Die Boekrak Argief

Al die boeke kan bestel word by 0800 231 231 en navrae kan gerig word aan mlu@luxverbi-bm.co.za



Dwelms

Geskryf deur: Pieter Mans

Die skokkende statistieke was die rede vir die uitstekende boek DWELMS deur Pieter Mans, wat pas by Lux Verbi.BM verskyn het. Die subtitel is: Word straatwys oor dwelms - 'n ABC vir ouers en kinders. Hierdie boek behoort in elke huis en skool te wees. Die inligting is omvattend en so geskryf dat dit maklik verstaanbaar is. Daar is kort, maar duidelike inligting oor elke aspek van die dwelmwreld, foto's van die dwelms, die klassifikasie en samestellings, beskrywings van die simptome van gebruik en afhanklikheid, kort onderhoudende gevallestudies, selfs pryse.

Veral jonger kinders is deesdae slagoffers. Meesal omdat hulle en hul ouers nie genoegsaam ingelig is nie. DWELMS bemagtig elke kind en ouer met kennis. Verslaafdes kla dikwels dat hulle nooit die ware feite geken het nie. Almal waarsku dat dwelms sleg en gevaarlik is. Die gevaarlikste feit word egter verswyg: In die meeste gevalle is die aanvanklike resultaat van dwelmgebruik, lekker. Totdat die afgryslike verslawing begin vernietig. Hierdie boek wys egter dat daar hoop is as daar kennis is.

Die boek is beskikbaar teen R34,95.

Jesus en ek

Geskryf deur: Leon Ferreira & Cassie Carstens

Hier is Bybelse dagstukkie van Lux Verbi.BM wat uitstekend is vir die moderne tiener wat bevestiging wil h van die verhouding wat God graag met ons wil h.

Dit is geskryf dat niemand anders oor jou skouer loer terwyl jy werk aan hierdie verhouding nie. Niemand skryf vir jou voor wat jy moet en nie moet nie en niemand verdoem nie. Die skrywers verstaan die dilemma van tieners binne die realiteit waarin hulle hulle nou bevind en skryf nie met ervaring van tieners van twintig jaar gelede nie. Dit gaan oor die veranderlike NOU en die onveranderlike aanbod van Jesus.

Hier is 31 aangrypende dagstukke wat vertel wie Jesus is. Koning, Verlosser, Beskermer, Advokaat, Leidsman, Wonderwerker, Bestuurder, Vriend, Leermeester, Vredemaker!

Die boek is slegs R26,95.

Seer

Geskryf deur: Johan Smith & Cassie Carstens

Tieners ervaar deesdae soveel pyn en trauma wat hulle nie maklik met ander mense wil of kan deel nie, maar daar is een Vriend en vader by wie hulle al hierdie seer kan gaan oopmaak. Die Bybelse dagboek - SEER - is spesiaal saamgestel vir tieners wat wil s: My ma en pa gaan skei, Ek is seksueel gemolesteer, Die in-groep wil my nie aanvaar nie, My meisie het my afges, Ek begin al dink aan selfmoord. Wat moet ek maak met hierdie seer? Waar is Jesus in my seer?

Deur hierdie boek sal die tiener weer ontdek: Jesus is by jou. Sy hande is rondom jou. Hy hou jou vas. Hy troos jou. L jou aan sy voete neer.

Die prys van die boek is slegs R26,95.

Terug na Die Boekrak
Terug na Hoofblad