Jeuggesprekforum


Jeug-aktueel


Jeugprogramme
en speletjies


Kinder- & Jeugpreke


Kampe


Artikels


Die Boekrak


Jubel oor Jesus


Werkterreine


Onderwyssake


Beurse & Toekennings


AJK Inligting


Skakels

[Dr Louis Dressel]Ek is baie bly om die AJK se webruimte aan jou bekend te kan stel. Ek hoop jy sal ons gereeld besoek sodat ons jou op hoogte kan hou van die AJK se werksaamhede deur hierdie medium.

Die redakteur van dié webtuiste is ds Charl van Rensburg. Kontak hom gerus by cvr@freemail.absa.co.za

Gedagte vir die maand
Here, wat beplan U vir vandag?
Kan ek asseblief deel wees daarvan?

[Ons fokuspunte]

Jeugbediening Studietoer Uitnodiging aan leraars en jeugwerkers
Baie leersaam en inspirerend. Gereël deur die Sinodale Jeugkommissie (SJK) vanaf
12 - 15 Maart 2001
Kry die besonderhede hier.

Jaar van Hoop
CLF het aan elke gemeente in die land 'n pakket uitgestuur oor die "Jaar van Hoop".
Dit pakket bestaan uit drie boekies. Daar is nog 250 preekbundels gratis beskikbaar, daarna sal dit verkoop word teen R14 per eksemplaar. Dit kan bestel word by CLF-Uitgewers (051) 4038500 of by rene@clf.co.za of publisher@clf.co.za
Aangeheg is een van die preke in die preekbundel.

Het Jesus 'n modem gebruik?
Lees hierdie gedig.

> Did Jesus use a modem,
> At the Sermon on the Mount?
> Did He ever try a broadcast fax,
> To send His message out?
> Did the disciples carry beepers,
> As they went about their route?
> Did Jesus use a modem,
> At the Sermon on the Mount?
>
> Did Paul use a Laptop,
> With lots of RAM and ROM?
> Were the Epistles posted on a Website,
> At Paul.Rome.Com?
> Did the man from Macedonia,
> Send an E-Mail saying "Come?"
> Did Paul use a Laptop,
> With lots of RAM and ROM?
>
> Did Moses use a joystick,
> At the parting of the Sea?
> And a Satellite Guidance Tracking System,
> To show him where to be?
> Did he write the law on tablets,
> Or are they really on CD?
> Did Moses use a joystick,
> At the parting of the Sea?

 

continued...

> Did Jesus really die for us,
> One day upon a tree?
> Or was it just a Hologram,
> Or Technical Wizardry?
> Can you download the Live Action Video Clip,
> To play on your PC?
> Did Jesus really die for us,
> One day upon a tree?
>
> Have the wonders of this modern age,
> Made you question what is true?
> How a single man, in a simple time,
> Could offer life anew?
> How a sinless life, a cruel death,
> Then a glorious life again,
> Could offer more to a desperate world,
> Than all the inventions of man?
>
> If in your life, the voice of God,
> Is sometimes hard to hear.
> With all the other voices calling,
> His doesn't touch your ear.
> Then set aside your laptop and modem,
> And all your fancy gear.
> And open your Bible, open your heart,
> And let your Father draw near.


Stem jy saam met die gedig? Lees wat skryf Neil MacQueen as antwoord op die gedig.

AJK-vergadering 19-21 Februarie 2001
Hiermee word jy ingelig oor die reëlings vir die jaarvergadering van die Algemene Jeugkommissie vir 19-21 Februarie 2001.

  • Plek: Nevenbergh Kampterrein, Krugersdorp.
  • Datum: 19 Februarie 2001 (Die AJK-DB 9:30-12:00) tot 21 Februarie 17:00.
  • Personeel:
    Die eerste deel van die vergadering word grotendeels gewy aan die bedieninge en die tweede deel aan die ver-gadering. Die lede van die bedieninge word versoek om die hele vergadering by te woon. Lede van die AJK word versoek om reeds Maandag teenwoordig te wees.
  • Reisreëling:
    • Bespreek asseblief vroegtydig julle vlugkaartjies en beding vir die goed-koopste tarrief. Indien julle nie vooruit kan betaal met >n krediet-kaart nie, kan julle met mnr Gerrit Lotz se kantoor reël om die kaartjie vooruit te betaal.
    • Persone wat per pad moet reis word versoek om waar moontlik saam te ry.
    • Laat weet asseblief vir Kotie watter vlug julle bespreek het en wat die aankoms tyd is. Ons reël vir vervoer vanaf die Johannesburg lughawe. Saamkompunt is BJ=S in die hoofaankomssaal vir binnelandse vlugte.
  • Agenda
    1. Aandag gaan gegee word aan spanbou.
    2. Bedieninge gee terugvoer oor hulle projekte en besin oor die verloop van projekte vir 2001 en verder (Verslae word ontvang voor 15 Januarie 2001).
    3. Die Avergadering-element@ word tot die minimum beperk.
    4. Die volgende drie sake gaan veral aandag kry:
      1.Vigssentrum by HK - ds Christo Greyling
      2. Waardes máák saak - dr Vic Brink
      3. Generasieteorieë - Graeme Codrington

Kategete toerusting program 2001
Die kursus kan met groot vrug deur leraars gebruik word om hulle kategete toe te rus vir hulle belangrike taak in die gemeente. Dit is in twee sessies en handel oor verhoudings gerigte kategese.
Ons wil graag terugvoer verneem van gemeentes wat die kursus aangebied het. Deel dit met ander op die webbladsy asb.
[Dubbelkliek op kategetekursus 2001.exe om die kursus in MS Word af te laai]

Program vir skoolgebruik
Leraars word deesdae by skole betrek met onderrig, hetsy Bybelklasse of godsdiens periodes. Dr Henk Gouws is 'n man wat so 'n projek in sy plaaslike hoërskool bestuur. Hy het 'n program met 'n Power point aanbieding oor die tema HOOP geskryf. Graag stel hy dit tot beskikking van almal wat dit wil gebruik.
Hoop.html
Kliek op die power point lêer hoop.ppt vir die skyfies vir die program.

Daar is 'n vriendelike versoek dat indien jy ook by skole betrokke is, wil jy nie jou materiaal met ander deel nie? Stuur dit na cvr@freemail.absa.co.za

Ons jongklomp glo
In die boek van Prof Cas Vos en Julian Muller is die volgende verwerkte geloofsbelydenis geskryf wat dalk met groot seën gebruik kan word tydens 'n jeugdiens:

Ons wat jonk is glo saam met ons pa's en ma's
Dat God ons hemelse Vader is
Dat Hy alles gemaak het
Dat Hy die sterkste van almal is
Ons glo ook in Jesus Christus
Hy was van altyd af die Seun van God
Hy is ons Koning.

Die Heilige Gees het die wonder laat gebeur
Dat Jesus as kind soos ons
Gebore is
Sy aardse mamma was Maria
Dit was vir hom so swaar soos die hel om
Tussen al die sondaars te leef
Dit was vir hom swaar toe Pontius Pilatus
Hom laat doodmaak het in die plek
Van ons as sondaars
Hy is aan die Kruis dood op die Vrydag
Die Sondag na die Vrydag het Jesus
Opgestaan uit die dood
Hy het weer teruggegaan na sy Vader in die hemel

Op die oomblik regeer Jesus saam met die Vader
Oor ons almal
Eendag kom Jesus weer na die aarde om
Die wat glo en die wat nie geglo het nie
Van mekaar te skei.
Ons glo ook in die Heilige Gees van God
Hy roep mense oral op aarde om aan
Jesus se gemeente te behoort
Hy help ons om as gemeente vir mekaar
Om te gee
Hy verseker ons dat die Vader ons
Sonde vergewe het
Hy verseker ons dat ons eendag na ons dood
Weer gaan leef en op die
Nuwe aarde gaan woon.
AMEN

Jeugboodskap
Het jy al gewonder oor geluk? Hier is 'n boodskap met vrae oor geluk - jy kan dit met seën gebruik.

Artikel oor Rotational Ministry
Verlede keer is die artikel oor die geskiedenis van die bediening geplaas.
Hierdie keer is die tema van die artikel: How the Workshop Rotational Model can fail.

Nuwe Skakels
Ons probeer gereeld nuwe gereedskap vir jou daarstel. Hier is 'n paar nuwe skakels wat jy kan besoek. Weet jy van nog, stuur dit aan cvr@freemail.absa.co.za

Jeugprogramme
Die afgelope tyd het ons baie navrae gehad oor jeugprogramme. Die AJK wil graag help daarmee. As daar navraag gedoen word - stuur asb jou posadres saam, aangesien van die programmateriaal nog net op papier beskikbaar is en nog nie gerekenariseerd is nie. Ons het baie programme om mee te help. Kontak ds Charl by 082-880 2161.


Jongste opdatering: 6 Februarie 2001