Jeuggesprek-
forum


Jeug-aktueel


Jeugprogramme
en speletjies


Kinder- & Jeugpreke


Kampe


Artikels


Die Boekrak


Jubel oor Jesus


Werkterreine


Onderwyssake


Beurse & Toekennings


AJK Inligting


Skakels

TEMA VIR N JEUGBYEENKOMS, 2001 JAAR VAN HOOP

DOEL: Om jongmense se hooploosheid op humoristiese wyse uit te lig en God se hoop as alternatief te gee.

BENUTTING: Godsdiensonderrig of jeugdiens van begin van die jaar.

METODE (opdragte vir die aanbieder is kursief): Koppel n "gedagteleesrekenaar" aan n jongmens se kop en projekteer sy "gedagtes" met n truprojektor of dataprojektor op n skerm. Na n reeks humoristiese prente word die hooplose prent vervang met n hoopvolle toekomsbeeld. Gebruik sommer n selfoon of TV afstandsbeheer met drade wat na die persoon se kop toe loop en na die truprojektor of dataprojektor gesein word.

INHOUD:

Ek het n gedagteleesrekenaar ontwerp. As ek n woord hierop intik, dan soek die program deur jou brein (soos n "search-engine" op die internet) en projekteer wat jy hieroor dink op die skerm. Ek soek n vrywilliger om dit te demonstreer.

Laat die vrywillger met sy/haar rug na die skerm sit en plak elektrodes (soos in die hospitaal se hoësorgeenheid) aan sy kop vas

Ek gaan nou die woord "eksamen/wiskunde/enigiets angswekkends in hulle skoolomgewing" intik.. Prent 1 verskyn (angs wat in die persoon se hemp veg dat die knoppe staan).

Nou die woord "vrydagaand". Prent 2 (n vuurwarm vryery verskyn).

Nou die woord "wakkerword" Prent 3 (hardloop in nagklere)

Nou tik ek n jaartal in. watter prent kom op as ek jou 10 jaar verder laat dink aan die jaar "2010"? Prent 4 (persoon op vlot in die middel van die see)

Aan die vrywilliger: Dis snaaks: jys dan jonk en jou lewe en die toekoms lê oop voor jou?!

Aan die gehoor: Wat sien julle in hierdie prent? Vuil en verwaarloos (gee nie meer om nie), dryf rigtingloos (het opgegee, probeer nie meer nie), alleen (dis hoe ek dalk voel), ens.

Hierdie is ongelukkig die prent wat in baie jongmense se gedagtes is. Hoekom? Dalk is die rede die woorde wat ek op advertensies van Lovelife TV-program sien: "The future aint what it used to be". Baie is bekommerd oor dinge soos: Waar gaan ek werk kry? Waar kry mens genoeg geld? Wat gaan gebeur as Vigs se volle impak ons land tref? Wat gaan gebeur as ek geskiet/ verkrag/ vermink word? Of as dit my mense oorkom? Navorsing wys dat 70% van SA tieners bekommerd of hoogs bekommerd is oor hul toekoms.

Hoe reageer mense hierop?

Party mense kruip weg (Prent 5: iemand in doos wat vlug vir die lewe). Mense vlug deur net in hul wêreldjie te leef. Hulle kyk nie nuus of lees koerant nie, en vlug vir stres na elke "party" toe.

Drugs en drank is die maklikste manier van vlug. (Prent 6: dronk ou) As ek begin stres, dan drink ek iets, en alles voel beter: ek is gou slimmer en die probleme is kleiner.

Party word kwaad en gewelddadig (Prent 7: persoon wat selfs sy eie beeld in die spieël skiet). Baie misdadigers is jongmense wat geweld gebruik al weet hulle hulle gaan waarskynlik self een of ander tyd ook doodgemaak word. Bendes trek jongmense in want hulle dink: "Waar anders gaan ek geld en vriende kry? Hierdie "gang" is darem iets" Dit word dan hul enigste hoop.

Baie raak sinies. Hulle sê: "Ek glo niemand meer nie. Almal verneuk (kyk maar hoe val die helde volgens die nuusberigte). Elkeen leef vir homself, ek ook."

Hierdie hooploosheid moet verander. Ek glo elke jongmense moet n toekoms hê. Hoe kan ek leef as ek nie hoop het nie?

Kom ons probeer iets. Ek gee nou my Bybel aan jou (die vrywilliger). Lees nou hierdie deeltjie. Jy hoef dit nie hardop te lees nie want ons almal sal sommer jou gedagtes lees en sien wat jy lees: Op skerm verskyn prent 8: Spr 23: 17b-18

Wat sê dit vir jou? Hier is n belofte wat sê dat jy hopvol kan wees. Dit vereis n wilskeuse: Ek moet kies om Iemand as Here te erken en Hom te dien.

Lees nou hierdie deel. Op skerm verskyn prent 9: Ps.37:23-24

Wat sê dit vir jou? Toe ek kies, toe ontdek ek dat die Here lankal vir my gekies het en besig is om my te stuur en te ondersteun. En ek is steeds op my voete want Iemand het my elke keer opgehelp, dalk met n vriend of ouer, dalk met moed wat Iewers vandaan gekom het. Ek het respek vir baie jongmense se "guts" maar ek weet waar dit vandaan kom! Die teks sê wel dat ek partykeer gaan val (en min geld hê of n jaar lank werk soek, of dalk "gehijack" word) maar dat God sal sorg dat ek nooit gaan bly lê nie.

Lees nou hierdie deel Op skerm verskyn prent 10: Ps.37: 3-5

Wat sê dit vir jou? Kies die Here en hou op stres. Gebruik eerder al jou energie om jou toekoms te bou. Moenie energie mors met stres of wegkruip of baklei nie.

Kom ons lees nou jou gedagtes as ons nou weer n jaartal intik. Hierdie keer 2001, hierdie jaar. Prent 11: (Persoon wat hardloop met fakkel van Hoop)

Dis iemand wat voluit leef. Hoekom? Hy/sy het HOOP, gekry by God. Vanjaar is jaar van hoop. Nie jaar van voorspoed nie, want ons takel probleme soos armoede, versoening en ons land se swak morele waardes. Maar: hierdie persoon hardloop (hy is positief) al dra hy n rugsak (ons probleme gaan nie môre verdwyn nie).

Wat maak my hoopvol? God is deel van my toekomsprentjie: ek het vir Hom gekies en Hy het my sy trou belowe.

Luister na hierdie definisie van hoop: Hoop is om my prentjie van die toekoms te vervang met God sn (sê dit 2 maal).

Hoe gaan jou 2001 lyk?

Terug na Hoofblad