerke in die land aan die volgende dringende sake aandag te gee:

  • die bevordering van versoening;
  • die bekamping van armoede, sowel as
  • die verval van morele waardes in die land."

'n Ad hoc-kommissie - die Kommissie vir Versoening, Armoede en Morele Herstel (VAM-kommissie) - is deur die Sinode aangewys om die NG Kerk so gou moontlik met 'n aantal praktiese voorstelle in diť verband te dien. Dit was 'n uiters belangrike en betekenisvolle besluit wat die probleme van armoede, versoening en moraliteit as komplekse en kritieke maatskaplike probleme, wat tans die toekoms van Suid-Afrika bedreig, vanuit die kerk wil aanspreek. Agter die besluit sit die oortuiging dat die kerke van die land en met name die NG Kerk 'n wesenlike, onontbeerlike rol het om te speel rondom die hante-ring van diť drie probleme. As ons onsself aan Christus en sy evangelie verbonde beskou, is hierdie probleme in ons omgewing ook ons pro-bleme. Ons moet betrokke raak by die probleme, nie net uit plig nie, maar ook omdat ons glo dat Christene en kerke 'n unieke bydrae kan lewer tot die hantering van hierdie drie probleme. In 'n tyd waarin baie van ons lidmate nog besig is om hulle voete te vind in die nuwe situasie en talle vrae het oor hulle eie rol en toekoms, glo ons dat betekenisvolle en daadwerklike betrokkenheid van die NG Kerk by hierdie drie sake "'n deur van hoop" kan wees vir baie van ons lidmate. Dit is so dat nuwe hoop nie altyd aan ons gegee word terwyl ons passief wag daarvoor nie; soms ontvang ons dit juis wanneer ons Christus en sy Gees in gehoorsaamheid navolg met klein dade van liefde en ontferming.

Dit is goed om te weet dat ons nie al Christene is wat nadink en aandag gee aan hierdie sake nie. Heelwat ander kerke het ook 'n "roepstem" ge-hoor en ons as gelowiges sal op mekaar moet reken in die aanspreek van die probleme.

Die VAM-kommissie het telkens onder die indruk gekom van die ingewikkeldheid en diep verweefdheid van die vraagstukke rondom versoening, armoede en die morele verval in die land.

Armoede

Aan die begin van 'n nuwe millennium is Afrika, ook Suid-Afrika, vasgevang in knellende armoede wat vererger word deur vernietigende geweld en vreesaanjaende siektes. Die vraag wat ons as kerk aan mekaar moet vra, is hoe die kerk op hierdie situasie kan reageer. Die antwoord kan in drie stappe opgesom word: Sien! Dink! Doen!

Die aanvaarding van verantwoordelikheid in die oplos van die armoedeprobleem is slegs moontlik wanneer die nood raakgesien word. Christene kan nie maar net hulle oŽ toemaak vir die probleem rondom hulle nie. Geloof gee aan ons die moed en liefde gee aan ons die dryfkrag om die probleme in die oŽ te kyk en met 'n sinvolle respons te kom.

Daar is duisende voorbeelde van goedbedoelde projekte die afgelope eeu in Afrika wat dikwels die probleem net erger gemaak het omdat die probleem onderskat en verkeerd verstaan is. Nadat die nood van mense gesien is, moet die probleem goed begryp en reg geformuleer word, want die probleemformulering bepaal die optrede wat volg. Nie net die omvang van die armoede nie maar ook die aard van die armoede moet duidelik begryp word. Solank armoede slegs 'n gebrek is aan middele soos kos, klere of geld, is die oplossing relatief eenvoudig. Maar as die armoede eers die innerlike van die mens aangetas het - sielkundig, geestelik, selfbeeld, waardes, kultuur - word dit soos 'n bose mag wat teer op die pogings om hom te beveg. Die respons op armoede moet goed deurdink en beplan word. Gemeentes moenie toelaat dat die omvang van die armoede hulle oorweldig nie. Selfs die kleinste projek wat die probleem reg verstaan, kan 'n verskil in mense se lewe maak.

Die VAM-kommissie het dit as deel van hulle taak gesien om aanvanklik vanaf die Algemene Sinode se kant gemeentes en lidmate in staat te stel en toe te rus om die stryd teen armoede met oortuiging, kundigheid en effektiwiteit aan te pak. Om dit 'n werklikheid te maak word daar op die oomblik gewerk om een kanaal te skep om projekte te koŲrdineer. Navorsing en ontwikkeling, verspreiding van inligting en riglyne vir die befondsing deur en bemarking aan die sakewÍreld geniet aandag.

Morele herstel

Naas armoede staan die ernstige morele krisis wat ons vandag in ons samelewing beleef. Ons moet in die beskrywing van die morele krisis waak teen eensydighede. Dit is eerstens verkeerd om die indruk te skep dat dit op die gebied van mora-liteit in alle opsigte veel slegter gaan as in die verlede. 'n Tweede eensydigheid waarteen ons moet waak, is om die morele krisis in ons samelewing slegs in terme van die toename in misdaad te beskryf. Wend 'n mens 'n poging aan om die morele krisis te ontleed, kom jy gou onder die indruk hoe ingewikkeld die verskynsel in werklikheid is. Die mo-rele krisis bestaan deels daarin dat daar heel uiteenlopende op-vattings is oor wat moreel reg en verkeerd is. Dit bestaan ook in die opval-lende on-ver-moŽ van baie om dŪt wat hulle as moreel juiste optrede sien, daad-werk-lik uit te leef. Daarby kom die bewustelike verset van sommige teen die oorgelewerde moraal van die kulturele of godsdienstige groepe waartoe hulle behoort. Wat ook opvallend is, is die toenemende onsekerheid wat baie mense ervaar oor wat nou eintlik moreel reg en verkeerd is.

Die morele krisis hang in belangrike mate saam met 'n diepliggender bestaanskrisis. Daar is baie mense in ons samelewing wat nie die wil het om moreel reg op te tree nie, omdat hulle omstandighede so haglik is, hulle alle respek vir die lewe en besittings van hulle medemense verloor het, hulle alle hoop vir die toekoms verloor het of omdat hulle in 'n geloofskrisis verkeer. Die oorsake van die probleem is kompleks en spruit uit omstandighede uit die verlede sowel as uit die oorgang na 'n nuwe bedeling in Suid-Afrika en die proses van die waarmaak van die nuwe bedeling.

In die kerk se benadering tot diť omvangryke en ingewikkelde probleem sal ons moet erken dat die uitdagings tot morele herstel nie deur een kerk of instansie alleen suksesvol aangepak kan word nie. Die NG Kerk sal bereid moet wees om saam met ander kerke en instansies te werk. Gemeentes behoort - sover moontlik - in te skakel by bestaande inisiatiewe van ander gemeentes, kerke en ekumeniese organisasies. Nuwe insiatiewe moet slegs aangepak word as daar nie reeds geskikte bestaande inisiatiewe is nie.

As Christene kan ons nie anders oor die uitdagings dink en handel as in ooreenstemming met die boodskap van die Bybel nie. Ons is daarvan oortuig dat die kerk 'n eie, unieke bydrae het om ten opsigte van diť uitdagings te lewer. Die kerk kan hierdie eie by-drae slegs lewer as hy duidelikheid het oor sy eie, unieke identiteit as liggaam van Christus. Ons oordeel daarom ook dat enige dienstigheid aan politieke partye, kulturele groepe en ekonomiese belangegroepe in die aanpak van hier-die uitdagings vermy moet word.

In die kerk kan ons met dankbaarheid getuig van baie lidmate wie se lewe hoogstaan-de morele kwaliteit het. Dit dui daarop dat die gewone bediening in baie gemeentes wel 'n sterk moreel vormende uitwerking het. Ons moet ook met dankbaarheid daarvan kennis neem dat daar baie ouers is vir wie die Christelike opvoeding van hulle kinders 'n saak van erns is, soos blyk uit die morele kwaliteit van die lewe van 'n groot aantal jongmense in ons kerk.

Die NG Kerk is bevoorreg om toenemend genooi te word na en deel te neem aan ekumeniese en openbare gesprekke oor morele aange-leent-hede. Ons is dankbaar om kennis te neem van navorsing wat gedoen en kursusse wat aangebied word oor moraliteitsake deur in-stan-sies soos BUVTON, SEVTO, EVTO en die Sentrum vir Beroeps-etiek by die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van Pretoria. Al hoe meer teologiese en populÍre publikasies oor morele kwessies en oor Christelike deugde verskyn op die mark.

Versoening

Die derde saak op ons tafel - versoening - is nie minder kompleks as die denke oor armoede en die morele herstel in ons land nie. Ten spyte van die merkwaardige positiewe veranderinge in ons land die afgelope dekade - die nor-ma-lisering van die samelewing, die vestiging van 'n omvattende demokratiese bestel waarin almal in die land kan deel, asook die aanvaarding van 'n nuwe grondwet wat die basiese regte van elke persoon en gemeenskap waar-borg - is daar ook negatiewe kragte aan die werk. Suid-Afrika het ůůk ontwikkel in 'n land van misdaad en geweld, van onreg en teleurgestelde verwag-tings, van armoede en ekonomiese ongelykheid, van werkloosheid en, in sekere gemeenskappe, van hardnekkige rassisme en onverdraagsaamheid. Die pyn van die onreg van die verlede is - ten spyte van baie po-gings - nog nie genees nie. Versoening, op byna elke terrein van die samelewing, is dringend nodig.

Dat die kerk hier 'n heel besondere rol moet vervul, word weer en weer beklemtoon. Ook van die NG Kerk met sy eie besondere teologie, geskiedenis ťn plasing binne die Suid-Afrikaanse samelewing word hoŽ verwagtings gekoes-ter.

In die brosjure Die NG Kerk se reis met apartheid (wat deur die Algemene Sinode van 1998 as amptelike dokument aanvaar is) word gemeld dat die NG Kerk, met die apartheidsera iets van die verlede, besig is met 'n nuwe reis: 'n reis van versoening.

In 1990, in die jaar toe die NG Kerk sy rug finaal in die openbaar op apart-heid gedraai het, het die Algemene Sinode lidmate opgeroep om in 'n situasie van konflik erns te maak met die evangelie van versoening. Dit moes lidmate onder meer doen deur sensitief te wees vir die belange en standpunte van ander, het die Sinode gesÍ, "deur bereid te wees om eie swakhede, kortsigtighede en aandadigheid aan die ontstaan van die huidige onvrede te erken; en deur mekaar en andere van harte en onvoorwaardelik te vergewe vir hulle aandeel daaraan" (Handelinge, Algemene Sinode, 1990, bl 710).

Die huidige houding van die NG Kerk in verband met versoening word uitgedruk in 'n besluit van die Uitgebreide Moderamen van Noord-Transvaal wat onder meer soos volg lui: "Die Moderamen is van oordeel dat die kerk hom aktief moet beywer om die blywende versoeningsboodskap deur sy strukture uit te dra ... Die kerk moet primÍr gebruik maak van sy eie strukture, veral die gemeentes, waardeur hy al sy lidmate op 'n volgehoue manier direk kan be-reik en so tot blywende versoening oproep ... Die Moderamen besluit om met groot dringendheid leiding te neem om hierdie versoeningsproses in die Sino-de van Noord-Transvaal te bevorder" (13 Maart 1997).

Tydens die vergadering van die Algemene Sinode (Pretoria 1998) is 'n indringende debat oor die betekenis van versoening in ons land - en die rol van die NG Kerk in diť verband - gehou. Die volgende twee besluite is geneem:

Die Algemene Sinode herbevestig die volgende:

As mense wat deur Christus verlos is, het ons die roeping om versoe-ning tussen mense te bevorder. Dit beteken onder meer dat ons na ander mense se verhale wil luister, dat ons erns wil maak om hulle pyn en nood raak te sien en om mee te werk aan die genesing van die ge-meenskap en die oplossing van probleme. Ons is geroepe om hierin ons eie swakhede te erken.

Verskeie kerklike vergaderings het reeds oor versoening, naasteliefde en betrokkenheid by die nood van mense goeie besluite geneem. Dit is ons doelwit om nou hierdie woorde al meer in dade om te sit. Dit moet in die NG Kerkfamilie en in die breŽ gemeenskap plek vind. Waardes soos aanvaarding, geduld, respek, eerlikheid, hardwerkendheid is van kardinale belang.

Die kerk glo dat geestelike kontak tussen mense 'n onvervangbare rol speel in die proses van versoening. Sodoende word die essensiŽle we-dersydse vertroue tussen mense en groepe versterk en uitgebou.

Daarom verbind ons as Algemene Sinode ons op grond hiervan om in samewerking met die VGK en die hele NG Kerkfamilie te soek na weŽ waarin hierdie beginsels gestalte kan kry in konkrete samewerkingstrukture.

Die Algemene Sinode herinner lidmate daaraan dat die begrip "versoening" in verskillende betekenisse gebruik word.

In die sosio-politieke lewe word van versoening gepraat wanneer enkelinge of groepe mekaar nie langer beveg of vermy nie, maar verskille opklaar en mekaar in mindere of meerdere mate aanvaar. Hierdie vorm van versoening kan diep menslike ervarings meebring en wonderlik bevrydend wees.

Sonder geloof in Jesus Christus bly dit egter net 'n skadu van die dieper versoening waarvan ons in die evangelie hoor. Hierdie versoening is die werk van God wat mense se vyandskap teen Hom en onder mekaar vernietig het deur die kruisdood van Jesus Christus, en nou deur die kerk alle mense oproep om hierdie versoening te aanvaar en daaruit te leef.

Daarom dring die Sinode daarop aan, by die kerk in die algemeen en by die NG Kerkfamilie in die besonder, dat hierdie versoening onder-ling en na buite in woord en daad uitgedra word om sů die tekens van die koninkryk van God in die wÍreld sigbaar te maak.

Die NG Kerk wil hom in die jare wat voorlÍ daadwerklik daarvoor beywer dat die koninkryk van God uitgebrei, onreg op alle vlakke van ons samelewing en na alle kante toe uitgeskakel en Christelike versoening bevorder word. Die NG Kerk wil in diť verband saamwerk met die ander lede van die NG Kerk-familie, die Afrikaanse Gereformeerde kerke en die ander kerke in Suid-Afrika en elders en sal daarvoor werk dat, waar enigsins moontlik, 'n eendragtige gesament-like Christelike getuienis gehoor kan word.

Die algemene vertrekpunte in die VAM-verslag het gelei tot 'n hoofstuk vol kreatiewe idees waaraan werkgroepe, streeksinodes, ringe en gemeentes kan meedoen en saam ontwerp. Hierdie projekte sal deur die jaar in die media en deur skrywes aan gemeentes bekendgestel word. Die inligtingspamflet wat in Januarie 2001 in gemeentes versprei word oor die werksaamhede van die VAM-kommissie verduidelik in breŽ trekke die projekte wat gedurende die jaar in meer detail bekendgestel sal word.


Terug na Hoofblad